150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • News

Kry die nuus soos dit breek.

    Namibiese sportminister: Kontaksport nie verbode in buiteland

    Namibiese sportminister: Kontaksport nie verbode in buiteland

    Die nuwe en gewysigde Covid-regulasies verbied kontaksport. Sportsoorte soos rugby, sokker, netbal en boks is voorlopig verbode. 'n Paar kontaksportatlete het al gekla wat is die punt daarvan om kontaksport op te skort as mense buite Namibië gaan deelneem? Hierdie klagtes kom nadat Namibiese boksers aan internasionale boksgevegte deelgeneem het, en onlangs het die afrigter van die Brave Warriors, Bobby Samaria, 'n span aangekondig vir die Cosafa-wedstryde en oefenkamp wat in Suid-Afrika gaan plaasvind. Die Namibiese sportminister, Agnes Tjongarero, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom atlete buite die land aan kontaksport kan deelneem.

    • 37 sec
    Haufiku: Pandemie moet nie verpolitiseer word

    Haufiku: Pandemie moet nie verpolitiseer word

    Daar is soveel samesweringsteorieë rondom die Covid-pandemie. Sommige meen die pandemie is verpolitiseer. Dr. Bernard Haufiku, wat deel was van die pandemie-reaksiekomitee van die Namibeise gesondheidheidsministerie, terwyl hy die presidensiële adviseur oor gesondheidsake was, is uit die pos verwyder. Dr. Haufiku sê politiek moet geen rol speel tydens 'n pandemie van hierdie aard nie.

    • 49 sec
    Suid-Afrika begin onderwysers inent

    Suid-Afrika begin onderwysers inent

    Suid-Afrika het vroeër vandag met die inenting van sy onderwysers en ander skoolpersoneel begin. Volgens die land se departement van basiese onderwys sal die gebruik van die een-dosis Johnson & Johnson-entstof help om so vinnig moontlik van die land se opvoeders volledig teen die virus in te beskerm. Inentings sou aanvanklik eers Vrydag begin. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.

    • 1 min
    VN verbind aan Libiese verkiesings in Desember

    VN verbind aan Libiese verkiesings in Desember

    Die Verenigde Nasies is daartoe verbind om die Libiese prosesse te fasiliteer ter ondersteuning van die skietstilstandooreenkoms, nasionale versoening en oorgangsgeregtigheid, asook die verkiesings wat op 24 Desember gehou word. Dit is volgens die VN se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, tydens die opening van die VN-Berlyn II-konferensie oor Libië.

    • 43 sec
    Stad Tshwane kry ongekwalifiseerde oudit

    Stad Tshwane kry ongekwalifiseerde oudit

    Die Stad Tshwane het die ouditeur-generaal se ongekwalifiseerde oudit van die raad se 2019-2020 finansiële verslag verwelkom. 'n Woordvoerder, Sipho Stuurman, sê dit is 'n bewys van die huidige administrasie se toewyding aan skoon bestuur. Die stad het onlangs finansiële uitdagings beleef as gevolg van die onwettige ampstermyn van die administrateurs wat die grootste deel van 2020 in beheer was. Stuurman sê die bestuurspan sal by die huidige wenresep hou.

    • 29 sec
    Namibiërs wil MTC se Netman met Mboma, Masilingi vervang

    Namibiërs wil MTC se Netman met Mboma, Masilingi vervang

    Namibiërs is so trots op die prestasies van die Namibiese top-atlete Christine Mboma en Beatrice Masilingi in Europa. Só opgewonde is Namibiërs dat hulle MTC op sosiale media versoek het om hul blou Netman-gelukbringer deur een van die meisies te vervang, omdat hulle glo die internet se spoed kan verhoog. MTC is bekend daarvoor dat hulle plaaslike presteerders ondersteun. Hulle het die goue medaljewenners van die Statebondspele Helalia Johannes en Jonas Junias met 50 000 Namibiese dollar elk vir hul uitsonderlike prestasies beloon. John Ekongo van MTC, deel sy opgewondenheid oor Mboma en Masilingi aan Kosmos 94.1 Nuus en wens hulle sterkte toe vir die komende Spele in Tokio.

    • 41 sec

Top Podcasts In News