150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • News

Kry die nuus soos dit breek.

    Kampioenebeker-eindstryd soos 'n toets: Nienaber

    Kampioenebeker-eindstryd soos 'n toets: Nienaber

    Rugby: Twee reuse van Europese rugby meet Saterdag kragte in die eindstryd van die Kampioenebeker. Die Ierse span, Leinster, speel teen die Franse klub, Toulouse, in die Tottenham Hotspur-stadion in Londen. Toulouse is die suksesvolste klub in die geskiedenis van die toernooi met vyf oorwinnings, terwyl Leinster die beker reeds vier keer ingepalm het. Die gewese Springbok-breier Jacques Nienaber is nou die senior afrigter van Leinster en verwag die intensiteit van ‘n toets in die eindstryd teen Toulouse.

    • 18 sec
    Kleiner ondernemings kry groot hupstoot

    Kleiner ondernemings kry groot hupstoot

    Bank Windhoek het aangekondig dat hy die 200 miljoen Namibiese dollar wat aan die Klein- en Mediumgrootte Ondernemings Ekonomiese Herstel-leningskema toegeken is, ten volle benut het. Van hierdie bedrag is 192 miljoen dollar reeds uitbetaal, met die oorblywende 8 miljoen dollar wat goedgekeur is en binnekort uitbetaal sal word. Die leningskema is in Februarie 2023 herbekendgestel. Dit is 'n inisiatief deur die regering, ondersteun deur verskeie finansiële instellings, wat ontwerp is om broodnodige finansiële bystand te verskaf aan kleiner ondernemings wat onder die ekonomiese afswaai sedert 2016 gely het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bank Windhoek se hoof van klein- en mediumgrootte ondernemings, Bianca Janse van Vuuren, wat meer inligting gee.

    • 33 sec
    NWR, Napwu bereik ooreenkoms oor salarisse, voordele

    NWR, Napwu bereik ooreenkoms oor salarisse, voordele

    Namibia Wildlife Resorts en die vakbond vir staatswerkers, Napwu, het die ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding aangekondig, wat die salarisstruktuur vir werknemers in die bedingingseenheid sal verbeter. Alle werknemers in posgrade A1 tot D3 wat tans onder die minimum salarisskaal is, sal in lyn gebring word met 'n minimum 25 persent van die nuwe salarisskaal. 'n Aanpassing van 5 500 Namibiese dollar op behuisingstoelae sal oor 'n tydperk van drie jaar geïmplementeer word. By die aankondiging het Gideon Thomas van Napwu 'n verklaring gegee oor die jarelange ooreenkoms tussen hulle en die maatskappy.

    • 31 sec
    Uitdaging in SA vir wintersonstilstand-swem

    Uitdaging in SA vir wintersonstilstand-swem

    Die Nasionale Seereddingsinstituut daag alle Suid-Afrikaners uit om die koue te trotseer vir 'n goeie saak deur deel te neem aan 'n wintersonstilstand-swem om noodsaaklike fondse in te samel. Die NSRI se woordvoerder, Andrew Ingram, sê soos die wintersonstilstand nader kom, met die langste nag van die jaar op 20 Junie, moedig hulle alle burgers aan om die koue te omhels en die terugkeer van langer dae met 'n verkwikkende swem-sessie te vier.

    • 19 sec
    Kaap bestee miljoene om sanitasie-spanne te beveilig

    Kaap bestee miljoene om sanitasie-spanne te beveilig

    Die Stad Kaapstad se direktoraat Water en Sanitasie sê onlangse misdadige optrede beklemtoon die gevare wat die personeel in hoërisiko-gebiede ondervind. Spanne het sedert Julie 22 kapings en 52 rooftogte in Khayelitsha, Philippi en Mfuleni ondervind. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê in die 2023/2024-boekjaar het die stad 8,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan begeleiding deur private sekuriteit bestee om spanne te beskerm:

    • 16 sec
    Waar sal Zanu-PF die geld vir voedselhulp kry?

    Waar sal Zanu-PF die geld vir voedselhulp kry?

    Kry die nuus soos dit breek.

    • 35 sec

Top Podcasts In News

Geopolitics & Empire
Geopolitics & Empire
Focus on Africa
BBC World Service
Podcasts from the Edge
TimesLIVE Podcasts
Africa Climate Conversations.
Sophie Mbugua
My Only Story | Season 2: Back to School
Media24
Global News Podcast
BBC World Service