67 episodes

Welkom by oolfant se potgooi. Ons leuse is oos, wes, tuis bes, want ons wil van tuisonderwys ontwerperonderwys maak.

Oolfant se potgooi Karin van Oostrum

    • Education

Welkom by oolfant se potgooi. Ons leuse is oos, wes, tuis bes, want ons wil van tuisonderwys ontwerperonderwys maak.

    Laat hulle SPEEL!

    Laat hulle SPEEL!

    Is jou senuwees klaar, want dit lyk of jou kind aldag en heeldag net speel? En nog erger, sê nou net iemand sien hom speel in “skooltyd”? Maar tog kan jy jou so bekommer as jou nie kan of wil speel nie... Kom luister hier hoekom jou instink reg is – hoekom ‘n spelende kind ‘n gesonde kind is, hoekom speel eintlik amper so belangrik as asemhaal vir jou kind is (en vir jouself ook...ja, jy moet self ook genoeg speel), wat speel nou eintlik is en hoe jy jou kind kan aanmoedig om meer...

    • 21 min
    Hou hulle vas!

    Hou hulle vas!

    Hou hulle vas! Is jy en jou kind op dieselfde golflengte? Nee, ek bedoel nou regtig: Kan julle mekaar opvang?Kom hoor hoekom dit so belangrik is dat daar ‘n sterk band tussen jou en jou kind bestaan, veral as jy bekommerd is oor die waardes wat jou kind in die skool of in die kurrikulum moet leer. Kom hoor hoekom die ouvroustorie van “Kry jou kind nou los van jou rokspante!” regtig uitgedien is, hoekom jy hom maar mag en moet vashou, en les bes, hoe jy die band tussen julle kan smee en v...

    • 19 min
    ‘n Wenresep vir JOU tuisonderwys

    ‘n Wenresep vir JOU tuisonderwys

    In hierdie potgooi gee ek vir jou ‘n wenresep vir tuisonderwys – en hy het net 4 bestanddele!Kom hoor ‘n bietjie wat die kernbestanddele is vir ‘n wenresep vir jóú tuisonderwys. Dis eintlik baie eenvoudig – so eenvoudig soos broodbak. Net ‘n paar kernbestanddele maak ‘n spogbroodjie. Waag dit om jou kop skoon te maak, en jou los te wriemel uit die web van ingewikkelde, moeisame, soms baie vervelige en spannende dae. Fokus op die kernbestanddele. Dit kan regtig gedoen word. Onthou: dis no...

    • 22 min
    Ontskoling (“Deschooling”): ʼn nuwe dag breek vir jou aan!

    Ontskoling (“Deschooling”): ʼn nuwe dag breek vir jou aan!

    Sukkel jy en jou kind om van die “skool” in julle tuisskool ontslae te raak? In hierdie potgooi kyk ek saam met jou na wat ontskoling ("deschooling") eintlik is, hoe dit verskil van “unschooling” en wat jy en jou kind kan doen om te “detoks” of van die hardnekkige idees in julle agterkoppe ontslae te raak. Dis daardie idees wat jy eintlik weet al lankal deur navorsing verkeerd bewys is, maar om die een of ander rede steek hulle vas in jou agterkop, en regeer jou en jou...

    • 19 min
    Waarheen is jy op pad met jou tuisonderwys?

    Waarheen is jy op pad met jou tuisonderwys?

    Draai jou kop van al die advies wat jy kry, en trek jou maag op ʼn knop van angstigheid?In hierdie potgooi gee ek vir jou 4 stappe om jou te help om vir julle gesin langtermyndoelwitte of ʼn eindbestemming met julle tuisonderwys te bepaal. Wanneer jy weet wat jou eintlike eindbestemming is, begin jou benoudheid bedaar, kan jy begin glimlag en ontspan, selfs al voel dit of jou tuisskoolbootjie deur storms geteister word of in ʼn frustrerende windstilte roerloos lê. Jy kan met selfvertroue di...

    • 20 min
    Hoe haal ek my kinders uit die skool...en hoe sit ek hulle weer terug?

    Hoe haal ek my kinders uit die skool...en hoe sit ek hulle weer terug?

    In hierdie episode beantwoord ek twee vrae wat ek dikwels kry: · Hoe haal ek my kind uit die skool, en · Hoe sit ek my kind terug in die skool (as ek moet)Al is jou kind klaar uit die skool, en jy beplan miskien om jou kind so nimmer as te nooit weer in die skool te sit nie, is daar gedurig iemand wat mens teëkom wat radeloos is oor hierdie twee vrae. Stuur dit gerus aan.Ek vertel ook vir jou kortliks hoe ons Van Oostrums begin t...

    • 20 min

Top Podcasts In Education

The British English Podcast
Charlie Baxter
The Digital Sisterhood
The Digital Sisterhood
The Positive Mindset Podcast
Henry G
Above and Beyond
REA Foundation
The Mel Robbins Podcast
Mel Robbins
Wisdom of Women
Sherri Hilton