1,228 episodes

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

God se Woord VARS vir jou Vandag Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

    • Religion & Spirituality

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

    Reddende Geloof

    Reddende Geloof

    Efesiërs 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie Geloof is 'n wonderlike gawe om te hê, veral as ons geloof in iets of iemand is wat nooit sal misluk nie. Maar hoe goed hou jou geloof stand tydens die soet en suur van die lewe? Is dit rotsvas, of is jou paadjie so nou en dan ‘n bietjie glibberig?Wann...

    • 2 min
    ‘n Ander Perspektief

    ‘n Ander Perspektief

    1 Petrus 1:24,25 Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is. Dit word al hoe moeiliker vir enigiemand wat in Jesus glo, om aan te hou glo wat in die Bybel staan. Stem jy saam? Miskien dink jy soos so baie mense om jou dat dit so verouderd is dat dit glad nie meer van toepassing op jou is nie. Wel, ek kan nie daarmee saa...

    • 3 min
    Die Duurste Prys

    Die Duurste Prys

    Romeine 12:1 Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. (NLV) Die sentrale boodskap van die Evangelie – die 'Goeie Nuus'– is dat Jesus, die Seun van God, 'n mens geword het en vir ons sondes gesterf het, sodat die prys wat God se geregtigheid eis, betaal ...

    • 2 min
    ‘n Nuwe Manier om te Dink

    ‘n Nuwe Manier om te Dink

    Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Kan ek jou vra: wat oorheers jou gedagtes? Waaraan dink jy onwillekeurig weer en weer? Jy sal met ‘n skok besef wat die antwoord van so ‘n onthullende oefening is, wanneer jy jouself afvra: wáároor jy dink.Vir sommige mense is dit geld en finansiële sekuriteit. V...

    • 2 min
    Beheer Jou Gedagtes

    Beheer Jou Gedagtes

    Spreuke 9:10 Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig. Vrees is 'n emosie wat niemand geniet nie. Beslis nie! Trouens, as dit van ons afhang, sou ons dit vir die res van ons lewe heeltemal vermy. Maar soms lei ons gedagtes en emosies ons direk in vrees se kloue in.Daar is soveel idees, opinies en gelowe wat deesdae die ronde doen – baie van hulle is foutief, baie van hulle gevaarlik, baie van hulle is selfs vernietigend.Dink aan die bevooroordeelde,...

    • 3 min
    Wanneer moet jy Optree?

    Wanneer moet jy Optree?

    Josua 1:10,11 Josua het die leiers van die volk beveel: “Gaan deur die kamp en sê vir die mense om padkos reg te kry. Oor drie dae gaan julle deur die Jordaan trek om die land wat die Here julle God vir julle gee, in ontvangs te neem.” (NLV) Wanneer moeilike emosies soos vrees en ontsteltenis ons beetpak, is ons geneig om te versteen. Soos 'n bok wat verblind is deur ‘n skietlamp, vries ons en hou ons op om reg op te tree - om die situasie korrek te hanteer.Gister het ons by Josua ...

    • 2 min

Top Podcasts In Religion & Spirituality

Joel Osteen Podcast
Joel Osteen, SiriusXM
ONE | A Potter's House Church
ONE | A Potter's House Church
Jerry Flowers Podcast
Jerry Flowers Ministries
Faith Lived Out ~God’s Wisdom and Encouragement for Christian Wives
Nanci Adamson ~ Christian Mentor I Bible Teacher I Speaker l Women’s Ministry Leader
Standing on the Promises
Valeri Nixon
Koinonia Experience With Apostle Joshua Selman (ENI)
Abraham Abiodun Ayinde