150 episodes

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Wiele2Wiele Maroela Media

    • Leisure

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

    Wiele2Wiele vat langpad met Hyundai Staria

    Wiele2Wiele vat langpad met Hyundai Staria

    Vir hierdie episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Hyundai Staria-bussie van die Kaap tot in Bloemfontein en weer terug. Daar is algemene nuus, 'n onderwater-motorwaardewenk en raad oor motorfietsveiligheid.

    • 23 min
    Wiele2Wiele ry met CX-60 en T-Roc

    Wiele2Wiele ry met CX-60 en T-Roc

    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met Mazda se vlagskip CX-60 2.5 AWD Individual-sportnuts en ook met Volkswagen se VW T-Roc 2.0 TSI R-Line. Daar is weer ’n waardevolle wenk oor motorwaardes en hulle gesels oor turbo’s en ikoniese 400cc-motorfietse.

    • 25 min
    Wiele2Wiele ry met Volvo EX30 en Ford Ranger-bielie

    Wiele2Wiele ry met Volvo EX30 en Ford Ranger-bielie

    In hierdie week se episode het Wiele2Wiele met Volvo se blitsige EX30 Ultra Twin Motor Performance-sportnuts en die Ford Ranger SuperCab Wildtrak-bakkie gaan ry. Daar was tonne motorsport-aksie by 14de Simola-heuwelren wat die afgelope naweek in Knysna plaasgevind het.

    • 26 min
    Wiele2Wiele ry met mondige, opgeknapte Picanto

    Wiele2Wiele ry met mondige, opgeknapte Picanto

    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele - die Kia Picanto-buksie is mondig en opgeknap. Die span spandeer ook tyd met die GWM Tank 300 en raak opgewonde oor ’n warm luikrug - die Renault Megane RS 300 Trophy. Waarskuwings oor wat brandgevare by jou motor kan veroorsaak en ’n voorskou vir dié motorsport-geleentheid van die jaar - die heuwelren op Simona in Knysna.

    • 26 min
    Wiele2Wiele: Nuwe Kia Seltos, BMW X2 bekend gestel

    Wiele2Wiele: Nuwe Kia Seltos, BMW X2 bekend gestel

    Hierdie week was ’n besige week vir Wiele2Wiele - die nuwe Kia Seltos is bekendgestel, asook die splinternuwe BMW X2. Daar was ook ’n Stellantis-dag met ’n klomp interessanthede. Vir die motorwaarde-wenk word die vraag beantwoord - kan jy ’n voertuig aanlyn koop? Dit is dan motorsport-aksie vir die eerste rondte van die ‘SA Rally-Raid Championship’ (SA Veldren -kampioenskap) en die nuwe NWM Ford Ranger ‘Ultimate’-bakkie word bekendgestel.

    • 26 min
    Wiele2Wiele ry met sakpas Jaecoo J7

    Wiele2Wiele ry met sakpas Jaecoo J7

    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige Jaecoo J7, ʼn Chinese sportnutsvoertuig teen ʼn sakpasprys. Hulle gaan gly oor die pad met die Mercedes-Benz GLE 450d en is aangenaam verras met Isuzu se X-Rider bakkie. Hulle gesels ook oor vlekvryestaal-uitlaatsisteme en oor ikoniese motorfietse.

    • 24 min

Top Podcasts In Leisure

The MinnMax Show
MinnMax
Не занесли
Максим Иванов, Павел Пивоваров, Артемий Леонов
Air Traffic Out Of Control
Amy Tango Charlie Media
Завтракаст (Zavtracast)
Завтракаст (Zavtracast)
Yerevan Connection
Rima Abrahamian
gevdev
Gev Akopian

You Might Also Like