19 episodes

'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand.
Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan - soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as "me-time"!
Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek.
Alledaagse én bekende ma's kom kuier ook in die ateljee om hulle stories te deel.
'n Ma & 'n Mikrofoon sal jou inspireer, bemagtig en herinner dat jy (ten spyte daarvan dat jy soms twyfel) altyd die beste ma is vir jou kind.

'n Ma & 'n Mikrofoon is a podcast that reflects the world of the modern Afrikaans mom.
Host Daniëlla van Heerden (herself a mom of two) engages in candid conversations with experts and special guests.
The focus extends beyond the health of babies and children to encompass the emotional well-being of mothers.
Here, you'll share laughter for those moments only another mom can understand – like how five minutes alone in the car can sometimes count as "me-time"!
However, more serious topics such as postpartum depression, tantrums, and bullying are also openly discussed.
Everyday and well-known moms alike drop by the studio to share their stories.
'n Ma & 'n Mikrofoon will inspire, empower, and remind you that, despite moments of doubt, you are always the best mom for your child.

'n Ma & 'n Mikrofoon Africa Podcast Network

    • Education

    Die 3 Dinge Wat Goeie Pa's Dikwels vir hul Kinders Sê/ The 3 Things Good Fathers Often Say to Their Children

    Die 3 Dinge Wat Goeie Pa's Dikwels vir hul Kinders Sê/ The 3 Things Good Fathers Often Say to Their Children

    Die rol van 'n pa in 'n kind se vorming en menswees is enorm. Daar word (met reg) van vandag se pa's verwag om nie meer bloot die versorger te wees nie, maar werklik 'n rol te speel in alle aspekte van die gesinslewe. Maar daarmee saam kom uitdagings - spanning, vrese en onsekerheid of pa's dié skoene kan volstaan. Soveel te meer as 'n man dalk nie self 'n pa gehad het wat 'n voorbeeld gestel het nie.
    In hierdie episode praat Daniëlla met Johan Botha, 'n pa en lewensafrigter, oor talle kwessies wat pa's en gesinne raak, soos:
    Raad vir mans wat binnekort vir die eerste keer pa word, en oorweldig voel
    Mans wat onlangs pa geword het, en onseker is oor hoe hy die man kan wees wat hy graag wil wees vir sy gesin
    Pa's van ouer kinders wat steeds 'n sterk band wil behou, te midde van die uitdagings van die tienerjare
    En dan beantwoord Johan ook nou vir ons die vraag: Wat is die 3 dinge wat goeie pa's gereeld vir hulle kinders sê?
    {Hierdie is die derde en finale episode in 'n reeks wat fokus op pa's, met die viering van Vadersdag in Juniemaand.}

    The role of a father in shaping a child’s life and character is immense. Today’s fathers are rightfully expected not just to be providers, but to actively participate in all aspects of family life. However, this comes with its own challenges - stress, fears, and uncertainties about whether fathers can live up to these expectations. This is especially true if a man did not have a father who set an example for him.
    In this episode, Daniëlla talks with Johan Botha, a father and life coach, about various issues affecting fathers and families, such as:
    Advice for men who are about to become fathers for the first time and feel overwhelmed
    Men who have recently become fathers and are unsure of how to be the man they want to be for their family
    Fathers of older children who still want to maintain a strong bond amid the challenges of the teenage years
    And then Johan also answers the question for us: What are the 3 things that good fathers regularly say to their children?
    {This is the third and final episode in a series focusing on fathers, in celebration of Father’s Day in June.}

    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    • 28 min
    (On)Betrokke Pa: Die Man wat die Siklus Breek/(Un)Involved Dad: The Man Who Breaks the Cycle

    (On)Betrokke Pa: Die Man wat die Siklus Breek/(Un)Involved Dad: The Man Who Breaks the Cycle

    Jaco van Schalkwyk het sonder 'n betrokke pa grootgeword, en dit het baie seer in sy lewe veroorsaak.
    Jare later het hy voor 'n kruispad gestaan: Word hy sélf 'n onbetrokke pa, of kies hy 'n ander - maar moeiliker - pad?
    Jaco het gekies om te verander, om die werk te doen en te leer om 'n goeie pa te wees.
    Dit was egter nie die einde van sy vaderskapsreis nie, want Jaco het besef daars 'n hele geslag jong seuns in Suid-Afrika wat vaderloos is, of wie se pa nie 'n goeie rolmodel is nie.
    En toe begin Jaco "The Character Company", waar hy en ander mans as't ware "pa staan" vir jong seuns wat nie pa's het nie. Want Jaco wéét immers hoe voel die leemte waar 'n pa moet wees, en hy verstaan hoe moeilik dit is vir enkelma's is wat alleen daardie las moet dra.
    Nou vervul die mans van "The Character Company" die rol van positiewe manlike rolmodelle: Hulle leer vir die seuns goeie waardes, hulle gaan kamp saam met hulle en maak werklik 'n verskil in hulle lewens.
    Jaco praat met Daniëlla oor wat dit is om 'n goeie man en pa te wees, hoe mans "generational trauma" en ouerwonde kan genees en 'n nuwe storie van ouerskap skryf. Hy praat ook tot die hart van mans, so hierdie episode moet gehoor word deur elke man, pa, eggenoot en enkelma.
    {Hierdie is die tweede episode in 'n reeks wat fokus op pa's, met die viering van Vadersdag in Juniemaand}

