150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • News

Kry die nuus soos dit breek.

    Behuising teiken nie die regte mark nie

    Behuising teiken nie die regte mark nie

    Na die sooispit-seremonie van die bekostigbare behuisingsprojek maande gelede by Goreangab Uitbreiding 4, is konstruksie nou in volle swang. 'n Honderd-en-13 wooneenhede word gebou om die behuisingsbehoeftes van lae-inkomste individue en gesinne aan te spreek. Die projek, wat na verwagting in drie fases oor die loop van 12 maande voltooi sal word, sal na verwagting sy finale eenhede teen April 2025 lewer. Die Stad Windhoek en die Nasionale Behuisingsonderneming werk aktief saam om hul beloftes na te kom aan inwoners, wat lank gewag het vir die geleentheid om 'n dak oor hul kop te verseker. Heinrich Amushila van die Shack Dwellers Federation of Namibia, bevraagteken egter of ons werklik die mark aanspreek.

    • 28 sec
    Massagrafte in Gaza - VN ondersoek oorlogsmidaad

    Massagrafte in Gaza - VN ondersoek oorlogsmidaad

    Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê berigte van massagrafte met honderde liggame by twee van Gaza se grootste hospitale, wek nuwe kommer oor moontlike oorlogsmisdade. Palestynse amptenare sê 310 liggame is die afgelope week gevind - 35 hiervan Dinsdag. Die VN-hoëkommissaris vir Menseregte se woordvoerder, Ravina Shamdasani, sê die doelbewuste moord op burgerlikes en aangehoudenes is ʼn oorlogsmisdaad:

    • 17 sec
    Arsenal lê bo op punteleer

    Arsenal lê bo op punteleer

    Arsenal is nou heel boaan die Prermierliga-punteler - drie punte voor sy naaste teenstander. Hulle het met 5-0 teen Chelsea in die Emirates-geseëvier. Leandro Trossard het die tuisspan se eerste doel in die eerste helfte aangeteken. Kai Havertz en Ben White het nog twee doele elk in die tweede helfte vir Mikel Arteta se span aangeteken wat die span vier punte voor die heersende kampioen, Manchester City plaas. Manchester lê nou derde. Arteta sê hy is tevrede met die manier waarop sy span die spel in die tweede helfte oorheers het:

    • 20 sec
    Verskeie stemlokale in Gauteng is hoë-risiko

    Verskeie stemlokale in Gauteng is hoë-risiko

    Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê alles is gereed om te verseker dat die verkiesing in 'n veilige omgewing gehou word. Daar is 2 797 stemlokale in 529 wyke in Gauteng. Hiervan hou 168 'n hoë risiko en 377 'n medium risiko in. Mthombeni sê intelligensiestrukture binne die polisie is hard aan die werk sedert die aankondiging van die 29 Mei-verkiesing:

    • 19 sec
    ANC wil aandeelhouding vir swart landsburgers hê

    ANC wil aandeelhouding vir swart landsburgers hê

    President Cyril Ramaphosa sê die regering volg beleide wat swart Suid-Afrikaners tot deelname aan die ekonomie sal lei. Hy het die Worker Share Ownership Conference toegespreek wat deur die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging by die Sandton-konvensiesentrum aangebied is. Hy glo werkers-aandeel-eienaarskap sal van kritieke belang wees om te verseker niemand bly agter nie. Ramaphosa het die projek verwelkom as 'n belangrike stap om ongelykheid aan te spreek en insluiting te verbeter:

    • 19 sec
    VN aanvaar verslag oor UNRWA

    VN aanvaar verslag oor UNRWA

    Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het die aanbevelings aanvaar wat vervat is in 'n Onafhanklike Hersieningsgroep se verslag oor die bedrywighede van die Verenigde Nasies se hulp- en werksagentskap vir Palestynse vlugtelinge in die Nabye Ooste. Die ondersoek, onder voorsitterskap van die voormalige Franse minister van Buitelandse Sake, Catherine Colonna, is gedoen om te bepaal of UNRWA alles in sy vermoë doen om werk in die gebied te verbeter en te versterk.

    • 18 sec

Top Podcasts In News

Global News Podcast
BBC World Service
The Global Story
BBC World Service
FT News Briefing
Financial Times
Pivot
New York Magazine
"Live Players" with Samo Burja and Erik Torenberg
Samo Burja, Erik Torenberg
Thomson Reuters Institute Insights Podcast
Thomson Reuters Institute Insights podcast