202 episodes

Sakeman, Jacques Basson, gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin.

Klipkouers Potgooi Jacques Basson

    • Marketing

Sakeman, Jacques Basson, gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin.

    Klipkouers - ‘n Kersfees 2019 boodskap deur Jacques Basson

    Klipkouers - ‘n Kersfees 2019 boodskap deur Jacques Basson

    En daar is 2019 op sy rug! Dit is vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar besigheids- en persoonlike hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters – ek wens jou en jou geliefdes ‘n geseënde Kersfees en ‘n baie suksesvolle 2020 toe!

    • 13 min
    Episode 121: Jacques Taylor

    Episode 121: Jacques Taylor

    Jacques Taylor is die besturende direkteur van John Deere Sub-Sahara Afrika. Die man wat deur internasionale kenners bestempel word as ‘Afrika se Landboukenner’ gesels padlangs met my oor sy loopbaanpad, wat hom van die navraagtoonbank in die Bloemfontein-tak van Standard Bank geneem het na die vooruitstrewende boeregemeenskap van Schweizer-Reneke, die glanskantore van Johannesburg en Nigerië se welvarende landboumark tot, uiteindelik, die bestuurstoel van John Deere in Boksburg.

    • 41 min
    Episode 120: Alishia van Deventer

    Episode 120: Alishia van Deventer

    Alishia van Deventer is die stigter van die publisiteitsmaatskappy, Starburst Promotions. Van haar suksesvolle kliënte en projekte sluit in musikante soos ADAM, Joshua na die Reën, Bouwer Bosch en Die Heuwels Fantasties, asook films soos Pad na jou Hart, Leading Lady en Ballade vir ’n Enkeling. Sy vertel my o.a. van foute wat opkomende kunstenaars moet vermy.

    • 40 min
    Episode 119: Henk Pretorius

    Episode 119: Henk Pretorius

    Oud Egoli-akteur, Henk Pretorius, is die mede-stigter van Dark Matter Studios met kantore in Johannesburg en Londen. Hy het ‘n hele paar suksesvolle flieks op sy kerfstok wat o.a. die suksesvolle Bakgat! fliek trilogie, Leading Lady en Modder en Bloed insluit. Hulle benadering tot spanbou en “fliek finansiering” is uniek.

    • 29 min
    Episode 118: Hennie Ferreira

    Episode 118: Hennie Ferreira

    Osidon is die wêreld se eerste digitale Rekenmeester en gebore uit pyn en frustrasie nadat stigters, Hennie en Melissa Ferreira, 'n bloutjie geloop het met hul vorige digitale besigheid se Rekenmeester. Osidon automatiseer SME's se "compliance" vir boekhouding, belasting en menslike hulbron-bestuur en het baie aggressiewe groeiplanne wat Suid-Afrika, die VSA en VK insluit. Kom hoor hoe lyk die toekoms van boekhouding.

    • 29 min
    Episode 117: Annette Muller

    Episode 117: Annette Muller

    Daar is ‘n rede hoekom Annette Muller benoem is deur Forbes as een van Afrika se besigheidsleiers om dop te hou. Haar 2de en nuutste digitale besigheid, Flexyforce, stel besighede in staat om al hulle verskaffers en veral kontrak- en afstandwerkers effektief te bestuur en te betaal op een digitale platform. Die “Future of Work” het gearriveer in ons globale dorpie.

    • 28 min

Customer Reviews

Wynand Smit ,

Baie goed

Eks ñ jong Financial Advisor, en Life Coach al die podcasts is amazing. Het baie geleer so ver, ek het maar net weer besef suksess gebeur nie oornag nie.

Wingspan13 ,

Valuable Business advice!

Business in general is a tricky environment more so in South Africa.

The information you will get on these Podcasts will definitely be valuable for any entrepreneur!

reaanreaanreaanreaanreaanreaan ,

Maak verkeer korter

Klipkouers maak die verkeer korter en gee goeie besigheidsadvies vir entrepreneurs en voornemende entrepreneurs

Top Podcasts In Marketing

Listeners Also Subscribed To