65 episodes

Jaco Strydom gesels met vreemde wesens oor eienaardige dinge

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom jacostrydom

    • Society & Culture

Jaco Strydom gesels met vreemde wesens oor eienaardige dinge

    Jaco Strydom gesels met Sharaine Steenberg wat in Nieu-Seeland woon

    Jaco Strydom gesels met Sharaine Steenberg wat in Nieu-Seeland woon

    “As dit maklik is doen jy dit verkeerd!” sê Sharaine Steenberg.
    “Na 8 jaar dink ek nog baie daaraan om eerder terug te gaan Suid-Afrika toe. Ons het getrek vir 'n toekoms vir ons kinders, en sodat ek naby my ma kan wees - hulle het ’n jaar voor ons getrek. Maar nou dat ek terugkyk, was dit regtig God se plan vir ons. My impulsiewe, en somtyds selfsugtige, neigings het gemaak dat ons op die vliegtuig geklim het, maar sonder om cheezy te wees, God is die een wat my hier hou.”
    Sy sê die groot besluit is op die ou einde nie om te trek nie, maar om te bly. Want ’n mens wil heeltyd weer terugtrek Suid-Afrika toe . . .
     
    Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
    Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
     
     
     
     

    • 23 min
    Jaco Strydom gesels met die mense van NetACT in Nairobi, Kenia

    Jaco Strydom gesels met die mense van NetACT in Nairobi, Kenia

    “Waarom doen ek dit? Liefde vir Afrika! En omdat God se liefde my dring. Ek ontdek soveel van myself, van ander mense en van God in hierdie betrokkenheid in Afrika,” sê Hannes Theron, die programkoördineerder van NetACT. 
    “Ek is eintlik 'n gerehabiliteerde pensionaris,” lag hy en vertel dat hy nooit gedink het hy gaan op sy ouderdom weer 'n draai in die akademie maak nie. Hy was onder andere voorheen predikant by Helderberg gemeente in Somerset Wes en is onlangs bevestig by NG Gemeente Constantia. 
    Ons gesels in die eetsaal van die Pan Africa Christian University in Nairobi. Saam aan tafel, is Nico Mostert en Daniël de Wet, ook dominees en, soos Hannes, ook deel van NetACT . . .
     
     
    Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
    Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
     
     

    • 31 min
    Jaco Strydom gesels met Peet Botma wat oor die Atlantiese Oseaan geroei het

    Jaco Strydom gesels met Peet Botma wat oor die Atlantiese Oseaan geroei het

    “My boot was rooi van die sand, so ook al die vlaggies op die dek, én my sonpanele. En dis nie goed nie! Want jy is ongelooflik afhanklik van die paar elektroniese goed op die roeiboot,” vertel Peet Botma. Dit was sy tiende dag op die Atlantiese oseaan, reeds meer as 700km van die naaste droë grond af. Daar was 'n sandstorm in die Sahara Woestyn en die Oostewind het dit die diepsee in gewaai. 
    Christopher Columbus draai sekerlik in sy graf om, het ek gedink toe ek dié storie hoor. 
    Hy sou dit eenvoudig nooit kon glo nie. Dat iemand presies dieselfde roete as wat hy in 1492 geseil het, oor die ganse Atlantiese Oseaan, manalleen, in 'n roeiboot sou roei! Net soos Columbus het Peet op die Kanarie Eilande naby Marokko weggespring en eers weer voet aan land gesit op die Karibiese eilande, 4800km verder, reg bokant Suid-Amerika - as gevolg van die seestrome en die wind moes hy op die ou einde meer as 5200km roei. Dit het 45 dae gevat . . .
    https://freedomrower.co.za/
    Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
    Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

    • 55 min
    Jaco Strydom gesels met Johan Erasmus

    Jaco Strydom gesels met Johan Erasmus

    Johan Erasmus is die leier van 'n geloofsgemeenskap genaamd, Dialogue Community, en een van die stigterslede van Betereinders. Hy vertel hoe hy na skool teologie wou studeer. Maar, soos dit daai jare op Potchefstroom gewerk het, moes hy eers 'n paar vrae van die kuratorium-ooms antwoord. Toe die een dosent vra, waarom hy teologie wil studeer, het hy geantwoord: “want ek wil sien of dit waar is.” Dit was die verkeerde antwoord, toe gaan swot hy geskiedenis en filosofie . . . 
    Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
    Meer oor Dialogue Community
     
    Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
     

    • 43 min
    Katleho Ncaphe

    Katleho Ncaphe

    "For me to be confirmed as the service minister in NG Kerk is the continuation of what God started before I was born. I am just becoming part of the big picture of God. One wagon of the laager has made space for those, who they used to only reach out too by going on outreaches, but were never included inside the laager. And this for me is the manifestation of God's divine grace. The language of the true kingdom is love that goes beyond color race or gender . . . "
    More about PEN Kerkbode

    • 24 min
    Maartje en Zander van der Westhuizen

    Maartje en Zander van der Westhuizen

    Maartje van der Westhuizen is pas verkies as assessor van die algemene sinode. Sy is  predikant by NG kerk Elarduspark. Zander is predikant by NG Gemeente Tygerpoort;  hy is 'n dominee, radio-omroeper by Groot FM, musikant, skrywer en dien op die Oostelike Sinode se SDR. Om net 'n paar dinge te noem . . .
    Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
     
    Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
     

    • 54 min

Top Podcasts In Society & Culture

Untitled with Mike and Shiko
Mike and Shiko
Woman Evolve with Sarah Jakes Roberts
The Black Effect and iHeartPodcasts
The Gareth Cliff Show
The Real Network
Focus on Marriage Podcast
Focus on the Family
A Better You by Fernanda Ramirez
Fernanda Ramirez
EmPowered Couples with The Freemans
Aaron & Jocelyn Freeman