150 episodios

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Wiele2Wiele Maroela Media

    • Ocio

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

    Wiele2Wiele gesels oor nuwe Mini, Ranger Tremor

    Wiele2Wiele gesels oor nuwe Mini, Ranger Tremor

    Hierdie week raak die Wiele2Wiele-span nostalgies met die bekendstelling van Mini se nuwe Countryman-reeks en hulle spandeer tyd met die Ford Ranger Tremor, wat op die 4x4-entoesias gemik is. Daar is weer ’n motorwaardewenk en Clinton Pienaar kuier in die ateljee vir al die 2Wiele-nuus.

    • 25 min
    Wiele2Wiele: Nuwe Hilux kry sy ‘grrr’

    Wiele2Wiele: Nuwe Hilux kry sy ‘grrr’

    Wiele2Wiele ervaar Toyota se nuwe Hilux GR-S – die bakkie het houding en staan behoorlik uit. Hulle het ook met 'n 'ruimtetuig' gaan ry wat klink asof jy op pad maan toe is - BMW se i5 M60 xDrive. Daar is ’n motorwaardewenk, hulle gesels met Joubert Roux van Zero Carbon Charge wat ’n oplossing het vir elektriese-laaistasies in Suid-Afrika, en daar is motorfietsraad.

    • 26 min
    Wiele2Wiele ry met inprop-hibried Discovery Sport

    Wiele2Wiele ry met inprop-hibried Discovery Sport

    Wiele2Wiele het JAC se 60ste verjaarsdagviering bygewoon en die nuwe vlagskip JAC T9-dubbelkajuitbakkie ervaar. Hulle het ook met die Land Rover Discovery Sport P300e PHEV gaan ry. Daar is ’n motorwaardewenk, alles oor wat dit verg om ’n ’stempel van goedkeuring’ te kry vir ’n SVI-gepantserde voertuig en die span gesels oor afleweringsmotorfietse.

    • 25 min
    Wiele2Wiele vat langpad met Hyundai Staria

    Wiele2Wiele vat langpad met Hyundai Staria

    Vir hierdie episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Hyundai Staria-bussie van die Kaap tot in Bloemfontein en weer terug. Daar is algemene nuus, 'n onderwater-motorwaardewenk en raad oor motorfietsveiligheid.

    • 23 min
    Wiele2Wiele ry met CX-60 en T-Roc

    Wiele2Wiele ry met CX-60 en T-Roc

    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met Mazda se vlagskip CX-60 2.5 AWD Individual-sportnuts en ook met Volkswagen se VW T-Roc 2.0 TSI R-Line. Daar is weer ’n waardevolle wenk oor motorwaardes en hulle gesels oor turbo’s en ikoniese 400cc-motorfietse.

    • 25 min
    Wiele2Wiele ry met Volvo EX30 en Ford Ranger-bielie

    Wiele2Wiele ry met Volvo EX30 en Ford Ranger-bielie

    In hierdie week se episode het Wiele2Wiele met Volvo se blitsige EX30 Ultra Twin Motor Performance-sportnuts en die Ford Ranger SuperCab Wildtrak-bakkie gaan ry. Daar was tonne motorsport-aksie by 14de Simola-heuwelren wat die afgelope naweek in Knysna plaasgevind het.

    • 26 min

Top podcasts en Ocio

Milanosfera
Milanosfera
Life Handmade by Scrapbook.com
Scrapbook.com
CarStuff
iHeartPodcasts
Hablemos de vino con Pamela Casanova
Pamela
ESPORTMANIACOS
Esportmaniacos
Ö1 help
ORF Ö1

También te podría interesar