150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • News

Kry die nuus soos dit breek.

    Desentraliseer kankersorg, vra CAN se hoof

    Desentraliseer kankersorg, vra CAN se hoof

    Volgens die jongste data oor kanker wat in Februarie deur die Kankervereniging van Namibië, CAN, vrygestel is, is prostaatkanker die mees algemene kanker in Namibië. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die vereniging, dring aan op die bevordering van vroeë opsporing deur middel van siftingsprogramme landwyd. Hy voeg by dat Namibië 'n kommerwekkend hoë voorkoms van kanker het in vergelyking met die res van Afrika. CAN vra vir die desentralisering van kritieke kankersorg in Namibië asook uitbreiding van onkologiedienste na ander streke, buiten die Khomas-streek. Mans van 15 jaar en ouer is ook kwesbaar vir testikulêre kanker met 'n verhoogde risiko wat verband hou met onafgedaalde testikels. Kosmos 94.1 Nuus het met Hansen gesels.

    • 37 sec
    Grootste drywende boekskou tans in Durban

    Grootste drywende boekskou tans in Durban

    Die wêreld se grootste drywende boekskou is in Durban, en sal ook in Julie by die Walvisbaai-hawe vasmeer. Die MV Logos Hope-skip sal boek-geesdriftiges van Woensdag tot die tweede van volgende maand by die Nelson Mandela-terminaal verwelkom. Die vaartuig het die stad laas in Maart 2016 besoek. Die woordvoerder vir die eThekwini-munisipaliteit, Gugu Sisilana, sê Durban Toerisme sal die boekskou gebruik om die stad as 'n wêreldklas-bootvaart-bestemming te bevorder.

    • 19 sec
    Nuwe tegnologie 'kan werk verseker'

    Nuwe tegnologie 'kan werk verseker'

    Daar het vanjaar 6 900 studente gegradueer aan die Universiteit van Namibië en die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie. Daar word al voor die grade-plegtighede gevra wat van die studente gaan word, en waar hulle gaan werk kry. Kehad Snydewel, die besturende direkteur van Green Enterprise Solutions, het 'n oplossing en sê toekomstige studente moet die kanse wat nuwe tegnologie bied met altwee hande aangryp. Dit sal volgens hom na meer werksgeleenthede lei. Snydewel is aan die woord.

    • 31 sec
    Hommeltuig-opleiding 'noodsaaklike vaardigheid vir toekoms'

    Hommeltuig-opleiding 'noodsaaklike vaardigheid vir toekoms'

    AfriForum se Veiligheidstudie-trust sê hommeltuig-opleiding bied nie net ʼn opwindende nuwe rigting vir studente nie, maar is ʼn noodsaaklike vaardigheid wat in die toekoms al belangriker gaan word. Die organisasie het verlede week sy eerste Skerpskut-skietgeleentheid buite Pretoria aangebied. Die geleentheid bied elke jaar aan sowat ʼn dosyn studente toegang tot die snelgroeiende wêreld van hommeltuig-tegnologie asook tientalle loopbaanmoontlikhede. Jacques Broodryk van AfriForum sê die trust slaan ʼn nuwe rigting in met hommeltuig-opleiding.

    • 21 sec
    Napso-sportweek 'n dawerende sukses

    Napso-sportweek 'n dawerende sukses

    Die Namibiese Privaatskole-organisasie, Napso, se sportweek het sopas by die privaatskool Elnatan in Stampriet plaasgevind. Sowat 3 600 leerlinge van 21 privaatskole in Namibië het deelgeneem aan Onder-7 tot Onder-19 rugby, netbal en hokkie, asook in skaak-, tennis- en boogskietkompetisies. Wouter Niehaus, die uitvoerende hoof van Napso, het met Kosmos 94.1 Sportnuus oor die sportweek gesels.

    • 33 sec
    MIV, Vigs-oordrag van moeders na kinders al hoe beter bekamp

    MIV, Vigs-oordrag van moeders na kinders al hoe beter bekamp

    Sedert 2003 het die Verenigde State se program in Namibië, Pepfar, die MIV en Vigs getalle drasties laat afneem. Volgens die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula het Namibië baie goeie vordering gemaak met die bekamping van MIV en Vigs-oordrag van moeders na kinders. Die minister het die aankondiging gemaak by die Afrika Gesondheid Arbeidsmag Beleggingsforum. Shangula lewer die statistieke.

    • 31 sec

Top Podcasts In News

Africa PolitiCast
The Sahel Post
The Charlie Kirk Show
Charlie Kirk
Carte Blanche: The Podcast
Carte Blanche
Podcast denníka Postoj
Denník Postoj
Ron Paul Liberty Report
Ron Paul Liberty Report
WorkLab
Microsoft