150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • News

Kry die nuus soos dit breek.

    Nadal is bly hy kan nog speel

    Nadal is bly hy kan nog speel

    Die 22-malige Grand Slam-kampioen, Rafael Nadal, is bemoedig deur sy spel in die Barcelona Ope. Die 12-malige kampioen het in die tweede ronde met 7-5 en 6-1 teen die wêreld-nommer-elf van Australië, Alex de Minaur, verloor. Dit was die Spanjaard se eerste toernooi nadat hy weens ʼn besering drie maande buite aksie was. Stefanos Tsitsipas van Griekeland het die Australiër, Sebastian Ofner, in die ronde van 32 in Spanje met 6-4 en 7-5 geklop. Nadal sê hy is tevrede dat hy nog kan meeding:

    • 14 sec
    SA hersien migrasiebeleid

    SA hersien migrasiebeleid

    Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, sê die Kabinet het die finale witskrif oor die migrasiebeleid goedgekeur, wat daarop gemik is om burgerskap- en immigrasie-uitdagings aan te spreek. Die witskrif is daarop gemik om die Burgerskapswet en ander wette wat burgerskap en migrasie beheer, te hersien. Die beleid stel voor die 1951-Vlugtelingkonvensie moet hersien en moontlik onttrek word. Motsoaledi het op 'n nuuskonferensie beweer Suid-Afrika het in 1996 tot internasionale ooreenkomste toegetree sonder 'n duidelike migrasiebeleid:

    • 20 sec
    Oud-kinderadvokaat praat oor ma wat blykbaar kind verkrag

    Oud-kinderadvokaat praat oor ma wat blykbaar kind verkrag

    Die geval van 'n 37-jarige ma wat daarvan verdink word dat sy haar nege-jarige seun herhaaldelik verkrag het, het skokgolwe deur die land gestuur. Sy het die kind blykbaar ook gebrand as hy nie wou toegee nie en is aangekla van verkragting en aanranding. Sy is borg geweier in die Ondangwa-landdroshof. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van Ingrid Husselmann, oud-kinderadvokaat en bedryfshoof by die kantoor van die Ombudsman...

    • 40 sec
    Energie-kenner looi Opul, Namibië en olie

    Energie-kenner looi Opul, Namibië en olie

    Opul en sy vennote vry erg na Namibië om 'n lid van die groep te word, na die groot olie-ontdekkings in die Oranje-bekken. Namibië kan die vierde grootste Afrika-produsent van olie word wanneer die miljarde vate getap word. Chris Yelland, 'n energie-ontleder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy reaksie hierop gegee. Volgens Yelland is olie 'n hoërisiko-onderneming en Opul is 'n kartel, en Namibië moenie op die oliebedryf fokus nie.

    • 40 sec
    Dis weer tyd vir bateverklarings in die parlement...

    Dis weer tyd vir bateverklarings in die parlement...

    Die verklaring van bates is jaarliks ‘n uitdaging in die Nasionale Vergadering. Die sperdatum van 30 April word elke jaar uitgestel. Verlede jaar het slegs twee parlementslede, die United Democratic Front-president Apius Auchan en visepresident Dudu Murorua, hul bates verklaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die parlement se senior inligtingsbeampte, Rafael Hangula, gesels oor of die lede al hul bateverklarings begin indien het.

    • 20 sec
    Kampioeneliga: Koebaai aan City en Arsenal

    Kampioeneliga: Koebaai aan City en Arsenal

    Die 14-malige wenners van die Kampioeneliga, Real Madrid, het die heersende kampioene, Manchester City, met strafdoele geklop en op 4-3 uitgeskakel in hulle tweede kwarteindronde-wedstryd by die Etihad-stadion. Die wedstryd het met een elk geëindig en die spanne was gelykop met vier elk in totaal, waarna Antonio Rudiger die wendoel aangeteken het. In Duitsland het Joshua Kimmich se doel aan Bayern Munich ʼn oorwinning van een-nul teen Arsenal besorg en ʼn totale sege van drie-twee. Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, het sy teleurstelling uitgespreek:

    • 17 sec