149 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • News

Kry die nuus soos dit breek.

    Sekerheidstoelae-uitbetalings en sensusgetalle stem nie ooreen

    Sekerheidstoelae-uitbetalings en sensusgetalle stem nie ooreen

    Arbeidskenner Herbert Jauch het kommer uitgespreek oor die afname in uitbetalingsbedrae en begunstigdes van maatskaplike sekerheidstoelaes.
    Hierdie is kommerwekkend as jy kyk na die jongste bevolkingsensus getalle en volgens Jauch is die uitbetalingsbedrae teenstrydig met die statistieke wat onlangs vrygestel is deur die Namibië Statistieke Agentskap. Jauch meen dit is ongewoon in ‘n steeds groeiende bevolking.

    • 39 sec
    Leinster mik na boonste plek

    Leinster mik na boonste plek

    Leinster is op koers om hierdie seisoen twee trofeë te verower. Hulle het reeds ‘n plek bespreek in die eindstryd om die Kampioenebeker teen Toulouse maar fokus nou hulle aandag op die Ospreys en die geleentheid om weer boaan die Verenigde Rugbykampioenskap te wees. Die voormalige Springbokafrigter, Jacques Nienaber, is nou deel van die afrigtingspan van Leinster. Volgens hom sal hulle nie die Ospreys onderskat nie.

    • 18 sec
    EHRA se klein Mimi bring vreugde

    EHRA se klein Mimi bring vreugde

    Die Elephant Human Relations Aid-groep het in Maart 2024 die aankoms van 'n kosbare nuwe baba-olifant in die Huab-rivierstreek verwelkom. Hierdie skattige kalfie is die nuutste toevoeging tot die H2-trop – ook bekend as Rosy se trop. Rachel Harris, Besturende Direkteur van EHRA sê klein Mimi het reeds die wêreld met nuuskierigheid en vreugde verken. Harris pleit by die publiek om nie die olifante in die gebied te nader nie en doen ‘n beroep op inwoners om hul kantoor te kontak wanneer hulle ‘n olifant gewaar. Die droë toestande in die gebied veroorsaak dat olifante die gebied binnekom wat mens-wild konflik veroorsaak.

    • 38 sec
    Namibiese landbousektor ondersoek nuwe uitvoer geleenthede

    Namibiese landbousektor ondersoek nuwe uitvoer geleenthede

    In 'n poging om Namibië se landbousektor te versterk, loods die handel-ministerie, ‘n reeks bewusmakingswerksessies getiteld "Support to Fruit and Vegetables Value Chain".
    Hierdie sessies is in samewerking met die Namibiese Landbouraad en is deel van die EU-Namibië Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms.
    Die inisiatief is daarop gemik om Namibië se posisie in die globale landboumark te bevorder, en om die mededingendheid van Namibië se vrugte- en groenteprodusente te verbeter deur nuwe uitvoergeleenthede in die EU-mark te ondersoek. Elijah Mukubonda, die woordvoerder by die Ministerie van Handel, beklemtoon die belangrikheid van die inisiatief.

    • 36 sec
    Windhoekers bespaar nie genoeg water nie

    Windhoekers bespaar nie genoeg water nie

    Lede van die publiek het na sosiale media gestroom oor vuil water wat uit krane kom. Dit kom nadat Stad Windhoek afgekondig het dat boorgat water tans benut word. Die nuutse statistieke dui aan dat die teiken vir water besparing is 422,877 kiloliters, maar tussen die periode van 30 April tot 6 Mei het die stad 492,399 kiloliters gebruik. Hierdie is aanduiding dat ons steeds bo die limiet is.

    Lydia Amutenya, woordvoerder van Stad Windhoek dui aan watter woonbuurte gebruik maak van boorgat water.

    • 33 sec
    Jeugwerkloosheid ‘n kwelpunt met opkomende verkiesing

    Jeugwerkloosheid ‘n kwelpunt met opkomende verkiesing

    Die verkiesing is om die draai en verskeie kwessies moet nog aangespreek word deur die politieke partye. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike aktivis gepraat, Sandy Tjaronda. Een van die probleme wat volgens Tjaronda aangespreek moet word is jeug werkloosheid. Die sentimente wat hy het volgens hom word gedeel deur verskeie werkers in die nie-regerings organisasies.

    • 33 sec

Top Podcasts In News

Global News Podcast
BBC World Service
Future Media News Bulletins
Namibia Future Media
The Matt Walsh Show
The Daily Wire
A Very British Cult
BBC Radio 4
FixSA
Moneyweb Radio
Wall Street Breakfast
Seeking Alpha