116 episodes

Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem.
See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.

Eensgesind Klanklêers Eensgesind Klanklêers

    • Society & Culture

Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem.
See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.

    Die mistieke wêreld

    Die mistieke wêreld

    Hoe klink die liedjie nou weer? “Dis nie my spook nie, dis nie jou spook nie, dis ʼn ander man se spook wat julle oor stry!”
    Spoke is inderwaarheid nie volksvreemd nie. Spookgelowe is ook nie ʼn Europese invoerproduk nie. Natuurlik het ander Suid-Afrikaanse gemeenskappe opvattings oor wesens wat in die nag rondsweef en reisigers in die donker kan laat struikel. Kyk net hoeveel poniekoerante publiseer stories oor slagoffers wat towerkuns of spokery vir hul teenspoed blameer. Suid-Afrika wemel van spookstories en spesifieke plekke waar spoke teengekom is.
    Spookgelowe maak selfs verskillende maatskappye elke jaar ryker. ʼn Spooktoer nou en dan is al wat nodig is om die lagspiere goeie oefening te gee, of om die senuwees te toets. Maatskappye in Edinburgh, Skotland, is aand na aand bespreek vir tot vyf toere per aand om mense na plekke te neem waar dit stikdonker is en waar skokkende gebeurtenisse eens plaasgevind het. Die toeriste is gaande daaroor! Op soek na die onbekende, die makabere en die onverklaarbare - dit maak mos die lewe interessant!
    Dit is hoekom die ouer generasies dalk “stoepstories” oor spoke vir die penkoppe en drawwertjies vertel het, veral toe die aande lank geword het. Daar is wel gevalle waar 'n mens, skepties of nie, nie presies weet of die gerug van goëlery en ander bonatuurlike gebeure waar is of nie. Hierdie opname is hopelik die voorloper van toekomstige gesprekke oor die interessante onderwerp. Dit is meer as net 'n stoepstorie; hierdie opname word hopelik beskou as die poort na kultuurhistoriese besinning oor die geeste wat "kastig" om ons beweeg...

    See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.

    • 54 min
    Jonker Afrikaner

    Jonker Afrikaner

    HELDE
    Onderkaptein, militêre aanvoerder, bendeleier, diplomaat, bloedvergieter - dis hoe Jan Jonker Afrikaner (1798-1861) beskryf word. In Windhoek en later Okahandja, was Afrikaner beslis die sterkste militêre en politieke magsfiguur in Namibië tussen die 1840's en1850's, net voordat die Duitse Ryk die streek gekoloniseer het.
    Daar is nogtans sprake dat Jonker Afrikaner verantwoordelik was vir grootskaalse moord op die Herero’s. Maar daar is ook gevalle waar hy barmhartigheid teenoor die Booi-gemeenskap betoon het. Hoe kan 'n mens Jonker Afrikaner probeer verstaan? Hoe besonders is sy historiese nalatenskap vir die land Namibië?

    See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.

