342 episodes

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

Radioteater RSG

    • Arts

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

    O, DIE DONKIE deur Pietman Geldenhuys

    O, DIE DONKIE deur Pietman Geldenhuys

    Die Pauw-tweeling (Jacques Bessinger en DeKlerk Oelofse) erf ’n plaas. Die padstal-duo (Richard van der Westhuizen en Anrich Herbst) vorm ‘n teenpool van blootstellings met die tweeling wat nie weet waar die klok se klepel hang nie. Rolanda Marais is die prokureur van die stad, wat die plaas toeken aan die metro-tweeling. Miché van Wyk is die barmhartige samaritaan op die platteland, met ‘n ondeundheid in haar. Die regisseur is Johan Rademan.

    • 45 min
    WRINGKRAG KINNERS deur Hein Henry Poole

    WRINGKRAG KINNERS deur Hein Henry Poole

    Op ‘n plattelandse dorp is daar ʼn diep geheim wat John Junior en Nessa gaan skok. Hulle ouers verkies om dit stil te hou, omdat dit regtig nie saak maak nie. John Junior, nes die res van die gemeenskap, is versot op vinnige motors. Junior kry ʼn geleentheid om by ‘n motorwerktuigkundige ‘n ambag te doen. By sy huis, sukkel hy om sy groot liefde uit die kloue van sy neef, ʼn groot bendeleier, te red. Wat dit moeilik maak, is dat sy ware liefde, Nessa, aan dwelms verslaaf raak, en hy alles in sy vermoë doen om haar te probeer red. Die polisieman is kop in een mus met die bendeleier. Die skok wat die ouers tref wanneer hulle sien hoe die lewe hulle kinders insluk, ruk die mat onder hulle voete uit. Die akteurs is Hein Poole, Veronique Jephtas, André Samuels, Lee-Ann van Rooi, Cole Wessels, Albert Maritz en Merlin Balie. Die regie is behartig deur Frieda van den Heever.

    • 49 min
    DIE WEGRAPING VAN TANNIE KLEINTJIE DU PREEZ deur Fanie Viljoen

    DIE WEGRAPING VAN TANNIE KLEINTJIE DU PREEZ deur Fanie Viljoen

    Tannie Kleintjie du Preez, die matriarg van die plaas Galilea, kry ’n onverwagse oorvalling by die hoenderhokke. Sy is met die helm gebore, en jaag almal op die plaas op hol want vandag, glo tannie Kleintjie, is dit die wegraping. Selfs die diere op die plaas is onrustig en kan dit aanvoel. Maar hoe maak mens gereed vir die wegraping? Sal dit werklik gebeur? Wie is gereed daarvoor, en wie nie? En hoe sal die persoonlike onderstrominge op die plaas die gebeure na ’n spits dryf? Met Joanie Combrinck, Dirk Stoltz, Barbara-Marie Immelman, Zenobia Kloppers, Chloe van Rooyen en Anton Treurnich. Die regisseur is Anrich Herbst.

    • 54 min
    DIE SPREEKKAMER deur Almero Welgemoed en Pietie Beyers

    DIE SPREEKKAMER deur Almero Welgemoed en Pietie Beyers

    Die kompleksiteit van mense se verhale wat in 'n sielkundige se spreekkamer ontvou, is unieke verhale met 'n universele tema - om te behoort, om veilig te wil wees, om lief te hê, om seer te kry. Dit is amper 'n afloer-ervaring, 'n kans om mense se verhale te hoor wat gewoonlik agter toe deure plaasvind. En hopelik vind die luisteraar hoop en empatie agter daardie deure. Die spelers is Anton Schmidt, Deon Coetzee, Heidi Mollentze, Erin Patience en Rico Immelman. Almero Welgemoed het oorspronklike musiek vervaardig vir die opname. Die regisseur is Pietie Beyers.

    • 51 min
    HAMLET deur William Shakespeare

    HAMLET deur William Shakespeare

    Hamlet moet sy pa, Ou Hamlet, se dood wreek. Hy word besoek deur sy pa se gees wat deurentyd by hom spook om die opdrag uit te voer. Dit bring Hamlet in konflik met homself, en deur die verloop van die drama speel sy kontrasterende emosies teen mekaar af tot ‘n klimaks wat op die grootste tragedie uitloop. Sy verhouding met familie, naastes en vertrouelinge is deel van die reis waarop Hamlet moet gaan in ‘n poging om sy vader se dood te wreek. Die spelers is Chris van Niekerk, Annette Engelbrecht, Johan Botha, Johannes Slabbert, Jan Cronjé, Joey de Koker, Jan Schutte, Lochner de Kock, Roelien Spruyt, Theo Conradie en Johan van Wyk. Die regisseur is Leon van Nierop.

    • 53 min
    DINK JY DAREM NOG AAN MY? deur Francois Bloemhof

    DINK JY DAREM NOG AAN MY? deur Francois Bloemhof

    Leandri kom per trein aan op die klein dorpie Stilwater. Die plan is om vir ’n onbepaalde tyd in Soes se losieshuis te bly om rus te vind ná onlangse gebeure in die stad. ’n Moord in ’n woning naby die losieshuis is egter net die begin van ’n reeks ontstellende situasies. Spoke uit die verlede sal ook binnekort by Leandri kom aanklop – met mening… Die spelers is Nadia Valvekens, Rika Sennett, David Louw, Claudia Jones, Botha Enslin, Zane Meas en Elzabé Zietsman. Die regisseur is Christelle Webb-Joubert.

    • 1 hr 4 min

Top Podcasts In Arts

Glad We Had This Chat with Caroline Hirons
Wall to Wall Media
Lecture du coran
Aelia Phosphore
Anime
Nino
Out To Lunch with Ade Edmondson
Sony Music Entertainment
Vidmate
Yohanes Piterson
Table Manners with Jessie and Lennie Ware
Jessie Ware

You Might Also Like

Middagvervolgverhaal
RSG
Kortom
RSG
Monitor
RSG
Spektrum
RSG
The Gareth Cliff Show
The Real Network
Global News Podcast
BBC World Service