    Jaco van Schalkwyk grew up without an involved father, which caused significant pain in his life.
    Years later, Jaco faced a crossroads: would he become an uninvolved father himself, or would he choose a different, albeit more difficult, path?
    Jaco chose to change, to do the work, and to learn how to be an involved father. But it didn't stop there—Jaco realized that there is a whole generation of young boys in South Africa who are fatherless or whose fathers are not good role models. Jaco then started "The Character Company," where he and other men essentially "stand in" as fathers for young boys who lack them. Jaco knows how it feels to have the void where a father should be, and he understands how difficult it is for single mothers who have to bear that burden alone. Now, the men of "The Character Company" fulfill the role of positive male role models. They teach the boys good values, go camping with them, and truly make a difference in their lives. They are committed to doing this long term. Jaco talks with Daniëlla about what it means to be a man and a father, how men can heal "generational trauma" and father wounds, and write a new story of parenthood. He speaks to the heart of men, so this episode should be heard by every man, father, husband, and single mother.
    {This is the second episode in a series focusing on fathers, in celebration of Father's Day in June.}
    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    • 36 min
    Niël Scholtz: Om Weer Te Lééf Ná Jou Vrou Sterf/ Niël Scholtz: Rebuilding a Life After Losing Your Wife

    Niël Scholtz: Om Weer Te Lééf Ná Jou Vrou Sterf/ Niël Scholtz: Rebuilding a Life After Losing Your Wife

    In minder as 'n jaar het Niël Scholtz se lewe verander.
    Borskanker is by sy vrou, Anica, gediagnoseer terwyl sy hoogswanger was met hulle tweede kind. Sy was maar 29 jaar oud.
    Die egpaar het moeilike besluite in die gesig gestaar: 'n noodkeiser, chemoterapie en 'n mastektomie.
    Ten spyte van hul pogings, het die kanker na haar brein versprei, en Anica is'n paar maande later oorlede.
    In hierdie episode van 'n Ma & 'n Mikrofoon deel Niël sy storie.
    Hy vertel vir Daniëlla hoe hy moes opstaan na dié ondenkbare seer en aanpas by 'n nuwe normaal. Ons praat ook oor hoe hy en die seuntjies vir Anica onthou en gedenk, hoe hy emosioneel vir homself sorg; en oor genade, hoop en 'n nuwe hoofstuk.
    {Hierdie is die eerste episode in 'n reeks wat fokus op pa's, met die viering van Vadersdag in Juniemaand}
    * As jy wil kontak maak met Niël, stuur vir Daniëlla 'n boodskap op M&M se Instagram- of Facebook-blad, of stuur 'n e-pos na mamikrofoon@gmail.com

    In less than a year, Niël Scholtz's life was turned upside down.
    His wife, Anica, was diagnosed with breast cancer while heavily pregnant with their second child, at just 29 years old. They faced difficult decisions: an emergency cesarean, chemotherapy, and a mastectomy. Despite their efforts, the cancer spread to her brain, and Anica passed away a few months later.
    In this episode of 'n Ma & 'n Mikrofoon, Niël shares his story.
    He tells Daniëlla about rising above unimaginable pain and adapting to a new normal.
    We discuss how he and his sons remember and honor Anica, his emotional self-care, and the themes of grace, hope, and new beginnings.
    {This is the first episode in a series focusing on fathers, in celebration of Father's Day in June.}
    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    • 43 min
    TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Greteli de Swardt/WO Moms & a Microphone: Greteli de Swardt

    TWEE Ma's & 'n Mikrofoon: Greteli de Swardt/WO Moms & a Microphone: Greteli de Swardt