    • 51 min
    Die besonderse lewe van Johanna Brandt

    Die besonderse lewe van Johanna Brandt

    'n Rede uit die Verlede-episode
    Historici wat fokus op gender-geskiedenis argumenteer dat die rol van vroue in historiese konteks te lank deur navorsers geïgnoreer was. 'n Mens kan daarmee saamstem wanneer die biografie van Johanna Brandt bestudeer word. Anna le Grange, 'n Meestersgraadstudent aan die Noordwes-Universiteit, het so pas haar navorsing oor Johanna Brandt voltooi. Haar werk stel hierdie besonderse vrou in 'n nuwe perspektief, maar laat Le Grange self verder oor Brandt vertel (in skrif en via die amptelike Eensgesind-opname):
    Wanneer die naam "Johanna Brandt" genoem word, flits terme soos "profeet", "spioen", "geneser" en "predikantsvrou" dikwels deur 'n mens se gedagtes. Dit is egter belangrik om die historiese figuur agter hierdie persepsies in gedagte te hou. Dit was die doel van my navorsing oor Johanna Brandt, of Johanna Brandt-Van Warmelo, soos sy na haarself verwys het.
    Van Kindsbeen tot Patriot
    Johanna is op 18 November 1876 in Heidelberg gebore. Sy was die vierde kind van Nicolaas Jacobus van Warmelo en Maria Magdalena Elizabeth van Warmelo (n. Maré). Nicolaas van Warmelo is oorspronklik van Nederland, maar het in 1862 begin met predikantswerk binne die Hervormde Kerk van Suid-Afrika. Die feit dat Johanna se vader van Nederland afkomstig was, het haar mening oor Nederland duidelik van ʼn jong ouderdom af gevorm.
    Sy is later ook self met ʼn Nederlander, Louis Brandt, getroud. Johanna se moeder stam uit ʼn lang bloedlyn Afrikanerpioniers wat uiteindelik die atmosfeer geskep het vir Johanna om ʼn sterk proto-nasionalistiese en nasionalistiese sentiment vir die Afrikanervolk en Afrikanertradisies te koester. Onder die invloed van sy vrou het Nicolaas van Warmelo ook sterk opvattings oor die Boere gevorm. Tydens die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) het Johanna se vader as ‘n groot patriot vir die Boere opgetree. Dit het uiteindelik ook ʼn invloed gehad op die kinders in die Van Warmelo-huis, aangesien hulle jongste dogter, Johanna, dieselfde sentimente in haar vroeë volwassenheid gekoester het.
    Hoewel Johanna vandag geken word vir haar twee groot profetiese publikasies, Millennium (1918) en The Paraclete, or Coming World Mother (1936), en haar mediese skrywes oor die genesing van kanker, Die Druiwekuur (1948), is daar verskeie fasette van hierdie historiese figuur wat in ag geneem moet word. Die studie oor Johanna het verskeie elemente van hierdie historiese figuur geopenbaar - die belangrikste is dat sy 'n groot liefde vir haar medevolksgenote gehad het. Sy het op haar eie manier 'n bydrae gelewer tot die vorming van 'n nasionale bewussyn onder die Afrikaner - 'n nasionale bewussyn wat uiteindelik met die 1948-verkiesing 'n piek sou bereik.
    Lewe na die Anglo-Boereoorlog (1899-1902)
    Johanna het na die ABO by verskeie maatskaplike opheffingsinisiatiewe betrokke geraak. Hoewel sy in 1902 na Nederland vertrek het om daar met Louis Brandt te gaan trou, het sy haar man voortdurend herinner aan die naoorlogse nood in Suid-Afrika. 'n Groot aantal Afrikaners het ná die oorlog verstedelik. In hierdie vroeë stadiums van industrialisasie, gepaard met die naoorlogse opbou, het grootskaalse armoede in die stede geheers. Van die blanke armoede was werklik ernstige Afrikanerarmoede. Hierdie besef het veral onder kerkleiers en leraars posgevat soos Louis en Johanna, as Hervormde predikant en predikantsvrou. Die armblankeprobleem het Afrikaneridentiteit en behoefte aan nasionalisme te verskerp. Binne hierdie erge armoede in die stede het Johanna haar nasionalisme laat uiting vind deur maatskaplik betrokke te raak by armoedeverligting deur middel van organisasies soos die SAVF en die Vroue Nasionale Party. Na 1916 neem haar maatskaplike betrokkenheid egter af, maar dit wat tussen 1899 en 1916 vir die Afrikaner bereik is in terme van armoedeverligting en algemene maatskaplike betrokkenheid, kan nie ontken word n

    • 1 hr 18 min
    Die Sirkusboer

    Die Sirkusboer

    DIE SIRKUSBOER
    Generaal Piet Cronjé word nie so hoog geag soos ander Anglo-Boereoorloggeneraals (1899-1902) nie. Sy oorgawe by Paardeberg op 27 Februarie 1900 kan waarskynlik die rede wees. Sekerlik is daar veel meer wat ʼn mens oor generaal Cronjé kan sê?
    In hierdie episode word die lewe van Piet Cronjé onder die vergrootglas geplaas. Sy aandeel aan die beleg van Potchefstroom se fort en hoe hy dr. Jameson uit Johannesburg gehou en die inval gestuit het, is deel van die narratief. Natuurlik is sy loopbaan in die Verenigde State van Amerika as ʼn toneelspeler in ʼn rondgaande sirkus ook baie interessant.

    See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.

    • 38 min
    Die beginpunt van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902)?

    Die beginpunt van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902)?

