150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • News

Kry die nuus soos dit breek.

    Venaani het vrae vir Alweendo oor sy ministerie

    Venaani het vrae vir Alweendo oor sy ministerie

    Kry die nuus soos dit breek.

    • 26 sec
    Venaani het vrae vir Alweendo oor sy ministerie

    Venaani het vrae vir Alweendo oor sy ministerie

    Die leier van die PDM, McHenry Venaani, het in die Nasionale Vergadering kennis gegee dat hy op 25 April vrae sal stel aan myne en energie minister Tom Alweendo rakende korrupsie, binnehandel en persoonlike viktimisasie in die ministerie. Volgens Venaani het die ministerie goud-eksplorasielisensies onregmatig aan Osino Resources oorgedra. Hy het bygevoeg dat die minister na bewering bewus was van die lisensie-aangeleentheid, maar versuim het om dienooreenkomstig op te tree. Verlede jaar het die mynmaatskappy Dundee Precious Metals sy verkryging van Osino Resources aangekondig, wat Osino se Twin Hills-oopgroef-goudprojek by Dundee se portefeulje van bates gevoeg het.

    • 44 sec
    Ondersoek 70% salarisverhoging van parlement-sekretaris: DA

    Ondersoek 70% salarisverhoging van parlement-sekretaris: DA

    Die DA het 'n mosie ingedien vir 'n ad hoc gesamentlike komitee om die verhoogde salaris van die sekretaris van die parlement, Xolile George, te ondersoek. Dit volg op onthullings van 'n 70-persent verhoging, na bewering goedgekeur deur die speaker van die Nasionale Vergadering en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies. Siviwe Gwarube van die DA beklemtoon deursigtigheid en aanspreeklikheid in die bestuur van staatsfondse:

    • 19 sec
    Cross-country reeks hierdie naweek in Kleine Kuppe

    Cross-country reeks hierdie naweek in Kleine Kuppe

    Die Namibiese Fietsryfederasie bied hierdie naweek saam met die Rock and Rut Bergfietsklub die klub cross-country reeks wedrenne en die UCI-cross-country junior reeks wedren aan. Dit sal Saterdagoggend om 9-uur by die IJG-roetes in Kleine Kuppe, Windhoek plaasvind. Die reeks, wat al meer as 20 jaar plaasvind, sal na verwagting meer as 100 plaaslike bergfiets-entoesiaste lok. Elenor Grassouw, die sekretaris van die Namibië Fietsryfederasie, het met Kosmos 94.1 Sportnuus gesels.

    • 42 sec
    NUS soek maandelikse nie-onderrigbetalings by NSFAF

    NUS soek maandelikse nie-onderrigbetalings by NSFAF

    Die Studente-unie van Namibië, NUS, wil hê dat alle studente teen die einde van hierdie maand maandelikse nie-onderrigbetalings van die Namibiese studente finansiële hulpfonds, NSFAF, ontvang. Die unie se president, Benhard Kavau, sê as die hulpfonds nie aan hul pleidooi gehoor gee nie, sal hulle 'n betoging hou. Dit kom nadat studente hul kommer gedeel het oor die fonds wat nie hulle nie-onderrig-gelde betyds betaal nie. Kavau voeg by dat instellings moet begin om fakture betyds aan die hulpfonds te stuur om vertragings te vermy. Kavau het tydens 'n perskonferensie in die hoofstad gepraat.

    • 37 sec
    Brandstofpryse styg straks weer in Mei

    Brandstofpryse styg straks weer in Mei

    Die Automobiel-assosiasie in Suid-Afrika het gewaarsku oor nog 'n petrolprysverhoging in Mei. Die AA sê huidige ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds het aangedui dat die petrolprys weer met sowat 37 sent per liter sou styg, wat die prys tot R25 Suid-Afrikaanse rand en 15 sent sal opstoot. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energie ministerie, wat sê dat Namibië dalk ook in Mei hoër brandstofpryse sal sien. Ekandjo sê dat die komitee wat brandstofpryse bepaal, volgende week vergader.

    • 30 sec