594 episodes

Luister na daaglikse potgooie met geloofsnadenke deur die teoloog en leraar, dr. Ronell Bezuidenhout. Jy kan beslis verwag om uitgedaag te word. Ronell se fokus is om “hoop” deur haar boodskappe bring. Die bedoeling daarvan is om jou te inspireer om elke dag bruisend aan te pak. Die kort potgooie word elke oggend vroeg gelaai. Luister op jou selfoon of enige rekenaar: dalk saam met jou oggendkoffie, op pad skool of werk toe, of selfs as jy net rustig in die natuur wil asemskep. Ronell sê sy skryf nie "dagstukkies" nie; sy bied daaglikse toerusting wat jou uitdaag om die "vaste kos" van geloof te verteer. "Die lewe is vir niemand maklik nie, maar dit hoef ook nie te wees nie! Jy het altyd 'n keuse hoe jy die lewe benader.” Hierdie meditasies wil jou help met daardie daaglikse keuses. Ronell is een van die eerste vroue-predikante van die NG Kerk. Haar beroepsroete het haar via Port Elizabeth (1990-2003) en Johannesburg (2003-2018) tot na die kusdorpie, Groot-Brakrivier, gebring, waar sy nou by 'n Lutherse gemeente in Rondevleihoogte betrokke is. Sy is 'n gevestigde skrywer, wat oorwegend aandag gee aan die interpretasie van antieke geloofsgewoontes vir moderne, besige mense. Vele boeke het al uit haar pen gekom. Sy bedryf ‘n groeiende digitale bediening, reis landswyd as gasprediker, retraite-aanbieder en geleentheidspreker en as 'n geloofsbegeleier ondersteun sy selfs mense buite Suid-Afrika.

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude Ronell Bezuidenhout

    • Religion & Spirituality

Luister na daaglikse potgooie met geloofsnadenke deur die teoloog en leraar, dr. Ronell Bezuidenhout. Jy kan beslis verwag om uitgedaag te word. Ronell se fokus is om “hoop” deur haar boodskappe bring. Die bedoeling daarvan is om jou te inspireer om elke dag bruisend aan te pak. Die kort potgooie word elke oggend vroeg gelaai. Luister op jou selfoon of enige rekenaar: dalk saam met jou oggendkoffie, op pad skool of werk toe, of selfs as jy net rustig in die natuur wil asemskep. Ronell sê sy skryf nie "dagstukkies" nie; sy bied daaglikse toerusting wat jou uitdaag om die "vaste kos" van geloof te verteer. "Die lewe is vir niemand maklik nie, maar dit hoef ook nie te wees nie! Jy het altyd 'n keuse hoe jy die lewe benader.” Hierdie meditasies wil jou help met daardie daaglikse keuses. Ronell is een van die eerste vroue-predikante van die NG Kerk. Haar beroepsroete het haar via Port Elizabeth (1990-2003) en Johannesburg (2003-2018) tot na die kusdorpie, Groot-Brakrivier, gebring, waar sy nou by 'n Lutherse gemeente in Rondevleihoogte betrokke is. Sy is 'n gevestigde skrywer, wat oorwegend aandag gee aan die interpretasie van antieke geloofsgewoontes vir moderne, besige mense. Vele boeke het al uit haar pen gekom. Sy bedryf ‘n groeiende digitale bediening, reis landswyd as gasprediker, retraite-aanbieder en geleentheidspreker en as 'n geloofsbegeleier ondersteun sy selfs mense buite Suid-Afrika.

    Dag 31 van Meditasie-reeks #Herbesoek

    Dag 31 van Meditasie-reeks #Herbesoek

    • 3 min
    Dag 30 van Meditasie-reeks #Herbesoek

    Dag 30 van Meditasie-reeks #Herbesoek

    • 3 min
    Dag 29 van Meditasie-reeks #Herbesoek

    Dag 29 van Meditasie-reeks #Herbesoek

    Thomas van Aquinas (13de eeu) was ‘n wyse man. (Immers het hy gesê, die beste raad vir jou hartseer is ‘n glas wyn, ‘n lekker warm bad, en ‘n goeie nagrus.) Hy het ook gesê dat God se bedoeling met mense was - en steeds is - om “die goeie in dinge te bewaar.”  (Of, soos Paulus lank voor hom reeds geweet: “Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad” - 1 Tess 5:21). 

    Alles wat van God kom; daarvan is ons die oppassers. (Dit leer ons uit die skeppingsverhaal: “bewoon en bewerk” beteken nie vernietigende heersers nie, wel versorgers namens God). Dit is ‘n ongelooflike gedagte: álles wat in jou gedagtes geskep word; en wat deur jou hande en woorde vorm aanneem, moet só gedoen word dat die volgende geslagte ook sal kan ontdek dat God die Goeie God is.  

    Met reg is (die meeste) mense in ons land geskok oor al die korrupsie! (Aquinas het gesê, “mense wat níé kwaad word oor onreg nie, pleeg self onreg.”) Dalk moet ons met dieselfde skok en afkeer nadink oor die “korrupsie van ons denke”? Of die “korrupsie van ons selfsug”!  Mag ons tevrede wees met ‘n lewenstyl van “maar okay’erig?” Of is dit werklik my passie om álles wat ek doen as “die beste” (vir God) te doen. Omdat God vir my “die beste” gee om in te woon en te werk. 

