Hello, Vriendin! Hello Vriendin
-
- Society & Culture
Hello, Vriendin!
Ons lewe in 'n sosatie waarin die gepeupel kan kapitaliseer op kakpraat. Dus, verwelkom ons jou om na 'n potgooi te luister wat die gesprekke tussen twee vriendinne oor allerhande 'topics' opneem. (Nuwe episode elke Maandag)
#hellovriendin #afrikaans #potgooi
-
Episode 10 - Nostalgie: Matriekjaar
In die tiende episode van Hello, Vriendin! reflekteer die twee vriendinne op hul matriekjaar en gee vir nuwe matrikulante 'n paar "tips".
-
Episode 9 - Afrikaanse TV
In die negende episode van Hello, Vriendin! herroep die twee vriendinne hul gunsteling episodes van gesogte Afrikaanse sepies op die kassie sowel as vriendin Janie se "fifteen minutes of fame" op Die Kliek.
-
Episode 8 - Afrikaanse Musiek
In die agste episode van Hello, Vriendin! bespreek die twee vriendinne die goed, die sleg en die "catchy" van jou gunsteling Afrikaanse musikante.
-
Episode 7 - Feeste
In die sewende episode van Hello, Vriendin! praat Janie omtrent Lara se oor af aangaande haar feestelike avonture vanaf die wingerd gebied op Rocking the Daisies tot en met die stowwerige vlaktes van OppiKoppi.
-
Episode 6 - Klets: Sims, Bohemia en Henry VIII
In die sesde episode van Hello, Vriendin! klets die twee vriendinne oor 'n poespas van onderwerpe onder andere Sims, Bohemia en Henry VIII.
-
Episode 5 - Nostalgie: Europese Toer
In die vyfde episode van Hello, Vriendin! raak die twee vriendinne nostalgies oor hul eerste oorsese 'trippie' saam: 'n europese toer wat die besoek van die lande Engeland, Frankryk, Switzerland, Italië, Oostenryk en Duitsland insluit.