
6 Folgen

Storiepot BKFK Studio
-
- Kinder und Familie
-
-
5,0 • 1 Bewertung
-
Welkom by Storiepot, Suid-Afrika se heel eerste Afrikaanse potgooi-reeks wat spesiaal vír kinders, deur kinders gemaak is! In ons eerste reeks stories gaan jy kennis maak met Balkie, ñ kostelike karaktertjie, wat nog diep in jou hart gaan kruip.
Balkie het oorspronklik in Rooi Rose verskyn en is geteken deur Elizabeth Pulles. Sy opwindende avonture vloei uit die kreatiewe pen van bekroonde skrywer Martie Preller.
Kom skuif ñ bietjie nader, sit gemaklik en luister saam na die doen-en-late van Karien, Bert, Isak, die Ma en Pa, en natuurlik Balkie!
-
Storiepot - Balkie Episode 06
In hierdie episode moet die ma besluit of Balkie maar by hulle kan bly of nie. Vind ook uit wat hom pla en hoekom hy so sukkel om aan die slaap te raak!
-
Storiepot - Balkie Episode 05
In vandag se episode, ontdek die ma vir die heel eerste keer vir Balkie. Vind uit watse plan hy uitdink om haar hart te probeer wen en hoe die kinders moet inspring en help!
-
Storiepot - Balkie Episode 04
In hierdie episode verwar Balkie ń hond met ń monster en voel hy baie benoud oor hoe die ma gaan reageer op sy besoek! Vind uit wat hy aanvang as die kinders hom alleen in ń kamer los!
-
Storiepot - Balkie Episode 03
In hierdie episode besluit Balkie om saammet die kinders na hul mensehuis te gaan, maar die onbekende maak hom bang en onseker. Vind uit wat hom daar inwag!
-
Storiepot - Balkie Episode 02
In die tweede episode, vervies Balkie hom vreeslik vir die kinders! Vind uit hoekom hy so smoorkwaad raak en wat hy dán aanvang!
-
Storiepot - Balkie Episode 01
In die heel eerste episode, ontdek Karien, Bert en Isak ń wollerige langbek-diertjie, wat nog hul hele lewe gaan verander. Kom luister saam na hierdie ontmoeting en vind uit hoe Balkie oor mensekinders voel!