316 episodes

Klipkouers se Sake Ondersteuningsnetwerk (SON) is ’n Private Afrikaanse Sakekamer en Besigheidspotgooi. Jacques Basson gesels gereeld met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin.

Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

Klipkouers is a Private Chamber of Commerce and Business Podcast. Jacques Basson regularly engages with Afrikaanse entrepreneurs and influencers to explore practical business and life advice.

Klipkouers Jacques Basson

    • Business
    • 4.6 • 46 Ratings

Klipkouers se Sake Ondersteuningsnetwerk (SON) is ’n Private Afrikaanse Sakekamer en Besigheidspotgooi. Jacques Basson gesels gereeld met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin.

Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com

Klipkouers is a Private Chamber of Commerce and Business Podcast. Jacques Basson regularly engages with Afrikaanse entrepreneurs and influencers to explore practical business and life advice.

    Episode 181: Giniel de Villiers

    Episode 181: Giniel de Villiers

    Giniel de Villiers is 'n legende in die motorsportwêreld en ‘n trots Suid-Afrikaanse produk.
    Tussen 1997 en 2000, wen hy die Suid-Afrikaanse Touring Car kampioenskap vier keer. In 2003 maak hy  'n indrukwekkende Dakar debuut met Nissan, deur in die vyfde plek  te eindig. Saam met Volkswagen, behaal hy 'n tweede plek in 2006 en 'n oorwinning in 2009.
    Met 'n loopbaan wat meer as twee dekades strek, is De Villiers 'n meester van konsekwentheid, met tallose Top 10 posisies en 15 podiumverskynings. As 'n hoeksteen van die Toyota Gazoo-span, spandeer hy baie van sy tyd om die Hilux te onwikkel in veral die Namibiese- en Kalahariwoestyn.
     

    • 1 hr 19 min
    Episode 180: André Koegelenberg & Johan Pool

    Episode 180: André Koegelenberg & Johan Pool

    André Koegelenberg en Johan Pool se lewens is op hul koppe gedraai toe ‘n gasontploffing in 2019 hulle elektriese winkel vernietig het. Na jare se harde werk om hul reputasie op te bou en ‘n kliëntebasis te vestig was daar net een ding om te doen: om oor te begin.  
    Die konsessiehouers van die ACDC Express in Worcester gesels oor hoe hulle in die bedryf beland het, die uitdagings wat hulle moes oorkom en die lesse wat hulle geleer het, asook hoe hulle slegs 10 dae na die ontploffing weer operasioneel was. Hulle deel ook besigheidswenke en wyshede vir jong entrepreneurs wat hulle danksy hulle 8 jaar in die bedryf geleer het.

    • 1 hr
    Episode179: ”Maak my ’n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie

    Episode179: ”Maak my ’n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie

    Ek het gesels met Roedolf van der Westhuizen, die Uitvoerende Hoof van Die MOS Inisiatief en Albert van Wyk oor entrepreneurskap. Ons het veral gesels oor Albert se televisiereeks op VIA "Maak my 'n Miljoenêr" Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, waar Hoërskool kinders wat hul eie besighede bedryf, meegeding het om die gesogte titel.
    Gaan luister gerus ook na die nuwe podcast reeks, Pot Vol Kennis, wat ek saam met die MOS Inisiatief aangepak het. Ons help jou om op ’n ander manier te dink oor onderrig en die toekoms van onderrig. 

    • 55 min
    Episode 178: Andrew Bartlett

    Episode 178: Andrew Bartlett

    Andrew Bartlett het sy eerste groot besigheid in telekommunikasie in Bloemfontein opgebou. 'n Kombinasie van te vinnige en te diverse groei, tesame met Covid as kersie op die koek, het gelei tot die ineenstorting van die besigheid. Sy Covid-storie begin in 'n diep, donker geestelike gat.
    Gelukkig is sy post-Covid-storie 'n nuwe begin met 'n nuwe vennootskap wat oa 'n gemeenskapsradiostasie, 'n nuwe ateljee, 'n nuwe podcast reeks, 'n nuwe mediahuis genaamd Miele Media, 'n UFC-klub, en selfs vriesbaddens en 'n hyperbaric oxygen chamber insluit. Dit was ‘n mondvol! Ek benodig suurstof!

    • 58 min
    Episode 177: Andries Mulder

    Episode 177: Andries Mulder

    "Wanneer jy oorweeg om sonpanele te installeer, is dit noodsaaklik om navorsing te doen oor die maatskappy wat jy van plan is om te gebruik, en te verseker dat die produk wat gebruik word in Suid-Afrika gediens kan word, anders gaan jy probleme ervaar," sê Andries, eienaar van die ACDC Express in Nelspruit.
    Andries het in verskeie bedrywighede gewerk, insluitend die klerebedryf, wegneemetes, en die petrolbedryf, voordat hy in die elektriesebedryf sy merk gemaak het.
    “Met 'n produkreeks van amper 36,000 in die winkel,” voeg hy by “is dit nie altyd maklik om by te bly met al die tegniese aspekte van alles nie, maar as ons nie dadelik 'n antwoord het vir ons kliënte nie, sal ons beslis die antwoord kry.”

    • 28 min
    Episode 176: Arnold Vosloo

    Episode 176: Arnold Vosloo

    My gas vandag in die ateljee is die legendariese akteur en Suid-Afrikaanse skat, Arnold Vosloo! As jy nie weet wie hy is nie, vermoed ek jy is nie regtig Afrikaans, Suid-Afrikaans, of selfs bewus van die internet nie. Arnold het vir die afgelope 33 jaar in die VSA gebly en Hollywood aan die praat gehad met treffers soos "The Mummy" en "Blood Diamond."
    Gelukkig vir ons is sy plan om elke jaar  vir ‘n paar maande te kom draai in Suid-Afrika om aan verkieslik “Afrikaanse projeke” te werk, se hy. Ons gesels oor sy grootwordjare, sy filmloopbaan, sy lewe in Amerika en sy nuutste drama, "Plan B”, wat geïnspireer is deur boekkarakters van Deon Meyer. 

    • 1 hr 26 min

Customer Reviews

4.6 out of 5
46 Ratings

46 Ratings

Jakhallas ,

Fantasties!!

Relevante besigheidsgesprek wat die daaglikse uitdagings, nuutste tegnologie, regs- en finansiële aspekte van entrepreneurs en sakemanne aanspreek.

Dit is 'n riem onder die hart om te weet ek is nie die enigste sondaar daar buite nie. Atyd lekker om te luister.

Baie dankie vir die program en julle moeite.

Andre Swart ,

Great content for all South Africans

I love the local content and the fact that it is relevant to all South Africans. Jacques is a skilled interviewer and his guests have great insight into SA’s business and entrepreneurial landscape. Dankie!

The Treadmill Guy ,

Fantastiese praktiese raad gemeng met wysheid!

Wonderlike werk wat jy doen Jacques. Wel gedaan. Lekker lig en gemaklik maar tog so insiggewend en prakties!

Top Podcasts In Business

The Diary Of A CEO with Steven Bartlett
DOAC
The Money Show
Primedia Broadcasting
Investec Focus Radio SA
Investec
VT Podcast “Ideas That Matter”
Africa Podcast Network
Think Fast, Talk Smart: Communication Techniques
Stanford GSB
Money Stuff: The Podcast
Bloomberg