34 episodes

Podcast by Harmonie Gemeente

Boodskappe uit die Woord Harmonie Gemeente

    • Religion & Spirituality
    • 5.0 • 3 Ratings

Podcast by Harmonie Gemeente

    Tweedehandse Geestelikheid, Rocco van Rooyen - 25 Julie 2021

    Tweedehandse Geestelikheid, Rocco van Rooyen - 25 Julie 2021

    Hierdie naweek is ons bevoorreg om ons Sondagboodskap van Rocco te hoor – al sit hy tans in Tokio by die Olimpiese Spele! Rocco sal van tyd tot tyd inloer.

    Rocco sê: As volgelinge van Christus, het meeste van ons waarskynlik al goeie pogings ingesit om alleentyd met God te spandeer, en tog sukkel ons. Want ons is almal besig. Maar, ons is slim, so ons maak planne, en deesdae is dit net soveel makliker – want ‘iemand ander’ kan mos vir ons ‘instaan’ in hierdie spasie.

    Dis tog per slot van rekening waarom ons predikers betaal? Of is dit nie waarom ons Christelike boeke lees nie? Ons kan mos sommer nét by hulle leer.
    Is dit jou ervaring, is dit hoe jy jouself geestelik voed, bou, groei, versorg?
    Is jou geestelike ervarings dalk so bietjie tweedehands?

    Ek wil jou graag uitdaag met hierdie gedagte: Sal dit goed wees vir jou siel as jy van die belangrikste aspekte van jou lewe oorgee aan iemand anders?

    Ek gaan vir jou ‘n paar belangrike “gereedskapstukke” gee om jou te help met ‘n Eerstehandse persoonlike ervaring saam met Jesus Christus!

    • 18 min
    Kweekhuis van die hart - Hugo Weich, 18 Julie 2021

    Kweekhuis van die hart - Hugo Weich, 18 Julie 2021

    Ons weet almal mens maai wat jy gesaai het. Dis ‘n natuurwet – dis nie onderhandelbaar nie.

    En tog, ons weet dit wanneer ons grond wil bewerk, maar is geneig om dit te vergeet wanneer ons ons hart bewerk.

    Ek gaan saam met jou bietjie aan ons harte dink as 'n kweekhuis. Indien die hart 'n kweekhuis is en ons gedagtes die saad, moet ons nie dan baie meer versigtig wees wat ons saai nie? Moet ons nie kieskeurig wees oor die saad wat ons in ons kweekhuis toelaat nie? Moet daar nie dalk selfs 'n wag by die deur wees nie?

    Hoe belangrik is dit dat ons ons harte moet bewaak?

    Spreuke 4:23 sê: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” Of soos dit in die Ou Vertaling staan: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.”

    • 21 min
    Hoe bly ek op koers? - Hugo Weich, 4 Julie 2021

    Hoe bly ek op koers? - Hugo Weich, 4 Julie 2021

    Hoe bly ek op koers?
    Om in die regte rigting te beweeg; om in God se plan vir jou lewe in te pas; terwyl jy doen wat jy graag doen, wat jy goed doen!

    • 21 min
    Jou beloofde land - Rocco van Rooyen, 27 Junie 2021

    Jou beloofde land - Rocco van Rooyen, 27 Junie 2021

    Met ons reis hier op aarde om uit te vind waar ons "beloofde land" lê ...die Land van Melk en Heuning wat God vir ons (Sy kinders) beloof om in te laat gaan wanneer ons in gehoorsaamheid stap…Daardie plek, letterlik of figuurlik, daardie deurbraak waarvoor jy wag en bid...gaan daar natuurlik ook allerhande beproewings wees, en dit is okay…weet jy, dis eintlik meer as okay!

    • 23 min
    Wat leer ek uit my beproewings? - Francois Mouton

    Wat leer ek uit my beproewings? - Francois Mouton

    Ons almal gaan op een of ander stadium in ons lewens deur moeilike tye.

    Miskien is dit jou huwelik, jou finansies, dalk is dit jou gesondheid. Wat jou beproewing ookal mag wees, een van die eerste vrae wat gewoonlik opduik wanneer `n mens daaroor praat is die volgende: “Wat is die doel daarvan in ons lewens?”

    In Jakobus 1 praat die apostel oor beproewings in die lewe en hy gee `n pragtige verduideliking oor hoekom ons as kinders van die Here hierdie moeilike tye in ons lewens moet ervaar.

    Ons gaan so bietjie kyk na Jakobus se raad hieroor - maar meer spesifiek, wat ons kan leer uit ons beproewings. Spurgeon het gesê: "So seker as wat God se kinders in die vuuroond beland, net so seker is Hy daarbinne by hulle!"

    Die diens sal Sondag oggend van 07:00 op al ons platforms beskikbaar wees.

    • 20 min
    Moenie so haastig wees nie! WAG!

    Moenie so haastig wees nie! WAG!

    Hugo Weich praat oor die onderwerp: Moenie so haastig wees nie, WAG!

    Maar, hoe wag ‘n mens op God? Hy’s dan altyd daar!
    Het ons nie dalk ‘n verkeerde perspektief nie?
    Is dit nie dalk eerder God wat besig is om vir ons te wag nie?

    Stel Hy nie dalk die vervulling van beloftes of antwoorde op gebede uit, omdat:
    Hy wag tot ons gehoorsaam word nie?
    Hy wag dat ons, ons eie agenda moet los nie?
    Hy wag, want Hy weet wat met my gaan gebeur, as ek nou die begeerte van my hart kry?

    Maar, een ding is baie duidelik uit die Woord; en met duidelike riglyne hoe ons op die Here moet wag, en dit gee tog die gerusstelling dat Hy verstaan. Hy ken die mens en God is aan die anderkant van ons wag!

    Psalm 27:14 “Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!”

    • 23 min

Customer Reviews

5.0 out of 5
3 Ratings

3 Ratings

Top Podcasts In Religion & Spirituality