150 episodes

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • News

Kry die nuus soos dit breek.

    Ministerie sal moet sê oor vermorsing - Kandjeke

    Ministerie sal moet sê oor vermorsing - Kandjeke

    Die geslagsgelykheid-ministerie het 328 900 Namibiese dollar betaal vir 'n pakhuis wat 11 maande lank leeggestaan het. Dit is volgens 'n ouditverslag deur die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, vir die boekjaar wat op 31 Maart geëindig het. Die pakhuis is in Prosperita, Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met Kandjeke gesels, wat 'n uiteensetting gee oor die volgende stappe wat geneem sal word. Die ministerie sal in die volgende boekjaar rekenskap moet doen oor of die geld verhaal is.

    • 36 sec
    SA-werkers vandag vereer

    SA-werkers vandag vereer

    Die Vereniging van Staatsamptenare herdenk Werkersdag met groot waardering vir werkers se onmiskenbare bydraes. Die vakbond sê die geleentheid simboliseer die voortdurende stryd vir werkers se regte en maatskaplike geregtigheid, met vakbonde wat 'n deurslaggewende rol speel. Hy gee erkenning aan werkers se uitdagings, insluitend swak lone en werksonsekerheid. Claude Naiker van die vereniging sê hy bly verbind tot die ondersteuning van werkers se regte deur gesamentlike bedinging, die bevordering van billike vergoeding en veilige werksomstandighede:

    • 16 sec
    Veiliger Bo Plaas maak weer oop,

    Veiliger Bo Plaas maak weer oop,

    Namibia Wildlife Resorts het die Bo Plaas-kampterrein langs die Oranjerivier heropen, met verbeterde sekerheid en opgradering van infrastruktuur. Na 'n tydelike sluiting verlede September weens voorvalle van roof wat Namibiese en Suid-Afrikaanse toeriste geraak het, het die oord veiligheidsverbeterings geprioritiseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nelson Ashipala, NWR-woordvoerder.

    • 40 sec
    Olie daal, maar alle oë op VSA sentrale bank

    Olie daal, maar alle oë op VSA sentrale bank

    Brent ru-olie het Dinsdag met meer as 2 persent geval en ‘n vat verhandel tans net onder 86 Amerikaanse dollar. Kommer oor die beweging van Amerikaanse rentekoerse en onderhandelings oor ‘n skietstilstand in Gaza dryf die prys af. Die Amerikaanse Federale Reserwebank sit sy besprekings oor die rentekoers vandag voort en sal dan ‘n aankondiging maak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, oor wat die Federale Reserwebank sal besluit.

    • 29 sec
    Werkers moet salarisstrokie noukeurig nagaan - Amupanda

    Werkers moet salarisstrokie noukeurig nagaan - Amupanda

    Kry die nuus soos dit breek.

    • 41 sec
    Werkers moet salarisstrokie noukeurig nagaan - Amupanda

    Werkers moet salarisstrokie noukeurig nagaan - Amupanda

    Werkersdag sal vandag in Rundu in die Kavango-Oos-streek gevier word onder die tema "Namibië-werkers verenig vir ekonomiese groei en ontwikkeling in die jaar van verwagtinge en verder". Die dag sal deur president Nangolo Mbumba waargeneem word. Volgens die presidentskandidaat Job Amupanda, in plaas daarvan om op Werkersdag na politici te luister, moet staatsamptenare die dag gebruik om hul salarisstrokies te bestudeer om te sien hoeveel die regering hulle skuld. Amupanda sê werknemers moet kyk na wat vir hulle belangrik is.

    • 38 sec

Top Podcasts In News

FT News Briefing
Financial Times
Weltspiegel Podcast
ARD Weltspiegel
Global News Podcast
BBC World Service
Stay Free with Russell Brand
Russell Brand
Today in Focus
The Guardian
Africa PolitiCast
The Sahel Post