    Padlangs Noordwes
    Wat het gebeur?
    Op 11 Oktober 1899, presies om vyfuur die middag, het die ultimatum van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) aan die Britse Ryk verstryk. Die Britse Ryk het die stipulasies van die ultimatum geignoreer en daardeur geimpliseer dat hulle bereid was om oorlog teen die ZAR te voer. Agt dae voor die verstryking van die ultimatum is burgers van die ZAR en die Oranje-Vrystaat reeds vir kommandodiens opgeroep. Die dorpie Lichtenburg moes natuurlik ook 'n kommando byeenroep onder generaal Koos de la Rey. Hulle eerste taak was om weswaarts te ry om die treinspoor tussen Kimberley en Mafeking (Mahikeng vandag) te beskadig, sodat laasgenoemde dorp geen versterkings kon kry nie.
    Op 12 Oktober 1899 het 'n trein, bekend as die Mosquito, by Kraaipan ontspoor as gevolg van die feit dat die Boerekommando onder generaal De la Rey die spore afgehaal het. Toe die trein die grond met 'n harde slag tref, het die eerste skote van die oorlog geklap. Ene veldkortnet JC Coetzee van Lichtenburg was die eerste kryger wat sy geweer afgevuur het. Coetzee sou nie die oorlog oorleef nie. Hy lê begrawe by die Magersfontein Burgermonument net duskant Kimberley waar hy gedurende die Slag van Magersfontein op 11 Desember 1899 gesneuwel het.
    Geen Boerekryger of Britse soldaat het by die Slag van Kraaipan gesterf nie, maar twee swart werknemers wat op die trein gewerk het, het wel gesterf en die eerste twee ongevalle van die oorlog geword. Na hulle oorwinning by die treinspoor het generaal De la Rey en sy kommando net 'n entjie verder aangery en by die nabygeleë pan gaan rus (sien kaart hieronder). Beide hierdie twee historiese terreine kan vandag besigtig word en sodoende kan 'n mens die beginpunt van die Anglo-Boereoorlog besoek (en die gebeurtenisse van daardie aand van 12 Oktober 1899 "beleef").
    Padlangs gevind
    Omtrent 73 kilometer suidwes van Mahikeng is die presiese plek waar die Slag van Kraaipan plaasgevind het. Kraaipan het vir Suid-Afrikaners dieselfde betekenis as wat die veldslae van Lexington, Concord en Bunker Hill vir die Amerikaners beteken, nl. waar 'n oorlog met Groot-Brittanje amptelik begin het.
    Dis net jammer dat die presiese plek waar die Mosquito deur die Lichtenburgse kommando ontspoor is, steeds so verlate in die ope veld staan. Gelukkig is daar 'n driepaneelmonumentjie op die heuweltjie net reg langsaan, maar selfs die monumentjie is te nederig vir belangstellendes om na Kraaipan te stroom. As jy wel die afrit van die N18 af na Kraaipan neem en die 18 kilometer na die gehuggie van Kraaipan toe ry, sal die plaaslike museumuitstalling oor die veldslag jou ongeveer 40 minute neem om te besigtig. 'n Kort entjie verder van die museum is die amptelike monument van die slag en ook die enigste oorlogsgrafte by Kraaipan. Hierdie oorlogsgrafte is nie van die geveg van 12 Oktober 1899 nie, maar van ander gevegte in die gebied tussen Boer en Brit tydens die ABO. 
    Tesame met die presiese plek van ontsporing, die De la Rey-kamp en 'n basiese uitstalling in die plaaslike museumpie, is daar iets in Kraaipan wat die belangstelling padlangs kan prikkel. Kraaipan was maar net die begin van 'n oorlog wat drie jaar lank sou woed, maar wat beide Boer en Brit duur te staan gekom het.

    See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.

    • 15 min
    Generaal Piet Joubert

    Generaal Piet Joubert

    HELDE
    Net anderkant Wakkerstroom is generaal Piet Joubert (1831-1900) se mausoleum. Dit is geleë op die plaas Rustfontein wat eens aan Joubert behoort het. In die tweede helfte van die 19de eeu was generaal Joubert ‘n bekende politieke figuur en ook ‘n beroemde veldheer. Maar soos Romulus en Remus wat in stryd met mekaar was, was Joubert en staatspresident Kruger ook teenstanders - daar moes beslis word watter een van hulle Transvaal sou regeer.
    Dit was juis na die Slag van Majuba dat Joubert opgang as ‘n gesagsfiguur gemaak het en sy plek in die Suid-Afrikaanse geskiedenis bevestig het. Hy is ook vereer deurdat die dorp Pietersburg na hom vernoem is en selfs die klomp Randlords het Joubert hoog geag.
    Wie was hierdie Transvaalse veldheer van weleer?

    See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.

    • 30 min

Top Podcasts In Society & Culture

Listeners Also Subscribed To