31 episodes

Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel.
In hierdie podsendingreeks van 27 episodes word die elfde uitgawe van die AWS in detail bespreek deur verskillende lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In die eerste twee episodes word 'n algemene oorsig oor die AWS gegee; daarna word elk van die dele van die AWS in afsonderlike episodes bespreek. Die reeks word afgesluit met 'n vooruitskouende besinning oor die toekoms van standaardtaal en die AWS.

VivA Afrikaans-reeks: AWS (2017‪)‬ Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)

    • Education

Die eeufeesuitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is op 3 Augustus 2017 amptelik bekendgestel.
In hierdie podsendingreeks van 27 episodes word die elfde uitgawe van die AWS in detail bespreek deur verskillende lede van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In die eerste twee episodes word 'n algemene oorsig oor die AWS gegee; daarna word elk van die dele van die AWS in afsonderlike episodes bespreek. Die reeks word afgesluit met 'n vooruitskouende besinning oor die toekoms van standaardtaal en die AWS.

    1. Wat is die AWS?

    1. Wat is die AWS?

    Episode 1: Wat is die AWS? (Gerhard van Huyssteen).
    In die eerste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word twee vrae beantwoord:
    (1) Wat is die AWS?; en
    (2) Hoekom moet jy die AWS koop?
    In die episode word ook 'n oorsig oor die hele reeks gegee en wat luisteraars van en in die reeks kan verwag.

    • 21 min
    2. Hoe verskil die 2017-AWS van die 2009-AWS?

    2. Hoe verskil die 2017-AWS van die 2009-AWS?

    Episode 2: Hoe verskil die 2017-AWS van die 2009-AWS? (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die tweede episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die 2017-AWS met vorige AWS'e vergelyk. Ons gee 'n oorsig oor die belangrikste vernuwings in die 2017-AWS.

    • 32 min
    3. Voorwerk: Voorwoord, toeligting en gebruikersgids

    3. Voorwerk: Voorwoord, toeligting en gebruikersgids

    Episode 3: Voorwerk: Voorwoord, toeligting en gebruikersgids (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die derde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die voorwoord, toeligting en gebruikersgids bespreek.

    • 8 min
    4. Voorwerk: Grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van Afrikaans

    4. Voorwerk: Grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van Afrikaans

    Episode 4: Voorwerk: Grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van Afrikaans (Gerhard van Huyssteen). In die vierde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van Afrikaans bespreek. Drie vrae word beantwoord: (1) Vir wie is die grondbeginsels belangrik?; (2) Waar kom die grondbeginsels vandaan?; en (3) Hoe werk die grondbeginsels?

    • 34 min
    5. Hoofstuk 1: Afbreek van woorde

    5. Hoofstuk 1: Afbreek van woorde

    Episode 5: Hoofstuk 1: Afbreek van woorde (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die vyfde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die afbreek van woorde in Afrikaans bespreek. Is dit regtig nog nodig vir 'n hoofstuk oor hierdie onderwerp as woordverwerkers outomaties woorde aan die einde van die reëls afbreek? Ons bespreek ook die belangrikste beginsels met betrekking tot woordafbreking ("hyphenation").

    • 5 min
    6. Hoofstuk 2: Afkappingsteken

    6. Hoofstuk 2: Afkappingsteken

    Episode 6: Hoofstuk 2: Afkappingsteken (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die sesde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die afkappingsteken (oftewel apostroof) bespreek. Wat is die verskil tussen die afkappingsteken en die afbreekteken? En hoe verskil die gebruik van die afkappingsteken in Afrikaans en Engels?

    • 4 min

Top Podcasts In Education

The Subtle Art of Not Giving a F*ck Podcast
Mark Manson
The Mel Robbins Podcast
Mel Robbins
TED Talks Daily
TED
The Jordan B. Peterson Podcast
Dr. Jordan B. Peterson
After School Is After School With Sis G.U
Gugulethu Nyatsumba
How to Be a Better Human
TED and PRX