
150 episodes

Francois van Rensburg GROOTfm 90.5
-
- Music
-
-
5.0 • 1 Rating
-
Vryheidliewend, passievol, selfaanwysend, nuuskierig, avontuurlik.
Francois van Rensburg weeksdae tussen 12:00 en 15:00
-
Lunch Punch: Regisseur praat oor Stella Murders dokumentêr
Suid-Afrikaanse regisseur, David Enright, het homself in ware misdaad gevestig met Devilsdorp, die reuse-treffer dokumentêre reeks wat een van Showmax se 10 mees gestroomde titels van 2021 was, internasionaal verkoop is en die 2022 SAFTA gewen het vir Beste TV-dokumentêr.
Sy tweede ware-misdaad dokumentêr, Stella Murders, word vandag, Vrydag, 17 Maart vrygestel.
Die langfilm Showmax Original dokumentêr ondersoek die dood van beste vriendinne Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16) by hul koshuis by Hoërskool Stella in Noordwes. Op Saterdagoggend, 26 Mei 2018, word Sharnelle aangetref gehang by die trap en Marna word in 'n badkamer ontdek. Is dit 'n dubbele selfmoord of 'n moord? -
Lunch Punch: Korrupte aanlyn-platforms
Het dit jou al oorgekom dat jy vir ‘n geleentheid deur middel van ‘n aanlyn platform kaartjies gekoop het en na die tyd vind jy uit die kaartjies is nie geldig nie… Ons gesels vandag oor hoekom gebeur dit, hoe gebeur en wat kan ons daaraan doen?
Gaste: Brandon Muller (vanuit Dubai), tegniese deskundige en konsultant: MEA, Kaspersky & Marné Schouwstra, Kommersiële bestuurder van SAIL Sport and Lifestyle Events (hulle is die amptelike kommersiële vennoot van die Blou Bulle Maatskappy), vertel meer. -
Lunch Punch: André Diederichs van FABASA oor Nalatenskap
Lunch Punch: André Diederichs van FABASA (Family Business Association of South Africa) oor Nalatenskap.
-
Lunch Punch: Leon van Nierop oor die 95ste Oscars
Die 95ste Oscar-toekennings was 'n seremonie gehou deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences op 12 Maart 2023, by die Dolby-teater in Los Angeles, ter ere van films wat in 2022 vrygestel is. Die geleentheid is in die VSA deur ABC uitgesaai en is vervaardig deur Ricky Kirshner en Glenn Weiss. Bekende Suid-Afrikaanse resensent, Leon van Nierop, vertel meer oor hierdie glansgeleentheid.
-
Lunch Punch: Vroue word weer bemagtig in SterStatus se nuwe seisoen
Vroue word weer bemagtig in SterStatus se nuwe seisoen.
-