283 episodes

om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)

JanOosthuizen Jan Oosthuizen

    • Religion & Spirituality

om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)

    7 Dodelike Sondes en hulle Bybelse Teenmiddel

    7 Dodelike Sondes en hulle Bybelse Teenmiddel

    Tye verander maar SONDE is nog steeds net so vernietigend soos altyd! Sonde verwoes verhoudings, dit is direkte ABUSE van die mees kwesbare mense naaste aan jou. Niemand is sonder sonde nie. (Rom 3:23) In die volgende 7 weke gaan ons elkeen van hierdie sondes onder die soeklig van God se Woord plaas, maar ook die Bybelse TEENMIDDEL vind om dit te oorwin!

    Hoogmoed (Pride) NEDERIGHEID
    Gierigheid (Greed) VRYGEWIGHEID
    Afguns (Envy) VERGENOEGDHEID
    Luiheid (Sloth) TOEWYDING
    Woede (Wrath) SELFBEHEERSING
    Wellus (Lust) DANKBAARHEID
    Gulsigheid (Gluttony) SOBERHEID

    Hierdie week begin ons met HOOGMOED:
    https://hrco.co.za/preke/7-dodelike-s...

    • 46 min
    'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir Almal

    'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir Almal

    'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir AlmalOns is getuies van 'n merkwaardige verandering in Suid-Afrika – 'n nuwe era van samewerkende regering. (Regering Nasionale Eenheid)Ons het landwyd verenig in gebed en intersessie. Natuurlik moet ons aanhou bid dat die laaste stuiptrekkings van populistiese verdeeldheid nie die delikate eenheid en samewerkings-ooreenkoms laat verbrokkel nie. Wat is die pad vorentoe? Terwyl moderne ekonomiese stelsels (kapitalisme en sosialisme) geneig is om na uiterstes oor te slaan – kapitalisme wat individuele rykdom en markvryheid beklemtoon, en sosialisme wat kollektiewe eienaarskap en rykdomherverdeling voorstaan – bied die Bybel 'n middelpad. Hierdie benadering kombineer persoonlike verantwoordelikheid met gemeenskaplike mededeelsaamheid, en lê klem op die ontwikkeling van innerlike waarde en karakter. Ek sien in die geloof dat die Here besig is om ’n koninkryk-gedrewe Christus-waarde-gesentreerde - Praktiese PLAN in verskillende dorpe in Suid Afrika te vestig wat nie net praat oor oplossings nie, maar dit demonstreer!

    • 58 min
    8 Bestandele vir 'n Gesonde Lewe

    8 Bestandele vir 'n Gesonde Lewe

    ’n Gesonde lewe behels gesonde gewoontes! Ons sien in Jesus se lewe die perfekte balans om na liggaam, siel en gees gesond te wees, en God daardeur te verheerlik. Soos die bestandele in ’n sop is hierdie 8 fokus areas van wesenlike belang om gesond te wees en te bly. 1 Skakeling - Verhouding met God, self en naaste2 Oefening - Wat ons nie gebruik nie verloor ons 3 Rus - Slaap, afskakel, middagslapie 4 Voeding - Jy is wat jy eet5 Werk - Ledigheid is satan se oorkussing6 Leer - Bly voortdurend nuwe dinge bemeester7 Gee - Help en gee van jouself vir ander8 Speel - Geniet die lewe en ontspanhttps://hrco.co.za/preke/8-bestandele-vir-n-gesonde-lewe/

    • 43 min
    Sy HEERLIKHEID in gebroke kruike

    Sy HEERLIKHEID in gebroke kruike

    Die heerlikheid van die mens vergaan soos politieke partye kom en gaan… maar die heerlikheid van Christus IN en ONDER ons wat Hy deur Sy Gees in ons harte uitgestort het… kan nie vergaan nie!! Dit is die KRAG en WONDER van die NT Evangelie “goeie nuus” boodskap! Jesus die Hoop op heerlikheid. (Col 1:27) Hierdie koninkryk se heerlikheid kan nie geskud word nie (Heb 12:24) inteendeel die kom juis tot Sy volheid in swaarky en lyding. (2 Cor 4:17-18) Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee (Joh 17:22) KOM HIERDIE SONDAG EN DEEL JOU GETUIENIS en WORD VERSTERK DEUR ANDER SE STORIES VAN GOD SE HEERLIKHEID IN en ONDER ONS!! Notas: https://hrco.co.za/preke/sy-heerlikheid-in-aardse-kruike/#Fadingglory #EternalGlory #ChristWithin #JesusChrist

    • 54 min
    Hemel in Jou Hart / Die INNERLIKE Lewe

    Hemel in Jou Hart / Die INNERLIKE Lewe

    Hemel in Jou Hart / Die INNERLIKE Lewe.
    Ons innerlike lewe is 'n weerspieëling van ons verhouding met God en beïnvloed hoe ons die eksterne wêreld hanteer. Deur te fokus op aspekte soos selfgesprek, gesonde Christus gesentreerde selfbeeld, teenwoordigheid van gees, God-Binne-My-bewussyn, die gawes van die Gees, die vrug van die Gees kan ons 'n gesonde innerlike lewe kweek wat God verheerlik en ander seën.

    #InnerLife #ChirstWithin

    Notas:
    https://hrco.co.za/preke/die-innerlik...

    • 34 min
    God se droom oor die HEMEL

    God se droom oor die HEMEL

    Ons begeerte na die hemel, is meestal met 'n lens van, wat is in dit vir my? Gaan dit lekker wees? Pyn vrye sondelose bestaan klink mos immers hemels! Tog is dit duidelik dat die Hemel die kulminasie is van God se storie met die mens.

    En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie. En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ’n God wees, en júlle sal vir My ’n volk wees. (Lev 26:11-12)

    En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees en hulle vir my ’n volk wees. En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees. (Ezek 37:27–28).

    Skakel gerus in, om die laaste van hierdie reeks oor die HEMEL te luister.

    Preek Notas: https://hrco.co.za/preke/god-se-droom...#Hemel #Heaven #eternity #Hiernamaals #LifeAfterDeath #afterlife

    • 48 min

Top Podcasts In Religion & Spirituality

The Bible in a Year (with Fr. Mike Schmitz)
Ascension
Girls Gone Bible
Girls Gone Bible
Elevation with Steven Furtick
iHeartPodcasts
The Love and Respect Podcast
Emerson Eggerichs PhD and Jonathan Eggerichs PsyD
Daily Grace
The Daily Grace Co.
A Christian Podcast with Kevin Wilson
Kevin Wilson