127 afleveringen

Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

Eensgesind Klanklêers Eensgesind Klanklêers

    • Maatschappij en cultuur
    • 5,0 • 1 beoordeling

Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    Hensoppers en Joiners

    Hensoppers en Joiners

    REDE UIT DIE VERLEDE
    Net om die woorde “Hensoppers” en “Joiners” met betrekking tot die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) te hoor, maak baie mense warm onder die kraag. Net die gedagte dat ʼn medeburger die wapen opgeneem het om sy eie mense te dreig en in ʼn oorlog dood te skiet, is bykans ondenkbaar. Maar selfs die verraaiers in ons midde het hul eie unieke geskiedenis wat vertel moet word.
    In hierdie episode van Rede uit die verlede praat Emile en Johan oor die motiewe van sekere Transvaalse en Oranje-Vrystaatse burgers wat oorgegee het (Hensoppers) en die wat by die Britse magte aangesluit het (Joiners). Ook wat met hulle na die oorlog gebeur het, is deel van die gesprek.

    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    • 34 min.
    'n Gesprek oor Robey Leibbrandt

    'n Gesprek oor Robey Leibbrandt

    Rede uit die verlede
    Robey Sidney Leibbrandt is 55 jaar na sy dood steeds ʼn historiese figuur wat akademici en geskiedenisentoesiaste se aandag trek. Leibbrandt was ʼn komplekse persoon wat eenvoudig nie deur een bepaalde perspektief beskou kan word nie. 

    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    • 56 min.
    Washington en sy opvolgers

    Washington en sy opvolgers

    VSA/RSA
    Op 30 April 1789 word George Washington die eerste president van die Verenigde State van Amerika. Sedert sy presidensie het 44 verkose Amerikaanse burgers hom opgevolg. Elkeen was uniek en party kontroversieel. Binnekort moet die Amerikaners weer stem ten gunste van 'n tweede termyn vir die 45ste Amerikaanse president, of om nommer 46 kans te gee om te regeer.
    
    In hierdie episode van Rede uit die Verlede word die ampstermyne van sekere Amerikaanse presidente kortliks bespreek, naamlik John Adams (pa en seun), James Monroe, Abraham Lincoln, Andrew Jackson, Ulysses S. Grant, Teddy Roosevelt, Woodrow Wilson, Franklin Roosevelt, John F. Kennedy, Richard Nixon en Ronald Reagan.

    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    • 1 u. 26 min.
    Genadeloos: Die Yassiem Harris- en Sandra Smith-moordsaak

    Genadeloos: Die Yassiem Harris- en Sandra Smith-moordsaak

    DOSSIER
    Op 2 Junie 1989 word Sandra Smith na die galg gelei. Met die voltrekking van haar vonnis word sy die laaste vrou wat in Suid-Afrika die doodstraf gekry het. Op dieselfde dag is Yassiem Harris ook gehang omdat hy in 1986 ʼn wrede moord  saam met Smith gepleeg het.
    
    Sandra Smith was ʼn getroude vrou en ʼn ma van twee toe sy en Yassiem Harris mekaar ontmoet het. Omdat haar man gereeld uitstedig was, was dit maklik om ʼn buite-egtelike verhouding met Harris aan te knoop. Terselfdertyd het Yassiem ook ʼn verhouding met Jermaine Abrahams gehad, wat dalk die jaloesie in Smith laat ontketen het?

    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    • 24 min.
    Die opkoms en ondergang van Zola Mahobe: Soweto se Mr Cool

    Die opkoms en ondergang van Zola Mahobe: Soweto se Mr Cool

    DOSSIER
    Van 1983 tot 1987 het Zola Mahobe, bekend as Mr Cool, ʼn koninklike lewe gelei. Eens die eienaar van die bekende Suid-Afrikaanse sokkerspan, Mamelodi Sundowns, was dit hierdie seun van Soweto se droom om meer as net die NSL-trofee te wen.
    Met sy maatskappy, Power Promotions, was hy in die posisie om in die 1980's met die elite van Suid-Afrika om te gaan. Sy besigheidsportefeulje het stelselmatig uitgebrei, maar teen 1987 was die spreekwoordelike koeël deur die kerk vir Mr Cool.
    Waarom? Luister gerus na hierdie episode van Dossier.

    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    • 24 min.
    VSA/RSA: Deel 6

    VSA/RSA: Deel 6

    VSA/RSA: Deel 6
    Dit is September 1899 en die Amerikaners in Transvaal moet planne maak om uit die land te kom. Oorlog blyk onafwendbaar te wees en die Amerikaanse konsuls in Pretoria en Kaapstad moet hul burgers help om uit Transvaal te kom.
    Hierdie episode handel juis oor die redes waarom sekere Amerikaners in Transvaal besluit het om liewers pad te gee, as om aan die oorlog tussen die Boererepublieke en die Britse Ryk deel te neem. En natuurlik ook hoe hulle Transvaal verlaat het.
    Washington D.C. het natuurlik ʼn spesifieke beleid gehad met betrekking tot Transvaal en die Oranje-Vrystaat, terwyl beide state in ʼn oorlog teen die Britse Ryk gewikkel was. Dit word verduidelik om sodoende presies te bepaal wat die administrasie van president McKinley se beleid ten opsigte van die oorlog in Suid-Afrika was.

     Luister gerus verder:

    Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

    • 26 min.

Klantrecensies

5,0 van 5
1 beoordeling

1 beoordeling

Top-podcasts in Maatschappij en cultuur

De Jongen Zonder Gisteren
NPO Luister / WNL
Aaf en Lies lossen het wel weer op
Tonny Media
Zin van de Dag
NPO Luister / HUMAN
Kroegpraat
Liesbeth Rasker
Van Dis Ongefilterd
Atlas Contact / Adriaan van Dis
Redders op Zee
KNRM x Fisherman’s Friend