
500 episodes

InVia Gemeente InVia Gemeente
-
- Religion & Spirituality
-
-
5.0 • 11 Ratings
-
InVia is a contemplative community based in Stellenbosch and Cape Town in the Western Cape. We passionate about the journey of transformation in wholeness.
-
"Wanneer Ek Op Soek Is Na Konneksie"... Plekke Waarheen Ons Gaan deur Theo Geyser
"In moeilike tye soek jy ‘n ware vriend. ‘n Konneksie dieper as kennis. Jesus vra sy dissipels om naby hom te wees aan die einde van sy lewe. Moeilike tye wys die Judasse in ons lewe uit, maar ook ware vriende wat ons lewe gee. In Moses se woestyntyd kom sy skoonpa tot sy redding. Die onmiddelike vraag is: Hoe is dit moontlik dat so 'n hartspasie tussen Moses en Jetro kan plaasvind?"
-
"Wanneer Ek Verliese Ly"... Plekke Waarheen Ons Gaan deur Theo Geyser
"Wat doen jy wanneer jy 'n swaar verlies ly? Na watter plek kan jy gaan? Jesus gaan na Getsemane. Hy belewe die verlies en pyn van vriendskappe, verraad, leuens, agterbaksheid en die afwesigheid van ondersteuning in sy moeilikste tyd.”...
-
"Wie Is Ek?"... Plekke Waarheen Ons Gaan deur Deon Meiring
"Wanneer dinge min of meer gaan soos wat ek gewoond is daaraan, is dit maklik vir my om te dink ek het nogal ’n greep op die lewe. Ek het darem ’n goeie idee van waar ek is, wie ek is en selfs wie God is. As alles in orde is kan ek maklik en gemaklik lewe. Eintlik word ek mak in my lewe.
Hoekom sou ek dan wou wildernis toe gaan? Wat wil ek maak in die woestyn as ek eintlik ’n netjiese, gerieflike tuin hier in my agterplaas het? Die wildernis is die plek waar ek so uit my diepte is, dat ek vreemd word vir myself en vir God." -
"Waar Was Jy...?" Belangrike vrae in die Bybel deur Frieda van den Heever
"Die boek Job, wat bestaan uit prosa en meestal poësie, is een van die grootste boeke wat ooit geskryf is oor gebed. Dit breek ons aannames en stereotipes oor wat dit beteken om met God te kommunikeer. Eers as ons Job se storie sien as ‘n reis na ‘n dieperwordende ontmoeting met God, kan ons waarlik omgaan met die oeroue vraag: “Hoekom laat God toe dat (goeie) mense swaarkry?” Dis ‘n storie wat eers ten volle sin maak vir diegene wat swaarkry ken, wat al teen die grond was, op ‘n plek waar God in der waarheid nie meer sin maak nie en waar ons nie kan glo “God het ‘n plan” nie."
-
"Het Jy Die Reg Om Kwaad Te Wees?..." Belangrike vrae in die Bybel deur Theo Geyser
"Baie van ons is nie net krities nie, maar ook kwaad. En dit vir ‘n baie goeie rede. Die bitter polarisasie in kerke en die regering, oneerlike selfsug, en afwesigheid van respek en deursigtigheid wakker die gode van wraak binne ons aan. Moet ons kwaad word?..."
-
"Wat Is In Jou Hand?..." Belangrike vrae in die Bybel deur Frieda van den Heever
"Die Bybel word dikwels opgetel om antwoorde te kry. God se antwoorde. En dit is daar. Duidelike antwoorde en beloftes. Daar is egter ook baie vrae. Vrae wat God vra. En meeste daarvan is nie retories nie. As ons met die vrae worstel en daarop antwoord met ons lewens, kan dit ons nader bring aan wie ons werklik is en in dieper vennootskap met God."...