256 episodes

Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste.

Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding
Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke Gereformeerde kerk Bergbron

    • Religion & Spirituality

Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste.

Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding
Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

    Sondag 16 Junie 2024 Stephan Briel

    Sondag 16 Junie 2024 Stephan Briel

    Lees: Mat 25: 14-30. 

    Fokus: Mat 25: 23-25. 

    Bybelse Rentmeesterskap (Deel 2). 

    Omdat God in Christus die Gewer van alle goeie gawes is, behels rentmeesterskap die volgende: 


    God hou ons verantwoordbaar vir die bestuur en aanwending van alles wat Hy aan ons toevertrou het. 
    Rentmeesterskap behels ‘n sin van dringendheid. 
    Kan ons funksioneer vanuit die vryheid van God se vertroue in ons en nie vanuit die vrees vir mislukking nie. 

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:


    Is rentmeesterskap gelyk aan kerklikebydraes? Verduidelik. 
    Wat is die verskil tussen ‘n bydra lewer en betrokke wees? 
    Lewe jy om nie te misluk nie; of lewe jy om te oorwin? Verduidelik die verskil?

    • 38 min
    Sondag 6 Junie 2024 Christiaan Mulder

    Sondag 6 Junie 2024 Christiaan Mulder

    Lees: Numeri 13 en 14

    Fokus: Numeri 14:1 – 4

    Vrees & God se plan vir elkeen van ons

    • 29 min
    Sondag 2 Junie 2024 Stephan Briel

    Sondag 2 Junie 2024 Stephan Briel

    Lees: Psalm 139. 

    Wie God is, laat jou na Hom toe vlug! 

    Net soos wat God se alwetendheid aanvanklik verwondering meebring vir die gelowige Psalmdigter, maar dan geleidelik plek maak vir verskrikking en benoudheid – ondergaan ons dieselfde gevoelens as ons met die alwetende God te doen kry. Waarom? Omdat ons nie geken wil wees nie, nie regtig nie. Ons diepste behoefte is om aanvaar te word, bemin te word. 

    In Christus verander die vrees egter in troos! Die besef groei dat dit nie nodig is om te vlug nie. Ons is van God. Ons is syne. Van die moederskoot af is ons sy maaksel. Hoekom sou ons ons skaam? Hoekom sou ons vrees? Ons hoef niks vir Hom te verberg nie. 


    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:


    Hoekom maak die Here se alwetendheid ons baie keer benoud? 
    Hoe verander ons vrees vir God se alwetendheid, alomteenwoordigheid en almagtigheid; in troos? 
    Wat doen die Heilige Gees skeppend in my lewe? 

    • 30 min
    Sondag 26 Mei 2024 Stephan Briel

    Sondag 26 Mei 2024 Stephan Briel

    Lees: Psalm 141 en Op 8: 1-5. 

    Fokus: Psalm 141: 1, 2. 

    Die krag en betekenis van opheffing van hande in gebed.


    Beproewing bring ook groot geloofsversoekings! En om hierdie versoekings te oorkom, vind Dawid sy krag daarin om met uitgestrekte hande te bid tot die Here! 
    Die OT offerdiens is vir ons ‘n afbeelding van wat in die geesteswêreld soos in die hemel gebeur. En dis interessant dat die wierookaltaar wat in die OT in die Heilige deel van die tabernakel gestaan het (Eks 30: 6), deur die Hebreërskrywer (9: 3, 4) in die NT verskuif is na die Allerheiligste deel. 
    In Openbaring 8 kry ons ‘n kykie agter die skerms – sien ons wat in die hemel gebeur terwyl ons hier op aarde met uitgestrekte hande bid: ons gebede bereik God in sy Allerheiligste hemelse troonsaal.
    Nadat ons gebede God bereik het, word die altaarvuur op die aarde uitgegooi. 
     So het Moses se uitgestrekte hande in gebed veroorsaak dat Josua die Amalekiete heeltemal verslaan het (Eks 17: 11-13). 
    Paulus moedig ook die opheffing van hande in gebed aan in 1 Tim 2: 8. 
     
    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:


    Hoe kan ons geloofsversoekings oorwin? 
    Hoe is die wierookaltaar ‘n afbeelding van wat in die hemel gebeur? 
    Wat is die betekenis van gelowiges se gebede in die hemel? 
    Wat is die betekenis van gelowiges se gebede vir die aarde? 
    Wat is die betekenis van uitstrek van my hande in gebed? 

    • 37 min
    Sondag 12 Mei 2024 Stephan Briel

    Sondag 12 Mei 2024 Stephan Briel

    Lees: Mat 25: 14-30 (AFR53). 

    Fokus: Mat 25: 23-25. 

    Bybelse Rentmeesterskap. 


    ‘n Skeefgetrekte beeld van God en rentmeesterskap lei daartoe dat lidmate hulle talente begrawe en onbetrokke is in God se koninkryk – want hulle is bang. 
    Vrees om handel te dryf in God se koninkryk met my talente is baie keer eintlik teken dat liefde vir God by my ontbreek en dat ek maar net probeer om my eie lewe te red. 
    Die kruis van Christus is die antwoord op ‘n verkeerde Godsbeeld en die openbaring van wie God werklik is. 

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:


    Is rentmeesterskap gelyk aan kerklikebydraes? Verduidelik. 
    Watter invloed het ‘n skewe beeld van God op lidmate en hoekom? 

    • 45 min
    Donderdag 9 Mei 2024 Wayne Hoedemaker

    Donderdag 9 Mei 2024 Wayne Hoedemaker

    Ascension Day Matters

    Lees: Joh: 15:18 - Joh: 16:16

    • 42 min

Top Podcasts In Religion & Spirituality

Tony Evans' Sermons on Oneplace.com
Dr. Tony Evans
Through the ESV Bible in a Year with Jackie Hill Perry
Crossway
Saved & Such Podcast
Saved & Such Podcast
De Ongelooflijke Podcast
NPO Radio 1 / EO
Daily Effective Prayer
Daniel - Prayer Warrior
I Don't Have Enough FAITH to Be an ATHEIST
Dr. Frank Turek