150 episodes

KLETS is waar jy moet wees vir jou daaglikse dosis oor alles wat saak maak. Hier "beklets" ons van die grootste nuusgebeure en nuutste temas of tendense wat ons wêreld vorm. Ons "kletsers" is nie bang om 'n bietjie omstrede te wees nie, en "beklets" dinge vanuit 'n aweregse hoek waar jy soms sal dink, lag, dalk 'n traan pik maar verseker nie altyd sal saamstem nie. Kom klets saam op Afrikaans.Radio!

KLETS Afrikaans.Radio

    • Society & Culture

KLETS is waar jy moet wees vir jou daaglikse dosis oor alles wat saak maak. Hier "beklets" ons van die grootste nuusgebeure en nuutste temas of tendense wat ons wêreld vorm. Ons "kletsers" is nie bang om 'n bietjie omstrede te wees nie, en "beklets" dinge vanuit 'n aweregse hoek waar jy soms sal dink, lag, dalk 'n traan pik maar verseker nie altyd sal saamstem nie. Kom klets saam op Afrikaans.Radio!

    May Day! Ons is nou ook op YouTube!

    May Day! Ons is nou ook op YouTube!

    In vandag se KLETS gesels Colene en Matthys met bekroonde joernalis, Daniëlla van Heerden. Daniëlla loer in om te gesels oor haar podcast, "'n Ma en 'n Mikrofoon," wat binnekort ook op Afrikaans.Radio beskikbaar sal wees.

    Ons gesels oor alles van ouerskap en kinders grootmaak, tot 'n knippie politiek hier en daar.

    1 Mei het ons vanjaar met 'n paar ekstra verrassings verras, nie net May Day nie! Check ons uit op YouTube!

    Colene en Matthys soos gewoonlik baie om te sê oor wat als hier by ons in die suide van Afrika aangaan. Lekker bly en kyk mooi na die kinders!

    • 1 hr 40 min
    Wat's Nuus, Hoerkind?

    Wat's Nuus, Hoerkind?

    In die nuutste episode van KLETS, het ons 'n gevatte gesprek met die joernalis en konsultant, Camilla Bath, oor die evolusie van nuusdekking met die oog op die opkomende verkiesing.

    Colene deel ook haar onlangse avonture by Woolies en wonder of ons dalk vir Markus Jooste by Woolworths gaan betrap terwyl hy avokado's koop.

    Virgin Active is nou oopkop oor wie hulle badkamers gebruik – man of vrou of dit wat dink hul is een van die twee, almal is welkom. En in die polisiekantore, ons praat oor die behoefte aan mooi "Cox", maar dalk nie waar jy dit sou verwag nie maar Louis Liebenberg sal jou vertel waar kry jy die "hoerkinders" van Suid-Afrika.

    • 1 hr 39 min
    Wolke, Woorde, en Woke-ness

    Wolke, Woorde, en Woke-ness

    In vandag se KLETS worstel Matthys deur die mis van 'n wyn-brein om sy woorde te vind, terwyl Colene gelukkig op die ball is met al die vars stories.

    Is die toekoms van joernalistiek werklik so somber soos wat die Daily Maverick dit uitgemaak het op die 15de April 2024?" Die gesprek neem 'n draai na die onvermydelike onderwerp van "Woke-ness," wat, soos 'n bad joke, nooit regtig weggaan nie.

    Die weer in Margate is rebels en onvoorspelbaar, maar die Wimpy op die hoofstrand is blykbaar netso standvastig so Zuma op 'n kieserslys.

    Wat is die mees waardevolste handelsmerke in Suid-Afrika? Die antwoorde mag dalk verras!

    • 1 hr
    Van Reisplanne tot Rockstars

    Van Reisplanne tot Rockstars

    Vandag op KLETS gesels on met Ronell Swanepoel, Operationele Bestuurshoof van Travel with Flair, wat ons insig gee oor hoe om 'n reis behoorlik aan te pak.

    Sy deel die noodsaaklikhede van reisbeplanning, van die eerste stappe tot die afronding, insluitend wenke vir diegene wat die beste van internasionaal en ook in Suid-Afrika op 'n begroting wil ervaar. Ronell laat ons ook in op haar gunsteling reisbestemming en waarom dit so spesiaal is.

    In ander nuus, SAL is op 'n soek vir vars bestuursbloed - wat gaan jul bestuur? Eskom het vir 'n verandering die ligte aangehou vir 'n 13 dae. Maar, let's face it, ons almal wonder... vir hoe lank nog?

    En dan, Robbie Williams "hit" Suid-Afrika later die jaar. Is die suide punt van Afrika die nuwe hotspot vir music legends se final gigs?

    Let's get this show on the road!

    • 1 hr 24 min
    Ons is 1 Jaar Oud!

    Ons is 1 Jaar Oud!

    Glo dit of nie, maar KLETS en Afrikaans.Radio is een jaar oud! Dankie aan een en elk wat luister, deel, vir ons skryf en ons op ons tone hou. Ons waardeer jul ore en jul tyd. Hier is op die volgende jaar! Cheers!

    Die span be-KLETS vandag die Nosiviwe Mapisa-Nqakula rumoer – die storie wat almal se ore laat spits. Dr. Piet Croukamp kom wei uit met sy kennermening, wat beslis 'n paar wenkbroue gaan laat lig.

    • 1 hr 3 min
    Micki vang Moordenaars

    Micki vang Moordenaars

    In KLETS gesels die span met Dr. Micki Pistorius. Micki is 'n Suid-Afrikaanse forensiese sielkundige en skrywer. Sy was die eerste profielskrywer in Suid-Afrika wat aan baie hoë-profiel sake gewerk het, wat onder andere reeksmoordenaars insluit.

    Sy is bekend vir haar outobiografie, Catch me a Killer (2000), waarop 'n televisiereeks van dieselfde naam gebaseer was, wat in 2024 vrygestel is. Micki gesels met ons oor die reeks, reeksmoordenaars, en ander interessanthede.

    Verder vertel Colene waar jy die beste hot cross bun kan kry vir die paasnaweek en van 'n 103-jaar-oue tradisie in Frankryk.

    • 1 hr 24 min

Top Podcasts In Society & Culture

Between Two Beers Podcast
Steven Holloway & Seamus Marten
Stuff You Should Know
iHeartPodcasts
The Louis Theroux Podcast
Spotify Studios
Saturday Morning
RNZ
Shameless
Shameless Media
Behind the Story
The Spinoff

You Might Also Like

My Neus in jou Besigheid
Afrikaans.Radio
Wat sê die Tannies
Afrikaans.Radio
Taaltoffie
Maroela Media
Maroela-onderhoude
Maroela Media
#HoeNou?!
Maroela Media
What Now? with Trevor Noah
Spotify Studios