90 avsnitt

Gesprekke oor narratiewe, idees, geloof en sommer net die uitdagings van om ’n mens te wees.

NARRATIEF MET BOUWER BOSCH BOUWER BOSCH

    • Samhälle och kultur

Gesprekke oor narratiewe, idees, geloof en sommer net die uitdagings van om ’n mens te wees.

    EPISODE 90: SOLOMON CUPIDO (AKTEUR, VERVAARDIGER, SKRYWER)

    EPISODE 90: SOLOMON CUPIDO (AKTEUR, VERVAARDIGER, SKRYWER)

    Solomon Cupido is een van ons land se juwele. Al kon hy 'n loopbaan as 'n professionele rugby speler gevolg het, het sy drome van stories vertel hom gelei tot 'n loopbaan in die teater, film en TV industrie.
    Ons gesels bietjie oor sy eerste rol in Egoli, sy liefde vir "feel good" stories en sy vriendskap met Bradley Olivier en hulle film Frankie en Felipe.
    Solly gesels eerlik oor verlies, geestelike welstand en sy pad vorentoe.
    As kollegas van Solly weet ons hoe briljant hy as mens, as akteur en nou as vervaardiger is.
    Frankie en Felipe is 23 Februarie in 'n bioskoop naby jou.

    • 2 tim. 1 min.
    EPISODE 89: DAN CORDER(5FM BREAKFAST HOST, TIKTOK TALKER)

    EPISODE 89: DAN CORDER(5FM BREAKFAST HOST, TIKTOK TALKER)

    Dan Corder is someone who's voice needs to be heard. Apart from his great radio voice, his views and opinions help shape and educate millions of listeners on a daily basis. Apart from being the host of the 5fm morning breakfast show, he makes incredible historical content on Tiktok and also has an amazing podcas called "The Issue with Dan Corder" where he has been sitting with heavy hitters like Mmusi Maimane and Herman Mashaba and talking about life and politics. Go check out Dan Corder on social media platforms and spread the word of this fun episode!

    • 1 tim. 20 min
    EPISODE 88: DUAN WANTY(AKTEUR & VERVAARDIGER)

    EPISODE 88: DUAN WANTY(AKTEUR & VERVAARDIGER)

    Duan Wanty het sy loopbaan begin met ‘n droom om ‘n akteur te word. Na sy drama graad by Tukkies het hy met sterre in sy oë die industrie probeer aanvat. Al het hy al verkynings gemaak in meeste van ons geliefde sepies, het Duan uiteindelik by sy ware droom arriveer toe hy deelgeneem het aan die Tropika realiteits-kompetisie. Van daar af het hy besef hy kan al sy akteurs-kennis gebruik om ‘n indhouds-regisseur vir realiteits programme te word en so sy droom van storie verteller uit te leef.
    Ons gesels met Duan oor die opwindende nuwe KykNet realiteitsprogram: “Die Brug” en sy interessante werk agter die skerms, sy grootword jare in die Oos Moot, en hoe hy glo mens moet altyd die deur vir opkomende storievertellers oop hou. Duan se vervaardiger werk is te sien in die riller-komedie “Thrift tot die Dood” wat hierdie jaar by die Silwerskermfees premiere het.

    • 1 tim. 21 min
    EPISODE 87: REGGIE PEACE (AKTEUR, SKRYWER, REGISSEUR)

    EPISODE 87: REGGIE PEACE (AKTEUR, SKRYWER, REGISSEUR)

    Reggie Hufkie is ‘n musikant, skrywer, regisseur en akteur. Reggie is in die proses om ‘n autobiografie te skryf, werk aan ‘n hele paar enkelsnitte en het onlangs, saam met Frankie Opperman die toekenning vir beste regie vir ‘n kort dokumenter by die Silwerskermfees ontvang vir hulle film - “Langafstand”. Reggie staan beter bekend as “Reggie Peace” op al sy sosiale media en musiek platforms; ons gesels met hom oor sy verlede, sy drome, sy liefdes en wat vrede waarlik vir hom beteken. As jy lus het om jou dag lekker te begin – gaan luister gerus Reggie se “Nuwe Lewe” – dit vang sy positiewe uitkyk en “aanhouer wen” gesindheid perfek vas.

    • 1 tim. 7 min
    EPISODE 86: MANDRI SUTHERLAND (AKTRISE & SKRYWER)

    EPISODE 86: MANDRI SUTHERLAND (AKTRISE & SKRYWER)

    Mandri Sutherland is ‘n aktrise, skrywer, en teatermaker. In die afgelope 2 jaar het Mandri die land verstom met haar een vrou vertoning; “Vrou Ens.” Mandri het besluit om nie langer vir goedkeuring te wag nie en haar teater stuk na mense se sitkamers, motorhuise en stoepe toe te vat – sy het die idee van ‘n “huiskonsert” ten volle aangegryp en gewys dat om stories te deel belangriker is as die plek waar jy die storie vertel.

    Mandri se verskeie karakters is ook te siene op haar gewilde sosiale media blaaie waar sy bekend staan as “Vroudrie”. As jy ooit ‘n video wat met “Hello Sussa” begin raak “swipe” – hou aan kyk want Mandri het ‘n manier om ‘n Afrikaanse tannie perfek vas te vang. Mandri hou van platform Crocs, see lug en haar fyn balans tussen spot, verstaan en respekteer maak seker sy vertel stories uit haar hart uit.

    Jy kan haar ook sien in die gewilde Magda Louw en die nuwe, opkomende reeks: Taktiek.

    • 1 tim. 15 min
    EPISODE 85: MEL DIE STORIEVERTELLER

    EPISODE 85: MEL DIE STORIEVERTELLER

    Mel is 'n inhoudskepper, komediant, skrywer en aktrise. Ons gesels oor haar aanslag tot stories, haar eenvrouvertoning waarmee sy tans besig is en hoe sy kritiek hanteer wanneer mense jou uit die bloute aanvat op sosiale media.

    • 1 tim. 20 min

Mest populära poddar inom Samhälle och kultur

30s in the City med Hanna och Stella
Podplay | Hanna & Stella
P3 Dokumentär
Sveriges Radio
Spöktimmen
Ek & Borg Productions
Måndagsvibe med Hanna och Lojsan
Podplay
Flashback Forever
Flashback Forever
Gynning & Berg
Perfect Day Media