16 episodes

Hierdie is van my eie preke, wat ek in gemeentes gelewer het. Mag u die seën van die Here en veral sy liefde en troos, in elkeen van hulle ervaar! Ons gaan ook Bybelstudies hier hou, waar u meer van die verstaan van tekste sal leer vanuit die Gereformeerde grondslag. Ons gaan ook aktuele onderwerpe hier bespreek, waarvoor gelowiges antwoorde soek, alles vanuit die Skrif.

Onderrig Vanuit Die Woord Dawid Nel

    • Religion & Spirituality

Hierdie is van my eie preke, wat ek in gemeentes gelewer het. Mag u die seën van die Here en veral sy liefde en troos, in elkeen van hulle ervaar! Ons gaan ook Bybelstudies hier hou, waar u meer van die verstaan van tekste sal leer vanuit die Gereformeerde grondslag. Ons gaan ook aktuele onderwerpe hier bespreek, waarvoor gelowiges antwoorde soek, alles vanuit die Skrif.

    Die Wat Hul Bekommernisse Op Christus Werp, Het 'n Toevlug Van Onuitspreeklike Sekuriteit

    Die Wat Hul Bekommernisse Op Christus Werp, Het 'n Toevlug Van Onuitspreeklike Sekuriteit

    Is u oor dinge in u lewe bekommerd? Miskien is u bekommerd oor die toestand in u land, die stygende pryse, of dalk is u bekommerd oor u gesondheid, of die welstand van u geliefdes. Die Woord kom bied vir ons in 1 Pet. 5, in besonder verse 7 en 10, uiters groot troos oor hierdie bekommernisse, 'n troos wat ons met groot blydskap kan weet geanker is in Christus.

    • 40 min
    Christus Roep Ons Op Om Ons Ore Te Sluit Vir Die Leuen En Te Open Vir Die Waarheid

    Christus Roep Ons Op Om Ons Ore Te Sluit Vir Die Leuen En Te Open Vir Die Waarheid

    Is ons almal een? IS alle godsdienste tog maar op die ou end die waarhied? Die Skrif kom antwoord hierdie vraag met duidelike riglyne vanuit 2 TIm. 4:1-5.

    • 40 min
    Bybelstudie Uit Jona 1

    Bybelstudie Uit Jona 1

    Meeste van ons, is goed bekend met die verhaal van Jona.  Die vraag wat ons vandag vir mekaar gaan vra is:  Wat presies was God se doel met die boek Jona?  Wat is die dieper betekenis van hierdie boek, in besonder, die bekende hoofstuk 1?

    • 24 min
    Die Voorbeeld Van Christus Roep Ons Op Om Te Volhard In Die Geloof

    Die Voorbeeld Van Christus Roep Ons Op Om Te Volhard In Die Geloof

    As ons diep gedelf het in die verskriklike lyding wat Christus vir ons moes deurmaak en boonop daaraan dink dat óns eintlik hierdie lyding verdien het, kan geen ware gelowige, onaangeraak bly nie ... Die vraag is nou: As ons dan nou hierdie onbeskryflike lyding van Chrisstus in ons plek aangehoor het, wat maak ons nou daarmee? In Hebr. 12, kom gee Christus vir ons duidelike riglyne om hierdie vraag re antword, wat in kort saamgevat kan word in die oproep: Volhard in die geloof. En ons kan vir seker wees: Christus sal ons deur sy Gees help om hierdie volharding 'n werklikhied te maak, want op ons eie, is ons tot niks goeds in staat nie!

    • 44 min
    Om Te Begryp Waarom Christus Moes Ly, Moet Ons Van Sy Sterwe Na Sy Opstandning Vorder

    Om Te Begryp Waarom Christus Moes Ly, Moet Ons Van Sy Sterwe Na Sy Opstandning Vorder

    Wanneer ons oor Jesus Christus praat, is dit 100% korrek om te sê die opstanding is die hoogtepunt van ons geloof.  Maar, net soos wat 'n mens nie reg laat geskied aan jou eie moeitevolle arbeid deur bv by matriek se "dankietog ek's klaar" te begin nie, laat ons ons nie reg aan Christus geskied as ons by die opstanding begin en vergeet teen watter peperduur prys, Hy in ons plek oorwin het nie.  Kom luister dus saam na Jes. 53, die OT beskrywing van die kruisiging en kom delf word opnuut in die verskriklike lyidng wat Jesus Christus in u en my plek moes duermaak, om op die ou end op te staan en ons sodeonde, met God versoen!

    • 42 min
    Die Bybel Leer Ons Die Hemel Is 'n Werklikheid

    Die Bybel Leer Ons Die Hemel Is 'n Werklikheid

    "Choo Thomas se boek, die hemel is 'n werklikheid, was vir my 'n oog-oopmaker."  Dít is die opmerking wat ek self, al by twee geleenthede moes hoor ...  Maar hierin lê 'n geweldige groot skeeftrekking en baie gevaarlike slaggat:  Die Bybel is blykbaar nie genoeg nie en skep skynbaar 'n baie vae, onverstaanbare en twfyelagtige beeled oor die hemel ... So ons het ekstra fabeltjies en storiejties oor mense se sg "ervarings" nodig ... Dit, geliefdes, is  hoegenaamd NIE die geval nie!  Kom luister gerus saam na die Woord van die Here, oor wat Openb. 21:1-8 te sê het oor die hemel.  Hierdie inlgting, sal selfs 'n klein kindjie kan bely, is méér as genoegsaam om die blye boodskap kristalhelder oor te dra:  Die Bybel leer ons die hemel is 'n werklikhied;  ons het NIKS anders, niks meer as dit, nodig nie!

    • 44 min

Top Podcasts In Religion & Spirituality

Noreen Muhammad Siddique
Muslim Central
Nader Abou Anas
Nader Abou Anas
Coran de Ton coeur
Zaynab - Coran de mon Coeur
La vie du Prophète Mohammad ﷺ
Mohammad ﷺ, le prophète de la miséricorde
Mosquée Mirail Toulouse
MMT
Saad al-Ghamdi
Muslim Central