150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • News

Kry die nuus soos dit breek.

    Swart soldaatvlieg kan voedselsekerheid aanhelp

    Swart soldaatvlieg kan voedselsekerheid aanhelp

    Die swart soldaatvlieg is besig om opgang te maak as 'n manier om organiese afval in veevoer en organiese kunsmis te omskep met minimale water- en elektrisiteitinsette. Die vlieglarwes het 'n vurige eetlus en sal enigiets van verrottende vrugte tot mis en dooie diere verorber, selfs verwerkte kosse soos pizza! Teen die einde van sy larfstadium verander die vlieg in 'n 3cm-lange papie propvol proteïene, kalsium en ander voedingstowwe. Aangesien elke volwassene 200 tot 600 eiers lê, hoef net 'n paar papies gehou te word om die volwasse bevolking aan te vul. Die res word in ’n oond gebak en in die son gedroog om as ’n sleutelbestanddeel in hoender-, vark- of visvoer, of hoëgehalte troeteldierkos gebruik te word. Die Namibiër Sven Gruttemeyer, die eienaar en stigter van Biocycle, gebruik die swart soldaatvlieg om volhoubare voer vir diere en plante te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Gruttemeyer gesels, wat meer verduidelik.

    • 33 sec
    Maak so met myn-beleid om beleggings te lok

    Maak so met myn-beleid om beleggings te lok

    Namibië se posisie op die algehele mynwese beleggings-aantreklikheidsindeks het met drie punte verswak, van 59 in 2022 tot 56 verlede jaar. Dit is volgens die 2023 Fraser Institute se peiling van mynmaatskappye. Die president van die Kamer van Mynwese, Zebra Kasete, het kommer hieroor uitgespreek en sê die daling is te wyte aan mynboubeleid en regulasies. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lauren Graham, 'n ekonoom by die Kamer van Mynwese, oor watter aspekte van die beleid aandag sal verg.

    • 36 sec
    Wie betaal vir Nandi-Ndaitwah se reise - ek en jy?

    Wie betaal vir Nandi-Ndaitwah se reise - ek en jy?

    Die kantoor van die Otjozondjupa-streek se goewerneur onthaal vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah vanaand by Peace Garden in Grootfontein. Daar is glo sleutelareas van belang wat die goewerneur onder haar aandag wil bring. Nandi-Ndaitwah is egter ook vise-president van Swapo en 'n presidentskandidaat, en reis regoor die land in aanloop tot die verkiesing om haar manifes asook die van Swapo bekend te stel. Swapo sê hy het nie geld vir 'n buitengewone kongres nie, wat sommige lede wettiglik nastreef om 'n nuwe partypresident te kies. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat, wat wonder of Nandi-Ndaitwah se reise deur belastingbetalers of die party betaal word.

    • 35 sec
    Kampioenebeker-eindstryd soos 'n toets: Nienaber

    Kampioenebeker-eindstryd soos 'n toets: Nienaber

    Rugby: Twee reuse van Europese rugby meet Saterdag kragte in die eindstryd van die Kampioenebeker. Die Ierse span, Leinster, speel teen die Franse klub, Toulouse, in die Tottenham Hotspur-stadion in Londen. Toulouse is die suksesvolste klub in die geskiedenis van die toernooi met vyf oorwinnings, terwyl Leinster die beker reeds vier keer ingepalm het. Die gewese Springbok-breier Jacques Nienaber is nou die senior afrigter van Leinster en verwag die intensiteit van ‘n toets in die eindstryd teen Toulouse.

    • 18 sec
    Kleiner ondernemings kry groot hupstoot

    Kleiner ondernemings kry groot hupstoot

    Bank Windhoek het aangekondig dat hy die 200 miljoen Namibiese dollar wat aan die Klein- en Mediumgrootte Ondernemings Ekonomiese Herstel-leningskema toegeken is, ten volle benut het. Van hierdie bedrag is 192 miljoen dollar reeds uitbetaal, met die oorblywende 8 miljoen dollar wat goedgekeur is en binnekort uitbetaal sal word. Die leningskema is in Februarie 2023 herbekendgestel. Dit is 'n inisiatief deur die regering, ondersteun deur verskeie finansiële instellings, wat ontwerp is om broodnodige finansiële bystand te verskaf aan kleiner ondernemings wat onder die ekonomiese afswaai sedert 2016 gely het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bank Windhoek se hoof van klein- en mediumgrootte ondernemings, Bianca Janse van Vuuren, wat meer inligting gee.

    • 33 sec
    NWR, Napwu bereik ooreenkoms oor salarisse, voordele

    NWR, Napwu bereik ooreenkoms oor salarisse, voordele

    Namibia Wildlife Resorts en die vakbond vir staatswerkers, Napwu, het die ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding aangekondig, wat die salarisstruktuur vir werknemers in die bedingingseenheid sal verbeter. Alle werknemers in posgrade A1 tot D3 wat tans onder die minimum salarisskaal is, sal in lyn gebring word met 'n minimum 25 persent van die nuwe salarisskaal. 'n Aanpassing van 5 500 Namibiese dollar op behuisingstoelae sal oor 'n tydperk van drie jaar geïmplementeer word. By die aankondiging het Gideon Thomas van Napwu 'n verklaring gegee oor die jarelange ooreenkoms tussen hulle en die maatskappy.

    • 31 sec

Top Podcasts In News

Geopolitics & Empire
Geopolitics & Empire
Focus on Africa
BBC World Service
Podcasts from the Edge
TimesLIVE Podcasts
Africa Climate Conversations.
Sophie Mbugua
Global News Podcast
BBC World Service
The Lady Vanishes
7NEWS Podcasts