    Die aktrise Greteli De Swardt het op 20 getrou en op 21 ma geword.
    Die huwelik was beplan - maar die baba was 'n verrassing!
    Terwyl die meeste van haar vriende dus deurnag-swotsessies of -partyjies gehou het, was Greteli soms twee uur soggens nag wakker om doeke te ruil en te borsvoed.
    In hierdie episode gesels Daniëlla ('n "ouer ma"...) met Greteli ('n jonger ma) oor die ervaring en uitdagings om in jou vroeë twintigs mamma te word; hoe dit haar vriendskappe beïnvloed het; en hoe die koms van klein Alé haar en haar man se huwelik verander en verryk het.
    Actress Greteli De Swardt got married at 20 and became a mom at 21. The marriage was planned — the baby was a surprise!
    While most of her friends were having all-night study sessions or parties, Greteli was sometimes up at 2 a.m. changing diapers and breastfeeding.
    In this episode, Daniëlla (an "older mom"...) talks with Greteli (a younger mom) about the experience and challenges of becoming a mom in your early twenties; how it affected her friendships; and how the arrival of little Alé changed and enriched her and her husband's marriage.
    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    • 33 min
    Groot Emosies, Klein Lyfies: Raad vir Tantrums & Woede-uitbarstings/Big Emotions, Little People: Advice for Tantrums, Meltdowns & Outbursts

    Groot Emosies, Klein Lyfies: Raad vir Tantrums & Woede-uitbarstings/Big Emotions, Little People: Advice for Tantrums, Meltdowns & Outbursts

    Om kalm te bly terwyl jou kind se emosies buite beheer is, is een van ouerskap se groot uitdagings. En wanneer so tantrum dan nog plaasvind in 'n besige winkelsentrum, met verbygangers wat hulle tonge klik en jou sommer hardop veroordeel, voel jy dalk sommer ook lus om op die grond te gaan sit en huil!
    In hierdie episode help voorligtingsielkundige Fiona Doman van The Parenting Partner ons om sin te maak van groot emosies.
    Sy verduidelik vir Daniëlla hoe kinders se brein aanmekaargesit is en waarom hulle nie emosies nie kan reguleer soos 'n volwasse nie, en hoe ons hulle kan help om die nodige vaardighede aan te leer.
    Ons praat ook oor ouer kinders en hulle emosionele uitdagings.
    Aan die einde van dié episode sal jy verstaan dat tantrums (hoewel allermins aangenaam) eintlik 'n baie goeie teken is in jou kind se ontwikkeling!

    Staying calm while your child's emotions are out of control is one of parenting's greatest challenges. And when a tantrum happens in a busy shopping mall, with passersby clicking their tongues and openly judging you, you might feel like sitting on the ground and crying too!
    In this episode, counseling psychologist Fiona Doman from The Parenting Partner helps us make sense of big emotions. She explains to Daniëlla how children's brains are wired and why they can't regulate emotions like adults, and how we can help them learn the necessary skills. We also discuss older children and their emotional challenges.
    By the end of this episode, you'll understand that tantrums (although far from pleasant) are actually a very good sign in your child's development!

    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    • 39 min
    "Mom Guilt" Is 'n Lokval. Só Klim Jy Uit/ "Mom Guilt" Is a Trap. This is How You Get Out

    "Mom Guilt" Is 'n Lokval. Só Klim Jy Uit/ "Mom Guilt" Is a Trap. This is How You Get Out

    “Mom Guilt” is orals.
    Dis die stemmetjie in jou kop wat sê: "Ek werk te veel en skeep my kinders af." Of dalk: "Ek gee nie genóég aandag by die werk nie.”
    Dis: “Ek voel sleg omdat ek wens vir tyd sonder my kinders" en "Ek moet begin oefen" of “Ek moenie elke dag oefen nie, ek moet eerder by my kinders wees.”
    Hierdie is ‘n episode wat die luisteraars van ’n Ma & ’n Mikrofoon self aangevra het, en dis duidelik ‘n kwelpunt.
    “Mom Guilt” raak immers ons almal – en dit is selde konstruktief.
    Om dit te takel, praat Daniëlla met die kliniese sielkundige (en ma van 3) Gerda Kriel.
    Gerda kén “mom guilt” self alte goed, maar sy het danksy haar beroep ook al paar maniere ontwikkel om te te herken en dit te hanteer.
    Dié episode sal jou die vaardighede aanleer om die stemmetjie binne jou wat sê Jy’s nié genoeg nie, stil te maak – en te vervang met ‘n sterk, outentieke stem wat sê: “Ek is!”

    • 30 min

Top Podcasts In Education

Jari Sarasvuo podcast
Trainers' House
Culips Everyday English Podcast
Culips English Podcast
Finking Cap Podcast
Emmi Seppälä
Swedish podcast for beginners (Lätt svenska med Oskar)
Oskar Nyström
80,000 Hours Podcast
Rob, Luisa, Keiran, and the 80,000 Hours team
Learning English Conversations
BBC Radio

You Might Also Like

The Naked Marriage with Dave & Ashley Willis
XO Podcast Network, Dave Willis, Ashley Willis
Pardon the Mess with Courtney DeFeo
Courtney DeFeo and Christian Parenting
Parenting with Ginger Hubbard
Ginger Hubbard
The Money Show
Primedia Broadcasting
The Unplanned Podcast with Matt & Abby
Matt & Abby | QCODE
ClutterBug - Organize, Clean and Transform your Home
Clutterbug