150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • News

Kry die nuus soos dit breek.

    Finale verslag van Swakop helikopter-neerstort op pad

    Finale verslag van Swakop helikopter-neerstort op pad

    Die tragiese neerstort van 'n R44-helikopter op 17 Julie verlede jaar in Swakopmund, waarin vlieënier Jacques Jacobs en vlugingenieur Dirk von Weidts dood is, was na bewering weens vervalste dokumente en verskeie ander oortredings van die Wet op Burgerlugvaart. Antje Nauhaus, 'n werknemer van Namibia Base Aviation, het in die hof verskyn op verskeie aanklagte wat met die saak verband hou. Sy is op borgtog vrygelaat. Die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident-ondersoeke het 'n voorlopige verslag uitgereik wat aandui dat die helikopter nie 'n geldige lugwaardigheid-sertifikaat vir Suid-Afrika of Namibië gehad het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hafeni Mweshixwa, ’n ondersoeker by die direktoraat, oor wanneer die finale verslag vrygestel sal word en die jongste oor die ondersoek.

    • 31 sec
    Thoko Didiza is nuwe speaker in SA Nasionale Vergadering

    Thoko Didiza is nuwe speaker in SA Nasionale Vergadering

    Thoko Didiza van die ANC is met 284 stemme verkies tot speaker van die Nasionale Vergadering. Haar teenstander Veronica Mente van die EFF het 49 stemme gekry. Didiza het die eerste sitting toegespreek en al die lede bedank wat deelgeneem het aan die demokratiese proses van die verkiesing van die sewende Parlement se speaker.

    • 20 sec
    Osire-vlugtelingkamp se weiding skep probleme

    Osire-vlugtelingkamp se weiding skep probleme

    Weiding by die Osire-vlugtelingkamp het 'n probleem vir die owerhede in die Otjozondjupa-streek geword. Osire is 'n vlugtelingkamp in sentraal-Namibië, 200km noord van Windhoek langs die C30-hoofpad van Gobabis na Otjiwarongo. Dit is in 1992 gestig om vlugtelinge uit Angola, Burundi, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Rwanda en Somalië te akkommodeer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met James Uerikua, die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, vir 'n opdatering oor die weidingkwessie.

    • 34 sec
    Cyril is RNE presidensiële kandidaat: Steenhuisen

    Cyril is RNE presidensiële kandidaat: Steenhuisen

    DA-leier John Steenhuisen het bevestig die president van die ANC, Cyril Ramaphosa sal die presidensiële kandidaat wees vir die regering van nasionale eenheid. Op 'n nuuskonferensie het Steenhuisen gesê die land se uitdagings bly ernstig, en hoë werkloosheid, misdaad, infrastruktuur-agteruitgang en endemiese korrupsie uitgelig.

    • 15 sec
    Curro-skole kry drama-opleiding

    Curro-skole kry drama-opleiding

    Kultuur-liefhebbers wat deel is van die Curro skole kan uitsien na 'n opwindende tyd wat voorlê. Die aktrise en dramakundige Ira Blankenberg van Suid Afrika is in die land en is besig om leerlinge op te lei in drama. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Colette Riekert, die uitvoerende direkteur van Curro Windhoek Gimnasium, wat uitbrei.

    • 34 sec
    Voertuigverkope styg 7,5% maand-tot-maand

    Voertuigverkope styg 7,5% maand-tot-maand

    Voertuigverkope in Namibië het in Mei 966 eenhede bereik, wat 'n 7,5 persent maand-tot-maand-toename was van die 899 eenhede wat in April verkoop is. Dit verteenwoordig egter 'n effense afname vergeleke met die 982 eenhede wat in Mei 2023 verkoop is. Kommersiële voertuie gaan voort om verkope in die mark te dryf, volgens die nuutste verslag deur Simonis Storm. Teen die einde van April was die opname van korporatiewe paaiement- en huurkrediet gemiddeld 24,5 persent jaar-tot-datum, terwyl huishoudelike paaiement- en huurkrediet-opname gemiddeld 6,1 persent jaar-tot-datum was. Kosmos 94.1 Nuus het met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom van Simonis Storm, gesels.

    • 27 sec

Top Podcasts In News

Relatable with Allie Beth Stuckey
Blaze Podcast Network
The Clement Manyathela Show
Primedia Broadcasting
The Daily
The New York Times
CyberWire Daily
N2K Networks
Global News Podcast
BBC World Service
The Rest Is Politics
Goalhanger Podcasts