150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • News

Kry die nuus soos dit breek.

    Sunak is 'teleurgesteld' in stem-uitslae

    Sunak is 'teleurgesteld' in stem-uitslae

    Die Britse premier Rishi Sunak sê die volgende algemene verkiesingsuitslag is nie 'n uitgemaakte saak soos voorspel word in meningspeilings nie. Die Konserwatiewe Party het een van sy grootste nederlae in 40 jaar gely in die afgelope plaaslike verkiesing. Die Arbeidersparty het regoor Engeland en Wallis belangrike vooruitgang gemaak om 'n oorwinning in 'n algemene verkiesing te verseker. Sunak het aan Sky News gesê die uitslae is teleurstellend:

    • 18 sec
    George-ramp: Dodetal styg tot 4

    George-ramp: Dodetal styg tot 4

    Die dodetal na die ineenstorting van ʼn vyfverdieping-gebou wat in George in die Wes-Kaap in aanbou was, het tot vier gestyg. Vyf-en-sewentig konstruksiewerkers was Maandagmiddag op die perseel toe dit ineengestort het. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê 24 pasiënte is uit die puin in Victoriastraat 75 gehaal, terwyl 51 mense nog vermis word:

    • 20 sec
    Gaan koop vir jou 'n stukkie geluk...

    Gaan koop vir jou 'n stukkie geluk...

    Die Dierebeskermingsvereniging gaan volgende week 'n landswye aannemingsveldtog van stapel stuur. Op die oomblik versorg die vereniging 'n groot aantal diere en die publiek word uitgenooi om 'n nuwe lid van die gesin aan te neem, eerder as om een iewers te gaan koop. Hanna Rhodin, die vereniging se direkteur, het meer inligting.

    • 34 sec
    Trae ekonomie, streng banke laat sakesektor struikel

    Trae ekonomie, streng banke laat sakesektor struikel

    Volgens 'n Simonis Storm-verslag was daar gemengde neigings in korporatiewe skuldinstrumente in die eerste kwartaal van 2024. Verbandlenings het afnames van 4 persent aangeteken, wat 'n versigtige benadering tot lenings wys te midde van ekonomiese onsekerhede en strenger leningsvoorwaardes. Die groei van klein ondernemings maak egter staat op meer toegeeflike leningsvoorwaardes, wat weer 'n positiewe impak op die ekonomie kan hê. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, wat sê banke en relevante instellings moet bydra tot werkskepping deur meer volhoubare uitleenvoorwaardes.

    • 22 sec
    Jag moet deelvorm van die wildekonomie, omdat dit is

    Jag moet deelvorm van die wildekonomie, omdat dit is

    Die omgewingsake-ministerie het aangekondig dat jagbare wildspesies van 1 Mei tot 31 Augustus gejag kan word op plase omhein met 'n wildwerende heining; en 1 Junie tot 31 Julie op plase met gewone heinings. Dit kom te midde van voortslepende kritiek uit Europa oor grootwild- en trofeejag, asook pogings om die invoer van jagtrofeë te verbied. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende hoof van die Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown, wat sê daar is sommige mense in die toerismesektor wat nie met hul gaste oor jag in Namibië wil praat nie, wat die verkeerde benadering is.

    • 37 sec
    Aktiviste bevraagteken vertraging in bekragtiging van begroting

    Aktiviste bevraagteken vertraging in bekragtiging van begroting

    Hoewel die begroting reeds deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is, wag pensioenarisse en kwesbare kinders steeds vir hul verhoogde toelaes om in werking tree. President Nangolo Mbumba moet die dokument bekragtig voor die verhogings kan intree. Die begroting is reeds in Februarie ter tafel gelê maar die kwesbare lede van ons samelewing wag steeds, terwyl die president oral rond reis. Reaksie is ontvang van die bekende sosiale aktivis en nou 'n onafhanklike presidentskandidaat, Rosa Namises, wat wil weet hoekom daar 'n vertraging is.

    • 33 sec

Top Podcasts In News

Africa PolitiCast
The Sahel Post
The Charlie Kirk Show
Charlie Kirk
Carte Blanche: The Podcast
Carte Blanche
Podcast denníka Postoj
Denník Postoj
Ron Paul Liberty Report
Ron Paul Liberty Report
WorkLab
Microsoft