In gesprek met Antjie Krog

NB Publishers

In hierdie episode hoor ons by Karen de Wet, die samesteller van 'n Vry vrou: Gedigte van Antjie Krog, asook by Krog self wat hierdie bloemlesing vir hulle beteken. Verder voer Helené Prinsloo 'n gesprek met Antjie Krog waarin sy gesels oor 50 jaar van digter wees en verskeie gedigte voorlees soos nét sy kan. Krog is ’n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar ’n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word. 'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet, kenner van Krog se oeuvre. 'n Vry vrou: Gedigte van Antjie Krog is beskikbaar by boekwinkels en aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798180511 Musiek: "Realness" deur Kai Engel (https://freemusicarchive.org/music/Kai_Engel/Better_Way/Kai_Engel_-_Better_Way_-_03_Realness) en "Hopes and Dreams" deur Kai Engel (https://freemusicarchive.org/music/Kai_Engel/Better_Way/Kai_Engel_-_Better_Way_-_05_Hopes_and_Dreams)

To listen to explicit episodes, sign in.

Stay up to date with this show

Sign in or sign up to follow shows, save episodes, and get the latest updates.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada