150 集

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • 新聞

Kry die nuus soos dit breek.

    Mynbou-ekspo se doelwitte uiteengesit

    Mynbou-ekspo se doelwitte uiteengesit

    Die Kamer van Mynwese se uitvoerende hoof, Veston Malango, sê dat die sleuteldoelwitte van die 2024-uitgawe van die Mynbou-ekspo dieselfde is as in voorafgaande jare. Die ekspo en konferensie is geskeduleer vir 7 en 8 Augustus by die Windhoek Skougronde. Malango sê hulle wil bedryfskundigheid ten toon te stel, Namibiese entrepreneurskap aanmoedig en toekomstige mynboutalent inspireer deur skole-betrokkenheid. Malango brei uit.

    • 28 秒
    Tshwane 'kan nie Eskom-rekening van R4,9-miljard betaal'

    Tshwane 'kan nie Eskom-rekening van R4,9-miljard betaal'

    Die Stad Tshwane sê hy is van voorneme om in die nuwe 2024/2025-boekjaar sy skuldbetalings-ooreenkoms met Eskom af te sluit. Eskom se woordvoerder in Gauteng, Amanda Qithi, sê Tshwane het Eskom sowat 4,9-miljard Suid-Afrikaanse rand geskuld en daar is nog geen betaling gedoen of 'n skikkingsooreenkoms met die metro aangegaan nie. Qithi sê die stad kan nie sy lopende rekening met Eskom vereffen nie.

    • 19 秒
    Afrika-toerisme onder die loep by beleggingsforum

    Afrika-toerisme onder die loep by beleggingsforum

    Die Afrika Gasvryheid-beleggingingsforum is aan die gang by die Mövenpick Hotel in die hoofstad. Hierdie geleentheid is 'n belangrike mylpaal vir Namibië aangesien dit vir die eerste keer in Suider-Afrika gehou word. Namibië het verlede jaar die bod verkry om die forum aan te bied deur die pogings van die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling, NIPDB, wat ook dien as die geleentheid se gasheervennoot. Nangula Uandja, die raad se uitvoerende hoof, het die verwelkomingstoespraak gelewer en bygevoeg wat die persentasie is wat Afrika tot wêreldtoerisme bydra.

    • 39 秒
    Twee SA soldate sterf in DRK mortieraanval

    Twee SA soldate sterf in DRK mortieraanval

    Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het gister 'n dodelike mortieraanval op hul basis in Sake, Oos-Demokratiese Republiek die Kongo, bevestig. Die aanval het twee sterftes en twintig beserings tot gevolg gehad. Vier soldate is kritiek beseer en in die hospitaal opgeneem, terwyl dié met geringe beserings binnekort ontslaan sal word. Weermagwoordvoerder Siphiwe Dlamini sê die families van die oorledenes is ingelig en prosedures om hulle oorskot huis toe te bring is reeds aan die gang.

    • 19 秒
    Die belangrikheid van digitale geletterheid: Cran

    Die belangrikheid van digitale geletterheid: Cran

    Volgens 'n onlangse verslag het slegs 56 persent van Namibiërs internettoegang. Dit is gevolg deur 'n oproep vir meer pogings om universele konnektiwiteit te bewerkstellig. Digitale geletterdheid is 'n vaardigheid wat op alle lewensterreine vereis word. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië het 'n artikel gepubliseer oor die belangrikheid van digitale geletterdheid. Hilya Mhani, die owerheid se bestuurder van verbruikersverhoudinge en voorspraak, het meer.

    • 31 秒
    Mosie kom oor Suidwes-Afrika identiteitsdokumente

    Mosie kom oor Suidwes-Afrika identiteitsdokumente

    Binnelandse sake-minister Albert Kawana het in die Nasionale Vergadering aangekondig hy wil 'n wetsontwerp voorlê om huwelikseremonies te reguleer. Die mosie en die wetsontwerp sal in die komende dae meer breedvoerig verduidelik word. Kawana sê hy sal môre 'n mosie ter tafel lê om Namibiese burgerskap te gee aan enigiemand met die ou Suidwes-Afrika identiteitsdokumente.

    • 37 秒

熱門新聞 Podcast

聽天下:天下雜誌Podcast
天下雜誌
法客電台 BY 法律白話文運動 Plain Law Radio
法律白話文運動
敏迪選讀
敏迪
轉角國際新聞 Daily Podcast
轉角國際新聞 Daily Podcast
Global News Podcast
BBC World Service
☀️ 全球串連早安新聞|Morning Taiwan Glocal News
浩爾&小路