150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • News

Kry die nuus soos dit breek.

    Water uit Neckartal-dam vrygelaat

    Water uit Neckartal-dam vrygelaat

    Die weeklikse dam bulletin deur Namwater het aangedui dat meer as 4,3 miljoen kubieke meter water verlede week uit die Neckartal-dam vrygelaat is. Die dam is tans 83 persent vol. Keetmanshoop landelike kiesafdeling raadslid Willem Labuschagne sê daar is waarskynlik 'n versoek deur boere stroom-af van die dam en Namibia Wildlife Resorts gerig vir water in die Visrivier. Toeriste wat die Visrivier-canyon stap, sal ook baat vind by die water. Labuschagne het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

    • 31 sec
    Gesondheidsdepartement waarsku ouers oor hemofilie-tekens

    Gesondheidsdepartement waarsku ouers oor hemofilie-tekens

    Die Gautengse Departement van Gesondheid het op Wêreld-hemofiliedag ouers aangeraai om op te let vir vroeë tekens van hemofilie by kinders. Khutso Rabothata van die departement beklemtoon die belangrikheid daarvan om die simptome van hierdie oorerflike siekte te herken. Die departement poog om tydige diagnose en behandeling te verseker met gespesialiseerde klinieke wat in hospitale geplaas word. Hy sê die departement werk saam met die Hemofilie-stigting om verpleegpersoneel op te lei rondom vroeë opsporing.

    • 19 sec
    Arsenal veg om halfeindstryd van Kampioeneliga te bereik

    Arsenal veg om halfeindstryd van Kampioeneliga te bereik

    Sokker: Manchester City verwelkom Real Madrid vanaand vir die tweede ronde van hulle Kampioeneliga-kwarteindstryd, nadat die eerste ronde met sy hoë tellings op drie-elk geëindig het. Bayern Munich ontvang Arsenal in Duitsland vir die afhandelingsronde, met die stand op twee-elk. Die bestuurder van Arsenal, Mikel Arteta, sê hulle veg om die eerste keer in 15 jaar die halfeindstryd te haal.

    • 16 sec
    Christine Mboma reg vir Kip Keino Classic!

    Christine Mboma reg vir Kip Keino Classic!

    Namibië se ster-atleet, Christine Mboma, is op pad na Kenia waar sy by die Kip Keino Classic-byeenkoms in Nairobi gaan deelneem. Dit sal haar eerste verskyning op die atletiekbaan wees nadat sy behandeling vir verhoogde testosteroonvlakke ondergaan het. Sy het op 5 April by Wêreldatletiek toestemming gekry om aan amptelike kompetisies deel te neem, en sal aan die 100m-naelloop deelneem in Kenia. Kosmos 94.1 Sportnuus het met Henk Botha, Mboma se afrigter, gesels oor die komende kompetisie. Botha vergesel Mboma na Nairobi, en het tydens hul vlug gepraat.

    • 39 sec
    Bekende Marshal Ranger Naude gooi handdoek in

    Bekende Marshal Ranger Naude gooi handdoek in

    Die Namibian Marshal Rangers se Sean Naude, wat bekend is vir sy vrywillige reddingsdienste oral in Namibië met die noodambulansdiens, het handdoek ingegooi. Naude het die aankondiging op sy sosiale media platform gemaak en gesê ná 27 jaar van eie koste en moeite is hy klaar. Hy verkoop al sy bates en beplan 'n nuwe onderneming om 'n inkomste te genereer. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude gesels, wat sê dat hy steeds die 24/7 NamStrong-platforms sal bedryf om die nasie in te lig, te waarsku en by te staan.

    • 39 sec
    Privaatskole se fooie in parlement aangeroer

    Privaatskole se fooie in parlement aangeroer

    Nghidipohamba Hamata, 'n parlementslid van die PDM, het vroeër 'n mosie in die Nasionale Vergadering ingedien dat die regering voldoende hulpbronne moet gebruik sodat openbare skole ook soos privaatskole kan uitblink. Volgens Hamata moet die regering die belangstelling van wetgewers asook opvoedkundiges lok om die saak aan te spreek. Die kwessie is weer in die parlement aangeroer en die adjunkminister van hoër onderwys, Natalia Goagoses, sê die regering moet die Onderwyswet hersien om fooistrukture by privaatskole te reguleer.

    • 40 sec