    Toe Petrus met Kornelius praat het hy gesê dat Jesus rondgegaan het en oral “goeie werke” gedoen het. Dieselfde Heilige Gees wat die krag vir Jesus se goeie werke was (Hand 10:38), het die vrug van goedheid (Gal 5:22) in ons nagelaat. 

    Vind vandag jou inspirasie oral waar jy goedheid van mense beleef. Daar ontdek jy afsplitsings van Die Goeie God. 

    GEBED:  Goeie God wat oral om my sigbaar is – maak my U afsplitsing sodat ander U in my kan ontdek.   

    POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    #Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag


    MUSIEK:  Op Dag 29 van ons reeks #Herbesoek luister ons na “I'll walk with God” gesing deur Marvin Kernelle met Erik Dippenaar as orrelis by die St. Andrew's Presbyterian Church, Somersetweg, Kaapstad.

    Uit die liriek:

    I'll walk with god
    From this day on
    His helping hand I'll lean upon
    This is my prayer my humble plea
    May the lord be ever with me

    https://youtu.be/axKEmfwLD2A

    • 3 min
    Dag 28 van Meditasie-reeks #Herbesoek

    Dag 28 van Meditasie-reeks #Herbesoek

    Charles Spurgeon, die groot 19de eeuse teoloog, het geskryf, 

    “Sonder die Gees van God kan ons niks doen nie; 
    ons is soos skepe sonder wind of waens sonder perde;
    soos takke sonder sap, is ons verdroog;
    soos kole sonder vuur, is ons nutteloos;
    ‘n offer sonder die offervlam."

    'n Maand in die nuwe jaar in en ons sien dit reeds om ons: mense wat “soos takke sonder sap” is. Ons sê dit soms selfs (veral so aan die begin van 'n jaar): “As ons nou reeds so voel, hoe gaan ons teen die einde van die jaar voel?” Vir sommige is die oorwerktheid al reeds 'n risiko; ander dobber weer rond met 'n doelloosheid. Passieloos – “kole sonder ‘n vuur.”  Ons raak maklik slawe van die lewe (wat nie maklik 'n “nee” wil aanvaar nie). Maar, daar is 'n erger slawedrywer:  wanneer daar niks is om voor “ja” te sê nie.  Beide veroorsaak by mense neerslagtigheid.

    Nie een van hierdie toestande kan die werk van die Heilige Gees wees nie!   Dit is die Heilige Gees wat ons inspireer om na ons stil binnekamers te gaan waar ons onsself afsonder om voor God te buig. Nooit kan ons so besig wees dat ons nie tyd het vir “tot-bedaring-kom” voor God nie. Gelykertyd is dit die Heilige Gees wat ons inspireer om van die rusbank af op te staan, en gewapen met ‘n handdoek, voete te gaan was van hulle wat moeg is.  

    “Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys,” bid die psalmdigter in Psalm 119:37. Dit is die gebed van ‘n mens wie se knielbankie van sy binnekamer blink deurgeslyt is, want so leer jy God se Stem ken. En dan opstaan en die deur oopstoot: gereed om lief te hê.      

    GEBED:  Inspireer my, Heilige Gees, om “nee” te sê vir die verkeerde en onnodige dinge en “ja” te sê vir die regte en die nodige.   

    KUNS :  Linda S. Schmidt, Pentecost, 1991. Kwiltwerk

    POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    #Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag


    MUSIEK:  Op Dag 28 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na die liriekvideo van MercyMe se lied “Even If”.

    Uit die liriek:

    They say sometimes you win some
    Sometimes you lose some
    And right now, right now I'm losing bad
    I've stood on this stage night after night
    Reminding the broken it'll be alright
    But right now, oh right now I just can't
    It's easy to sing
    When there's nothing to bring me down
    But what will I say
    When I'm held to the flame
    Like I am right now
    I know You're able and I know You can
    Save through the fire with Your mighty hand
    But even if You don't
    My hope is You alone

    https://youtu.be/7Z6mS_BHxg8

    • 3 min
    Dag 27 van Meditasie-reeks #Herbesoek

    Dag 27 van Meditasie-reeks #Herbesoek

    ‘n Lewe bruisend van geloof.  Of, stel dit anders: 'n geloof bruisend van lewe.  Daarvoor is ons bedoel.  Nie om die wêreld met ons geloof te “bepreek” nie, maar om die wêreld vanuit ons geloof te “bedien.” 

