252 avsnitt

Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste.

Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding
Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke Gereformeerde kerk Bergbron

    • Religion och spiritualitet

Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste.

Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding
Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

    Sondag 12 Mei 2024 Stephan Briel

    Sondag 12 Mei 2024 Stephan Briel

    Lees: Mat 25: 14-30 (AFR53). 

    Fokus: Mat 25: 23-25. 

    Bybelse Rentmeesterskap. 


    ‘n Skeefgetrekte beeld van God en rentmeesterskap lei daartoe dat lidmate hulle talente begrawe en onbetrokke is in God se koninkryk – want hulle is bang. 
    Vrees om handel te dryf in God se koninkryk met my talente is baie keer eintlik teken dat liefde vir God by my ontbreek en dat ek maar net probeer om my eie lewe te red. 
    Die kruis van Christus is die antwoord op ‘n verkeerde Godsbeeld en die openbaring van wie God werklik is. 

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:


    Is rentmeesterskap gelyk aan kerklikebydraes? Verduidelik. 
    Watter invloed het ‘n skewe beeld van God op lidmate en hoekom? 

    • 45 min
    Donderdag 9 Mei 2024 Wayne Hoedemaker

    Donderdag 9 Mei 2024 Wayne Hoedemaker

    Ascension Day Matters

    Lees: Joh: 15:18 - Joh: 16:16

    • 42 min
    Sondag 5 Mei 2024 Stephan Briel

    Sondag 5 Mei 2024 Stephan Briel

    Lees: Mat 6: 19-34 en Ef 2: 8-10. 

    Fokus: Ef 2: 10. 

    God se voorsiening! 


    Ons hantering van geld wys duidelik wat ons begrip van rentmeesterskap is.
    Geld is nie boos nie, maar ‘n liefde vir geld (1Tim 6: 10). 
    Tov die voorsiening in ons behoeftes, leer Jesus spesifiek teen die ideë van saai en maai (Mat 6: 26). 
    Mossie-geloof: vertroue dat jou hemelse Vader in jou behoeftes sal voorsien eenvoudig uit genade en omdat Hy jou liefhet. 
    God se voorsiening: Provisie = Pro (voorvoegsel) + visie (stam) = vir/gunstig wees vir die Visie. 
    God het spesifieke goeie dade vir jou lewe beplan en voorberei op aarde waardeur Hy sy Koninkryk wil vestig (Ef 2: 10). 
    God sal uit genade en liefde die nodige middele voorsien om sy visie vir jou lewe (“goeie dade waarvoor Hy jou bestem het”) te bereik. 

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: 


     Hoe word die “saai en maai” beginsel misbruik in die kerk? 
    Is ons hemelse Vader se voorsiening in ons behoeftes afhanklik van ons finansiële saad wat ons saai? 
    Wat is die bepalende faktor vir God se voorsiening?(vgl Ef 2: 10) 
    Hoekom bestaan jy? Wat is jou skeppingsdoel?

    • 35 min
    Sondag 28 April 2024 Stephan Briel

    Sondag 28 April 2024 Stephan Briel

    Lees: Ef 2:1-10. 

    Fokus: Ef 2:10. 

    Ons is God se kunswerk vir sy visie met ons. 


    God beskou ons nou alreeds as sy meesterlike kunswerk in Jesus. Ons is sy kragtige en kreatiewe skeppingswerk. 
    God het ‘n spesifieke visie (plan en doel) om deur elkeen van ons sy koninkryk te vestig op aarde. 
    Dinge wat ons visie steel: Ontmoediging agv mislukkings; tyd; gees van Mammon en verwerping. 
    As jy ‘n fout maak, God is nog nie klaar met jou nie. Hy is besig om jou te verander na ‘n nuwe vlak van heerlikheid (vgl 2 Kor 3:18). 

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    Verduidelik verskillende maniere waarop skuldgevoelens ontstaan by gelowiges? 
    Wie is ons in Christus Jesus volgens ons fokusvers? 
    Waarvoor het God ons herskep in Christus Jesus? 
    Verduidelik die algemene dinge wat ons visie steel?

    • 36 min
    Sondag 24 April 2024 Stephan Briel

    Sondag 24 April 2024 Stephan Briel

    Lees: Jes 60:1-3 en 1 Joh 1:1 – 2:2. 

    Fokus: 1 Joh 1:6-7. 

    Die magtige teenwoordigheid van die Here het lig gebring(deel 2).


    God is in die lig en al sy optrede teenoor ons spreek van liefde. 
    God se liefde verander jou sodat jy nie meer sonde wil doen nie – want sonde is dade sonder liefde vir God. 
    Ons verhouding of gemeenskap met God kan getoets word aan ons gemeenskap met mekaar.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:


    Hoe is die profesie van Jes 60 op 3 vlakke vervul? 
    Hoe is gemeenskap met God moontlik? 
    Hoe weet ek dat ek werklik gemeenskap (verhouding) met God het? 

    • 39 min
    Sondag 31 Maart 2024 Stephan Briel

    Sondag 31 Maart 2024 Stephan Briel

    Lees: Joh 20:11-18. 

    Fokus: Joh 20:16,17. 

    Jesus bring ons tot opstandingsgeloof. 

     

    • 34 min

Mest populära poddar inom Religion och spiritualitet

Fråga Stjärnorna
Ebba Bjelkholm
Spökjakt På Riktigt – LaxTon Podden
Niclas Laaksonen & Tony Martinsson | LaxTon Ghost Sweden
Holy Crap Sverige
Holy Crap Podcast
Uppvaket
Uppvaket
Gateway
Oscar Panizza, Hans Oreheim & Charlotte Heart Diamond
Tankar för dagen
Sveriges Radio