45 episodes

Aand oordenkings saamgestel en aangebied deur Ds. Theunis Coetzee.

Nagsê Here Afrikaans.Radio

    • Religion & Spirituality

Aand oordenkings saamgestel en aangebied deur Ds. Theunis Coetzee.

    Nagsê Here #45

    Nagsê Here #45

    Goeie Naand,

    Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here.

    Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy of Die Here sal verstaan en antwoord.

    Sal jy iemand glo wat moord goedgekeur het, mense wreedaardig vervolg het, in die tronk was, weggejaag is uit dorpe en met klippe gegooi was, so hardkoppig dat hy met ‘n sweep paar keer geslaan was as straf, opstandig teen die regering en kerkleiers.

    Dis die einste persoon wat ons aanhaal vanaand, Paulus, wat sê “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.”

    Paulus het geweet dat hyself aan woorde en antwoorde kortkom en in daardie stil oomblikke pleit Die Gees van God.

    Woordeloos word jou gemoedstoestand ook oorgedra omdat God jou hart ken.
    Jou gebed geprewel met stilte en in jou swakheid. Jou seerkry, jou vernedering, jou verlede, jou twyfel asook jou hoop op beter dae. Vir jou as gelowige sien God net jou hart raak en luister na wat Die Gees pleit.

    Mag jou gebed vanaand jou gerus stel en jy glo dat God alles ten goede sal laat meewerk sodat Sy Liefde in jou en deur jou kan werk.

    Twyfel nie, jy het iets om vir Die Here jou God te doen. Jou gebed is jou Dankie sê, Die Gees antwoord namens jou.

    AMEN

    Nagsê Here.

    • 2 min
    Nagsê Here #44

    Nagsê Here #44

    Goeie Naand,

    Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare.

    Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy doen?

    Dis alles vrae wat jou op een plek vasgevange hou?

    Dawid skryf dat Die Here vir die opregtes sorg in Ps 7. Miskien vra jy vanaand waarom dan al die onreg, die omkopery, die kwaadwilligheid van mense, die seermaak en seerkry, hoekom is daar soveel hartseer, wat maak ek met tyd en plek?
    Jy voel dalk soos ‘n teiken en almal skiet hul pyle na jou, dalk voel jy dat alles wat verkeerd kan gaan, gebeur met jou.

    Dit is net geloof wat jou staande hou met al hierdie vrae.

    Daarom sê Dawid in vers 11 en 12 “My skild is by God wat die opregtes van hart verlos. God is 'n regverdige regter, en 'n God wat elke dag toornig is.” Hierdie skild van God kan die pyle keer, dit kan skaduwee verskaf in gloeiende son en snags gebruik word as ‘n dak en in stormweer as ‘n sambreel.

    Dit help jou om alles wat met jou gebeur te deurstaan omdat Hy jou beskerm sodat jy verlos kan word tot Sy eer. Hy bly Die Regter wat regverdig is, Hy sien die onreg en kwaadwilligheid en daaroor is Hy woedend, elke dag.

    Die 1983 vertaal die verse “God wat die opregtes help, is my beskermer. God is 'n betroubare regter, 'n God wat altyd die skuldiges straf.”

    Dit klink amper soos die spreekwoord “Die wiel draai” maar daarvan moet jy jou asseblief weerhou, Hy het in Sy liefde ook jou liefde nodig wat jy met jou lewe moet bewys.

    Mag jy eerder antwoord op al die dinge wat in jou lewe gebeur, die mooi en die lelik, die soet en die suur, die reg en die verkeerd soos Ps 7 eindig “Ek wil die Here loof na Sy geregtigheid en die Naam van die Here, die Allerhoogste, psalmsing.”

    Mag jou lewe ‘n lofsang aan Die Here jou God bly. Hy sal jou verlos op Sy tyd vir jou bestem.

    AMEN

    • 2 min
    Nagsê Here #43

    Nagsê Here #43

    Goeie Naand,

    Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde?

    Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan jy ook nie die lewe as ‘n nagmerrie beskryf nie of van nagmerrie ervarings praat nie.
    Elkeen het sy drome, ideale, wense en doelbereikings met oop oë hier op aarde.
    Jyself het dalk ‘n plan B as plan A nie uitwerk nie.

    As dit anders gestel word in die lewe wat ons ervaar, tussen drome, wat van die volgende stellings tussen Plan A en B; Niemand trou om te skei nie, niemand kry kinders net om hulle weg te gooi nie, niemand plant sonder om ‘n oes te verwag nie, niemand maak ‘n vriend om van die ‘n vyand te maak nie.

    Eenvoudig is dit dat niemand lewe sonder om asem te haal nie, en solank jy lewe, leef jy Die Here se droom en doel vir jou. Hy het jou buite beheer geplaas van sekere spiere soos ooglede, hart, maag en organe soos longe, lewer, niere.

    Jou brein vermoë bepaal jou wilskrag, jou verantwoordelikheid, jou besluite van liefde en omgee, dit bepaal jou menswees.

    Alles deur Die Here geskep, maak nie saak hoeveel planne jy het nie. Ps 56 sê Dawid, in moeilike omstandighede “Deur God sal ek die woord prys; deur die Here sal ek die woord prys. Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 'n mens my doen? Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal; want U het my siel gered van die dood - ja, my voete van struikeling - om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe.”

    Mag al jou woorde en gedagtes vanaand deel wees van Die Here se Droomdoel met jou en jy Hom daarvoor loof en prys want selfs wanneer die donkernag verdwyn bly Hy die God van jou lewe, met elke spier en orgaan leef jy in Sy Lig van die Lewe, gered van die dood, ‘n wandeling met vergifnis sou jy struikel.

    Mag jy lekker slaap en weet Die Here ontmoet jou, met jou menswees in Sy Droom, ons bid vir diegenes wat buite Sy Droomdoel lewe.

    AMEN

    Nagsê Here.

    • 2 min
    Nagsê Here #42

    Nagsê Here #42

    Goeie Naand,

    Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan.

    Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid.

    Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense onmoet, gehelp waar ek kon, al is dit net met woorde en liefde deur aanvaarding, selfs konfrontasie met afleidings en idees van ander. “Tussen heidene, dronkaards, kerkloses en sondaars” sou so baie ander beskuldigings kon gooi.

    Dan wonder ekself “Hoekom Jesus sou verwag dat ‘n herder 99 skape los en na een gaan soek?” Die sommetjie maak nie sin nie, behalwe as Hy seker was hulle is veilig. Met die lees van Ps 23, Esegiël 34 en Sagaria 11:17 dan is dit te betwyfel of die 99 werklik veilig was, tensy steeds deur Die Herder beskerm, as gevolg van geloof, in Sy Genadekraal.

    Dan kom ons by Romeine 9 en Paulus begin dadelik met die woorde “EK spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie — my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees — dat dit vir my 'n groot droefheid is en 'n onophoudelike smart vir my hart.
    Hy doen ‘n belydenis en jy kan die smart, die seerkry hoor waarmee hy praat. Hy praat dan oor die geloof in Israel, die wat hul geloof definieer as nageslag uit Adam, die uitverkorenes. Paulus haal tekste aan uit Genesis, Hosea, Jesaja en andere, hartverskeurend verwys hy na die optrede van die sogenaamde gelowiges, mense beheer, gekondisioneer deur eie afleidings.

    Hoe sou jy geloof definieer? Wie sou jy as voorbeeld van geloof gebruik in vandag se tyd? Watter reëls heg jy aan geloof? Voel jy nie ook harstseer oor die hoeveelheid gewondes, stukkendes, uitgeworpenes en soekendes wanneer jy aan jou antwoorde op hierdie vrae dink nie?

    Paulus sluit af en ek lees die 83 vertaling “Wat is nou ons gevolgtrekking?

    Dít: heidene het nie God se vryspraak gesoek nie, maar dit wel gekry – die vryspraak deur die geloof. Israel, daarenteen, het 'n wet gesoek waardeur hulle God se vryspraak sou kon kry, maar by so 'n wet het hulle nie uitgekom nie.

    Waarom kon hulle nie die vryspraak kry nie? Omdat hulle nie op die geloof wou bou nie, maar op hulle eie prestasies. Hulle het oor die struikelblok gestruikel waarvan daar geskrywe staan: “Kyk, Ek sit in Sion 'n klip neer waaroor 'n mens struikel, 'n rots waarteen jy jou stamp, maar wie in Hom glo, sal nie teleurgestel word nie.”

    Mag jy nie teen die rots vasloop nie maar deur jou geloof in Die Rots, jou lewe leef.
    Christus Jesus is as God ons Hoop en Verlosser. Glo dit en gun dit ook vir ander, Hy bly onse Rots.

    AMEN

    Nagsê Here.

    • 3 min
    Nagsê Here #41

    Nagsê Here #41

    Goeie Naand,

    Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie?
    Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees?

    Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings, onseker verhoudings en liefdelose verhoudings. Die gesonde verhoudings weërspieël daarteenoor ‘n kragbron van geluk, verhoudings waar mense mekaar aanvaar, bemoedig, bystaan en in liefde leef.

    Paulus skryf hiervan in Romeine 15 “En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik. Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God.”

    Paulus vra hierdie openhartige aanvaarding van mekaar sodat God verheerlik kan word deur eensgesindheid. Miskien het jy dalk vanaand ‘n moedelose gevoel, nie in jouself nie maar as gevolg van verhoudings en ooreenkomste wat skipbreuk lei, dalk voel jy, jy het hoop verloor.

    Die woorde klink maklik om te sê en tog is dit waar, “Ons dien ‘n God van hoop, in Christus Jesus skep Hy hoop in hopelose situasies, Sy Liefde skep in jou ‘n deursettingsvermoë om jou denke en dade te vul met hoop.

    Paulus sluit hierdie gedeelte af met ‘n seën wat vanaand vir jou ook gebid word
    “En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!”

    AMEN

    Nagsê Here.

    • 2 min
    Nagsê Here #40

    Nagsê Here #40

    Goeie Naand,

    Dit is altyd ‘n voorreg om opregte vriende te hê. Nou gesels ons nie oor kenisse nie maar vriende as waarde toevoeging. Reël maar ‘n reunie en terwyl jy die boodskappe lees onthou jy die mense, die verlede, die lag en huil, die groei saam en die waarde wat hulle aan jou lewe geheg het.

    Dalk het jy vandag vriende wat jou werklik ondersteun, jy voel jy kan jou lewe in hulle hande plaas. Jou hartsgeheime met hulle deel, jou toekomsdrome saam beplan en weet hulle sal jou bystaan.

    In Mattheus 6 lees ons “Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.”

    Hierdie is ‘n vriendskap verhouding met Die Here. Jou lewe is in Sy Hande. Hy is die vlieënier, jy die passasier, hoewel Hy toertjies ver bo die grond maak, jy voel bang en onseker, bring Hy jou veilig tuis.

    Mag jy vanaand as jy voel dat jy die vastigheid van die grond verloor het en blootgestel is aan enige iets wat verkeerd kan gaan weet dat Hy die stuurstang vashou terwyl Hy vir jou sorg.

    Sien die voëls in die lug raak, die lelies op die grond en glo dat jy vir Hom baie werd is, mag al jou kwellinge verdwyn met die wete dat Die Here, jou God, in beheer is.

    AMEN

    Nagsê Here.

    • 2 min

Top Podcasts In Religion & Spirituality

Joel Osteen Podcast
Joel Osteen, SiriusXM
Your Daily Prayer
Your Daily Prayer
Joyce Meyer Enjoying Everyday Life® TV Audio Podcast
Joyce Meyer
Girls Gone Bible
Girls Gone Bible
Elevation with Steven Furtick
iHeartPodcasts
John Mark Comer Teachings
Practicing the Way