150 episodes

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Wiele2Wiele Maroela Media

    • Leisure

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

    Wiele2Wiele: Nuwe Hilux kry sy ‘grrr’

    Wiele2Wiele: Nuwe Hilux kry sy ‘grrr’

    Wiele2Wiele ervaar Toyota se nuwe Hilux GR-S – die bakkie het houding en staan behoorlik uit. Hulle het ook met 'n 'ruimtetuig' gaan ry wat klink asof jy op pad maan toe is - BMW se i5 M60 xDrive. Daar is ’n motorwaardewenk, hulle gesels met Joubert Roux van Zero Carbon Charge wat ’n oplossing het vir elektriese-laaistasies in Suid-Afrika, en daar is motorfietsraad.

    • 26 min
    Wiele2Wiele ry met inprop-hibried Discovery Sport

    Wiele2Wiele ry met inprop-hibried Discovery Sport

    Wiele2Wiele het JAC se 60ste verjaarsdagviering bygewoon en die nuwe vlagskip JAC T9-dubbelkajuitbakkie ervaar. Hulle het ook met die Land Rover Discovery Sport P300e PHEV gaan ry. Daar is ’n motorwaardewenk, alles oor wat dit verg om ’n ’stempel van goedkeuring’ te kry vir ’n SVI-gepantserde voertuig en die span gesels oor afleweringsmotorfietse.

    • 25 min
    Wiele2Wiele vat langpad met Hyundai Staria

    Wiele2Wiele vat langpad met Hyundai Staria

    Vir hierdie episode vat Wiele2Wiele die langpad met die Hyundai Staria-bussie van die Kaap tot in Bloemfontein en weer terug. Daar is algemene nuus, 'n onderwater-motorwaardewenk en raad oor motorfietsveiligheid.

    • 23 min
    Wiele2Wiele ry met CX-60 en T-Roc

    Wiele2Wiele ry met CX-60 en T-Roc

    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan rits hulle rond met Mazda se vlagskip CX-60 2.5 AWD Individual-sportnuts en ook met Volkswagen se VW T-Roc 2.0 TSI R-Line. Daar is weer ’n waardevolle wenk oor motorwaardes en hulle gesels oor turbo’s en ikoniese 400cc-motorfietse.

    • 25 min
    Wiele2Wiele ry met Volvo EX30 en Ford Ranger-bielie

    Wiele2Wiele ry met Volvo EX30 en Ford Ranger-bielie

    In hierdie week se episode het Wiele2Wiele met Volvo se blitsige EX30 Ultra Twin Motor Performance-sportnuts en die Ford Ranger SuperCab Wildtrak-bakkie gaan ry. Daar was tonne motorsport-aksie by 14de Simola-heuwelren wat die afgelope naweek in Knysna plaasgevind het.

    • 26 min
    Wiele2Wiele ry met mondige, opgeknapte Picanto

    Wiele2Wiele ry met mondige, opgeknapte Picanto

    In hierdie week se episode van Wiele2Wiele - die Kia Picanto-buksie is mondig en opgeknap. Die span spandeer ook tyd met die GWM Tank 300 en raak opgewonde oor ’n warm luikrug - die Renault Megane RS 300 Trophy. Waarskuwings oor wat brandgevare by jou motor kan veroorsaak en ’n voorskou vir dié motorsport-geleentheid van die jaar - die heuwelren op Simona in Knysna.

    • 26 min

Top Podcasts In Leisure

PUBG rank Push
Xeon GAMING
心都野了Heartbeast
心都野了
FoxPod - moderate Unterhaltung
info@foxpod.de
Charlando un Poco
Alejandro Ozuna

You Might Also Like