12 Folgen

Goosenomics is weeklikse podsending wat aktuele sake uit die invalshoek van 'n vrygebore Suid-Afrikaner benader. Hier praat ons vryheid, economie, politiek, filosofie en vele meer. Kom praat saam.

Volg die pret:

Webtuiste: http://www.podmedia.org.za/goosenomics
Twitter: https://twitter.com/goosenomics
Spotify: https://tinyurl.com/y6j4vebg
Castbox: https://tinyurl.com/y2lku4g8

Goosenomics Podmedia

    • Wirtschaft

Goosenomics is weeklikse podsending wat aktuele sake uit die invalshoek van 'n vrygebore Suid-Afrikaner benader. Hier praat ons vryheid, economie, politiek, filosofie en vele meer. Kom praat saam.

Volg die pret:

Webtuiste: http://www.podmedia.org.za/goosenomics
Twitter: https://twitter.com/goosenomics
Spotify: https://tinyurl.com/y6j4vebg
Castbox: https://tinyurl.com/y2lku4g8

    Jong Afrikaner | Onderhoud reeks | Steve Hofmeyr

    Jong Afrikaner | Onderhoud reeks | Steve Hofmeyr

    In die eerste episode van die Jong Afrikaner onderhoud reeks praat ons met die koning van Afrikaans Steve Hofmeyr. Steve praat oor die media wat Afrikaners probeer uitmaak as rassiste, en hoe jong mense nie geflous moet word deur hulle narratief nie.

    Verder gesels ons oor die probleme wat oor die afgelope 26 jaar in die kultuur ingekruip het, sowel as die oplossings wat jong mense kan toepas in hul daaglikse lewens. Steve se sy hoop lê in die jeug, en dat hy trots is om die vaandel van die kultuur oor te handig aan ons.

    Volg my op:

    Twitter:
    ⭕Goosenomics: https://twitter.com/goosenomics
    ⭕Ruan Goosen: https://twitter.com/ruangoos

    Telegram:
    ⭕t.me/goosenomics

    • 36 Min.
    Jong Afrikaner| Identiteit: Die Wit-pil | Goosenomics Ep. 12

    Jong Afrikaner| Identiteit: Die Wit-pil | Goosenomics Ep. 12

    In die vorige episode het Ruan gepraat oor die “Swart-pil”probleme waarmee die jeug vandag sukkel. Maar in die 12de episode van die Goosenomics Podcast bespreek Ruan hoe die Afrikaner-jeug die toekoms moet benader van ‘n “Wit-pil” perspektief af.

    Die Wit-pil kan opgesom word as ‘n manier om hoop in ‘n somber situasie te kry. As mens die Wit-pil sluk dan besluit jy om te veg vir ‘n beter toekoms al is die kanse van sukses skraal.

    Ruan gebruik die Wit-pil analogie om vir jong Afrikaners te verduidelik hoe om aksie te neem in ‘n tyd van swaarkry.

    Laastens kan jong Afrikaners die Wit-pil filosofie gebruik om hedendaagse Afrikaner helde te word, deur die gewig van die wereld op hul skouers te plaas en verantwoordelikheid te neem vir hul probleme, en dus die toekoms in hul eie hande te neem.

    • 21 Min.
    Jong Afrikaner| Identiteit: Die Swart-pil | Goosenomics Ep. 11

    Jong Afrikaner| Identiteit: Die Swart-pil | Goosenomics Ep. 11

    In die 11de episode van die Goosenomics Podcast bespreek Ruan een van die belangrikste onderwerpe onder die jeug vandag, Identiteit.

    Oor die afgelope paar dekades het daar 'n leemte ontstaan in die Afrikaner identiteit. Indien die leemte in aangespreek word nie, lê daar 'n somber toekoms voor vir jong Afrikaners. 'n Swart-pil toekoms.

    Daar is interne en eksterne faktore wat bygedra het tot hierdie leemte. Dié faktore sluit in, die Sosialistiese beleide van die ANC, die hedendaagse oppervlakkige "Brandewyn en Braaivleis" - kultuur en die indringende aard van die Liberale Amerikaanse kultuur.

    Ter afsluiting beklemtoon Ruan hoe belangrik dit is vir jong Afrikaners om dié bogenoemde faktore ter harte te neem, sodat ons generasie met oplossings tevore kan kom.

    • 22 Min.
    Jong Afrikaner: Inleiding | Goosenomics Ep.10

    Jong Afrikaner: Inleiding | Goosenomics Ep.10

    In die 10de episode van Goosenomics stel Ruan ʼn nuwe reeks bekend met die naam “Jong Afrikaner nou wat nou”. Die reeks handel oor die probleme wat jong Afrikaners in die gesig staar in die nuwe Suid-Afrika en probeer om met volhoubare oplossings vorendag te kom. Die reeks fokus spesifiek op die identiteit krisis wat die Afrikaner-kultuur huidiglik ervaar, deur om dieper te delf in die eksterne en interne faktore wat daarnatoe gelei het.

    • 6 Min.
    Sosialisme vs Kapitalisme (deel 3) | Goosenomics Ep. 9

    Sosialisme vs Kapitalisme (deel 3) | Goosenomics Ep. 9

    In die vierde episode van die Goosenomics ekonomie reeks begin Ruan deur sy persoonlike filosofie te verduidelik en hoekom hy nie inkoop in die huidige hoofstroom narratief nie. Verder word die filosofiese verskille tussen Sosialisme en Kapitalisme bespreek. Sosialisme is gebaseer op “Utalitarianism” wat behels dat mens eers ʼn paar eiers moet breek om ʼn lekker koek te bak, waar Kapitalisme gegrond is in idees van individuele vryheid en die afwesigheid van Staats dwang. Maar hoe pas die teorie in die werklikheid ? Luister maar tot aan die einde om uit te vind...

    Volg Goosenomics op Twitter: https://twitter.com/goosenomics

    • 24 Min.
    Sosialisme vs Kapitalisme (deel 2) | Goosenomics Ep. 8

    Sosialisme vs Kapitalisme (deel 2) | Goosenomics Ep. 8

    In die derde episode van die Goosenomics ekonomie reeks bespreek Ruan verder die verskille tussen Sosialisme en Kapitalisme. Die voorbeeld van die potlood word gebruik om om die ekonomiese verskil tussen die twee sisteme te beklemtoon. Mark seine is die hoeksteen van die vrye mark, in Kapitalisme bepaal vraag en aanbod die mark seine. In ʼn sosialistiese sisteem word hierdie mark seine onderbreek, dit beteken die sentrale sosialistiese regering moet bereken wat die vraag en aanbod van die gemeenskap is.

    Volg my op twitter: https://twitter.com/RuanGoosen4 of https://twitter.com/goosenomics

    • 19 Min.

Top‑Podcasts in Wirtschaft

Handelsblatt Morning Briefing - News aus Wirtschaft, Politik und Finanzen
Teresa Stiens, Christian Rickens und die Handelsblatt Redaktion, Handelsblatt
Alles auf Aktien – Die täglichen Finanzen-News
WELT
Kampf der Unternehmen
Wondery
OHNE AKTIEN WIRD SCHWER - Tägliche Börsen-News
Noah Leidinger, OMR
Plusminus. Mehr als nur Wirtschaft.
SWR
OMR Podcast
Philipp Westermeyer - OMR