Die Oorwurms Volume. 1 Die Oorwurms
-
- Kids & Family
-
Audio stories for toddlers
-
-
-
-
-
-
BONUS: Droomland Afskakel-visualisering
Die Oorwurms: Gratis afskakel-visualisering
Die Oorwurms se doel is om kreatiwiteit en energie na jou kind se lewe te bring deur middel van ons stories en liedjies. Tog glo ons ook dat stil-refleksie en bedaar-visualiserings ongelooflik voordelig vir jou kleuter kan wees. Nie net raak dit ontslae van die negatiewe, bonsende energie wat oorstimulasie en moegheid kan meebring nie, maar dit help ook om jou kleuter te leer fokus, ontspan, om verbeeldingspel te bevorder en selfs om empatie vir kleuters te leer.
Vandag kry ons lesers ‘n bonus oudio-greep. Dit is ons afskakel- visualisering vir kleuters. Dit is soms so nodig voor slaaptyd of voor die aand roetine inskop! Ons wil julle graag aanmoedig om dit saam met jou kleinding te doen! Die grendeltydperk veroorsaak baie spanning vir ouers en kinders en ons hoop dat dit vir die hele gesin vyf minute van vrede kan gee!