44 min

Episode 1: Agri Tegnologie-seminaar CaseCast

    • Management

Case IH het vroeër vanjaar ’n Tegnologie-seminaar op Dullstroom aangebied.
Die paneel het ingesluit prof. Ferdi Meyer (Besturende direkteur, Buro vir Voedsel- en Landboubeleid), dr. Theo de Jager (President, Wêreld Landbou-organisasie), Tony Esmeraldo (Besigheidsdirekteur, Corteva) en Derek Mathews (Voorsitter, Graan SA), en die onderwerp onder bespreking was die rol wat tegnologie kan speel om Suid-Afrikaanse boere meer volhoubaar te maak.
Volgens Jacques Taylor, Besturende Direkteur van Case IH, was die doel van die seminaar om ’n platform te skep vir die industrie om met mekaar te gesels, terwyl Federico Bellotto (CNH Industrial) bygevoeg het dat dit ’n inisiatief is om nader aan die verbruiker te beweeg.
In Episode 1 bespreek die paneel internasionale tendense, asook die vraagstuk rondom hoe tegnologie meer bekostigbaar gemaak kan word vir die gemiddelde boer.