    Godsdiens het vir baie mense te make met “reg” doen, of “reg” lewe.  Maar, jy kan reg lewe (m.a.w. niemand skade aandoen nie), en steeds impliseer dit nog nie dat jy hulle lief het nie (aldus 1 Joh 3:18-19). Wanneer “reg” en “verkeerd” jou fokus is en nie liefde nie, raak godsdiens maklike ‘n ideologie.  Dit verdeel die wêreld in “ons” en “hulle.” Dit is hoe dit gebeur dat iemand soos 'n Gandhi kon sê, “Ek hou van julle Christus; maar ek hou nie van julle – die christene – nie.  Was julle maar soos die Christus wat julle verkondig…” 
     

    Só beskryf Paulus die lewe van 'n Christen:  “in Christus Jesus (is) ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het” (Ef 2:10).  Wat ons glo en hoe ons leef kan mekaar nie weerspreek nie!  Die twee is interafhanklik van mekaar.  Ek is 'n christen, daarom wy ek my aan goeie werke.  Nie omdat ons dink God ons dan liewer sal hê nie; maar juis ómdat God ons liefhet. Omdat God barmhartig is, is ons ook die versorgers van hulle wat barmhartigheid nodig het. Omdat God onreg nie verdra nie; staan ons ook op daar waar onreg in die samelewing gepleeg word. Soos Jesus, is ons liefde ook nie net woorde en lippetaal nie, maar word dit met die daad bewys, dan in opregtheid. Dit is die bewys dat ons “aan die ware God behoort” (1 Joh 3:18-19).


    Godsdienstige mense, daarvan het die wêreld báíe.  Maar nooit genoeg van mense wat hul lewe wy aan die goeie dade waarvoor hulle bestem is nie.
        
    GEBED:  Here, mag ek vandag my beste self vir U wees. Al meer, en al meer deur U Gees. 

    KUNS : Andrea Büttner,  “Dancing Nuns”, 2007

    POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    #Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag


    MUSIEK:  Op Dag 27 van ons reeks #Herbesoek luister ons na “Offer” deur Deon Meiring.

    Uit die liriek:

    As jy my siel uit trek
    En sien hoe splinter ek
    Kyk hoe is my swak plekke gevlek
    Daar's plek heers wat my breekbaarheid bedek
    Maar ook verkondig
    Versigtig waar jy raak ek val dalk uit mekaar
    So is ons almal maar of so hoor ek
    Sal ek my oë oop maak die balk weer kleiner saag
    En brandhout daarvan maak om my blinde kol te offer

    https://youtu.be/VZtDqf7LI3A

    • 3 min
    Dag 26 van Meditasie-reeks #Herbesoek

    Dag 26 van Meditasie-reeks #Herbesoek

    “God wil my nie spoggerig hê nie – God wil my nuut hê”,  só skryf Nadia Bolz-Weber, 'n Lutheraanse predikant in die VSA. Ons hou van spoggerig:  dit lyk soos paleise en *****hotelle – nie soos kripgeboortes nie.  Soos suksesvolle televisiepredikers - nie soos angsbevange dissipels wat hulle Rabbi verraai nie.  
    Maar, wanneer God nuut maak, dan vryf God nie blink nie.  God verander! Soos Bolz-Weber skryf, “Nuut-maak is morsig: dit lyk soos alkoholiste wat herstel” (en sal sy nie weet nie; immers is sy self ’n gereabiliteerde alkoholis wat ’n pastor geword het). “Nuut is die ding wat ons nooit sien kom het nie - nooit eers voor gehoop het nie - maar uiteindelik is dit alles wat ons nodig gehad het," verduidelik sy.
    Nuut lyk soos ’n land wat bloedneus-geslaan word deur politici, maar waar die mense “op straat” met liefde na mekaar kyk.  Dit lyk soos gewone mense wat slaggate reg maak – al hoef hulle nie; selfs in woonbuurtes waar hulle self nie eers bly nie.  Nuut lyk soos vyande wat mekaar leer ken en vrede met mekaar maak.  
    Jesaja het reeds eeue gelede daaroor geprofeteer: “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom…” (Jes 43:18-19).  
    Dit vra geloof om nuutheid te visualiseer. Veral waar dinge nou nog vir jou donker lyk en jy net aan God se belofte kan vashou.   
    God is in die “Besigheid van Nuwe Dinge Doen.” Ons is God se advertensieborde, want, soos ons ou mens saam met Jesus begrawe is; is ons nuwe mens saam met Hom uit die dood opgewek (aldus Rom 6:4).  
    Ons sien maklik die verkeerde dinge om ons raak. Mag ons oë oopgaan ook te sien dat God reeds besig is met vernuwing!
    GEBED:  Heilige Gees, maak van my 'n lewende advertensiebord vir die God van Nuutheid.
    .

    POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    #Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag


    MUSIEK:  Op die Dag 26 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na die video-opname van “Go The Distance” deur die One Voice Children's Choir.

    Uit die liriek:

    I have often dreamed of a far off place
    Where a heroes welcome would be waiting for me
    Where the crowds will cheer when they see my face
    and a voice keeps saying this is where I'm meant to be
    I'll be there someday I can go the distance
    I will find my way if I can be strong
    I know every mile would be worth my while
    When I go the distance I'll be right where I belong


    https://youtu.be/5xhDdTiHKoE

    • 3 min

Top Podcasts In Religion & Spirituality

Ascension
D-Group
Ascension
Joel Osteen, SiriusXM
Blaze Podcast Network
AccessMore & Candy Rock