150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • News

Kry die nuus soos dit breek.

    Weydeman gesels oor Troy se saak

    Weydeman gesels oor Troy se saak

    Die siviele saak teen die Grootfontein-boer Willem Goosen nadat hy die die Belgiese Malinois Troy geskiet het, is voorlopig teruggetrek. Troy het oorleef maar een van sy voorbene moes geamputeer word. Goosen het in stukke wat by die hof ingedien is homself en sy familie beskryf as diereliefhebbers. Stefan Weydeman, 'n mede-eienaar van Troy, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoekom die saak teruggetrek is.

    • 38 sec
    Ondersoek na Xolile se salaris verwelkom

    Ondersoek na Xolile se salaris verwelkom

    Die DA verwelkom 'n ondersoek na die geheime salarisverhoging van meer as 70-persent vir die sekretaris van die parlement, Xolile George. Die verhoging is sonder verduideliking deur die voormalige speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, goedgekeur en vir die Parlement weggesteek. Siviwe Gwarube van die DA sê ondanks aanvanklike pogings deur die ANC om inligting te blokkeer, het die waarnemende Speaker, Lechesa Tsenoli nou ingestem om die saak by die Parlement se gesamentlike staande komitee oor Finansiële Bestuur ter tafel te lê:

    • 18 sec
    Geen meer reddingsboeie vir Poskantoor nie - DA

    Geen meer reddingsboeie vir Poskantoor nie - DA

    Die DA het verdere reddingsboeie vir die Suid-Afrikaanse Poskantoor verwerp. Hulle kritiseer die ANC vir wanbestuur en werkverliese. Die Sakereddingspraktisyns het 'n verligtingskema vir werknemers aangekondig, wat deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie geweier is en tot werkverliese gelei het. Die DA-lid, Natasha Mazzone, het die ANC beskuldig dat hy meer as tien-miljard-rand aan belastingbetalersfondse op SAPO germors het en versuim het om 'n werkbare omkeerplan te verskaf. Mazzone sê 'n sterk vennootskap tussen die Poskantoor en die privaat sektor is uiters belangrik vir noodsaaklike dienste:

    • 19 sec
    Mbeki ondersteun Zuma se ANC-tugverhoor

    Mbeki ondersteun Zuma se ANC-tugverhoor

    Oud-president Thabo Mbeki het sy steun toegesê aan die ANC se besluit om oudpresident Jacob Zuma aan 'n dissiplinêre verhoor te onderwerp. Die ANC het optrede vertraag nadat Zuma sy verbintenis met die uMkhonto weSizwe Party verklaar het. Tydens 'n veldtog in Soshanguve, Pretoria, het Mbeki die belangrikheid beklemtoon dat die ANC sy eie reëls nakom. Die komende verhoor, wat vir Dinsdag vasgestel is, kan lei tot Zuma se skorsing uit die ANC:

    • 11 sec
    Skietstilstand: Hamas vasbeslote vir ooreenkoms, Israel dreig Rafah-inval

    Skietstilstand: Hamas vasbeslote vir ooreenkoms, Israel dreig Rafah-inval

    'n Hamas-afvaardiging het in Egipte aangekom in wat beskryf word as ‘n ‘do or die’ onderhandeling oor 'n wapenstilstand is, met die beweging wat sê hy is vasbeslote is om 'n ooreenkoms te bereik. Intussen het Israel Hamas glo een week gegee om in te stem tot 'n wapenstilstand en gevangene-uitruilooreenkoms, ander sal hy sy inval in Rafah loods. Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres sê hulle hoop vir ‘n ooreenkoms en ondersteun ‘n twee-staat oplossing.

    • 30 sec
    Ware slagoffers van Cassinga was die wesies wat Duitsland toe gestuur is

    Ware slagoffers van Cassinga was die wesies wat Duitsland toe gestuur is

    Die LUR vir Onderwys in Gauteng, het 'n ondersoek van stapel gestuur na 'n skokkende voorval by Glenvista High School in Johannesburg, waar 'n video opgeduik het van 'n gewelddadige woordewisseling tussen 'n onderwyser en 'n graad nege-leerder. Chiloane sê sulke gedrag sal nie geduld word nie, en die departement is daartoe verbind om 'n veilige leeromgewing te verseker. Steve Mabona van die departement sê die ondersoek het ten doel om die omstandighede rondom die onderonsie bloot te lê en dienooreenkomstig beslissende stappe te neem:

    • 35 sec

Top Podcasts In News

Global News Podcast
BBC World Service
Future Media News Bulletins
Namibia Future Media
The Pioneer Briefing
Gabor Steingart
FT News Briefing
Financial Times
PwC's accounting podcast
PwC
The Journal.
The Wall Street Journal & Gimlet