150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • News

Kry die nuus soos dit breek.

    Bipa besoek streke vir kwytskelding

    Bipa besoek streke vir kwytskelding

    Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het vroeër sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram met drie maande verleng tot 30 Junie. Dit was na 'n oorweldigende aanvraag en terugvoer van die sakegemeenskap, veral klein- en mediumgrootte besighede. Bipa gaan verskeie streke besoek waar sakelui na sekere dorpe kan gaan om aansoek te doen vir die kwytskeldingsprogram. Kosmos 94.1 Nuus het met die owerheid se woordvoerder, Ockert Jansen, gesels vir 'n opdatering.

    • 40 sec
    DA steeds teen Bela gekant

    DA steeds teen Bela gekant

    Die DA sê ondanks sekere welkome wysigings aan die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, is hy steeds sterk daarteen gekant. Die Nasionale Raad van Provinsies se Gekose Komitee oor Onderwys, Tegnologie, Sport, Kuns en Kultuur het die jongste weergawe van die Bela-wetsontwerp aanvaar. Dit bevat 'n breër definisie van lyfstraf. Delmaine Christians van die DA sê hulle is steeds bekommerd oor die potensiële impak van die wetsontwerp op skole en gemeenskappe:

    • 14 sec
    Van voedselpakkies na koopbewyse

    Van voedselpakkies na koopbewyse

    Die Kantoor van die Eerste Minister het die oorgang van die verspreiding van droogtehulpkos na die koopbewys-gebaseerde Kommoditeitsbegunstigde Inligtingbestuurstelsel landwyd begin. Die koopbewys-gebaseerde model stel droogtehulpbegunstigdes in staat om hul koopbewyse by geselekteerde kleinhandelaars in hul gemeenskappe af te los. Die stelsel is verlede jaar in die Okatana-kiesafdeling in die Oshana-streek deur Eerste Minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila bekendgestel. Die loodsstudie wat in Okatana gedoen is, wat 1 200 huishoudings en 12 kleinhandelaars behels het was suksesvol, en sal nou aan al 121 kiesafdelings in al 14 streke bekendgestel word. Rhingo Mutambo, hoof skakelbeampte by die kantoor van die premier het met Kosmos 94.1 Nuus oor die stelsel gepraat.

    • 32 sec
    'EFF sal amptelike opposisie wees'

    'EFF sal amptelike opposisie wees'

    Die EFF-leier, Julius Malema, sê indien die party nié die algemene verkiesing aanstaande maand wen nie, moet hy die amptelike opposisie word. Hy het studente van Wits se Skool vir Regeerkunde gister toegespreek. Die EFF het in die 2019-verkiesing tien persent van die stemme ontvang en is die derde grootste opposisieparty. Malema sê met vooruitskouings dat die ANC minder as 50-persent gaan behaal, kan hy die EFF nodig kry:

    • 20 sec
    GOOD onbeïndruk met Veelparty-manifes

    GOOD onbeïndruk met Veelparty-manifes

    Die GOOD-party sê die DA-geleide Veelparty-handves se raamwerk vir maatskaplike verligting is leë beloftes. Die handves sê die raamwerk verseker sosio-ekonomiese ontwikkeling wat nodig is om die kringloop van armoede ongelykheid en honger te verbreek. Die GOOD-party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die raamwerk wat 30 beloftes bevat, is nie gebaseer op ʼn ware verbintenis om armoede aan te spreek nie:

    • 20 sec
    Vervoerplan vir TransNamib – is dit ‘n goeie idee?

    Vervoerplan vir TransNamib – is dit ‘n goeie idee?

    Wetgewers stel voor dat TransNamib eksklusief gevaarlike goedere en swaar vrag vervoer, en sê dit is een van vele ingrypings wat die maatskappy se winsgewendheid kan herstel. Die aanbeveling was vervat in 'n verslag deur die parlementêre staande komitee oor ekonomie en openbare administrasie. Die beperking van die beweging van gevaarlike goedere en swaar vrag sal ook help om die land se paaie te beskerm. Die regering is aangemoedig om te belê in die aankoop van lokomotiewe terwyl hy die spoornetwerk opknap. Volgens die komitee is die belegging nodig om te verseker dat vervoerkorridors teen volle kapasiteit bedryf word. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, 'n navorser by Simonis Storm, gepraat vir 'n reaksie.

    • 40 sec

Top Podcasts In News

Global News Podcast
BBC World Service
The Youth Manifesto
Sister Namibia
The World and Everything In It
WORLD Radio
Moneyweb Crypto
Moneyweb Radio
MoneywebNOW
Moneyweb Radio
The Global Story
BBC World Service