8 avsnitt

Jy sê jy is my grootste fan, but kaantie vra jy waar het ek geleer om so mooi Afrikaans te praat. Jy dink jy is kaviaar, but kaantie is jy viskuite. Jy verbeel jou jy’s ingelig, but kaantie forward jy nog fake news. Jy was drie maande in Engeland, nou kan jy nie meer die regte Afrikaanse woord vir ’n ding onthou nie. Welkom by die Ivor Price show. Hier is ons ernstig oor die nuus, maar nie oor onsself nie.

But kaantie: die Ivor Price show Ivor Price

    • Nyheter

Jy sê jy is my grootste fan, but kaantie vra jy waar het ek geleer om so mooi Afrikaans te praat. Jy dink jy is kaviaar, but kaantie is jy viskuite. Jy verbeel jou jy’s ingelig, but kaantie forward jy nog fake news. Jy was drie maande in Engeland, nou kan jy nie meer die regte Afrikaanse woord vir ’n ding onthou nie. Welkom by die Ivor Price show. Hier is ons ernstig oor die nuus, maar nie oor onsself nie.

    Want soms is 'n dag in SA soos 1 000 jaar...

    Want soms is 'n dag in SA soos 1 000 jaar...

    In dié episode van “But kaantie: die Ivor Price show”… Die predikant Ivor Swartz praat oor sy nuwe boek, “Die verlore seun vannie Gaatjie”, en sy verskyning dié week op “Ivor en die verskilmakers”, ’n VIA-televisieprogram. Spoegwolf se Danie du Toits poeg vuur oor die hel waarin restaurante hulle tans bevind. Die bekende akteurs Solomon Cupido en Bradley Olivier praat oor “Spacekriek en Dakskroef” wat die land laat gons…En ’n Vrystaatse leerder sy hoed af vir die regering wat skole weens die covid-19 gesluit het. Op die politieke front bring Ryland Fisher en Jan-Jan Joubert hulde aan die struggle-veteraan Andrew Mlangeni, en Jody Hendricks praat oor Black Lives Matter in sport.

    • 37 min
    Oor Kirvan, skole en ’n lockdown-babalaas, ouma Griet, Blou Bul-boeties en die politiek

    Oor Kirvan, skole en ’n lockdown-babalaas, ouma Griet, Blou Bul-boeties en die politiek

    In episode 7 van “But kaantie: die Ivor Price show”: Die kunswêreld treur oor die moord op die choreograaf en danser Kirvan Fortuin. Die skrywer Bettina Wyngaard, dramaturg Herschelle Benjamin en Anroux Marais, die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, bring hulde aan hom. Theo Venter praat oor ’n opspraakwekkende hofuitspraak oor die rol van onafhanklike kandidate in die Suid-Afrikaanse politiek. Ek ondersoek die impak van covid-10 op ons skole, en praat hieroor met Paul Colditz van Fedsas, Juandré September, ’n onderwyser van die Hoërskool Ladismith, en die NWU-student Zay-dee Mentoor. Die internetsensasie Zander Fourie praat oor sy babbelas-treffer, en twee broers, Richard en David Kriel, gaan in November albei by vir die Blou Bulle uitdraf. En ek praat met dr. Zamani Saul, die Noord-Kaapse premier, oor die dood van Griet Seekooi, een van die laaste sprekers van die N|uu-taal.

    • 40 min
    Oor ongelykhede, die reis na heling en ’n nuwe normaal ná covid-19

    Oor ongelykhede, die reis na heling en ’n nuwe normaal ná covid-19

    In episode 6 van But kaantie: die Ivor Price show: Mmusi Maimane van die One South Africa-beweging wil ’n stokkie steek voor planne om skole Maandag te heropen te midde van die covid-19-pandemie. Ernusta van Wyngaard van die kykNET & kie-reeks Op seer se spoor praat oor haar eie reis na heling, en Francois van Coke sê oor die grense wat hy en Fokofpolisiekar in die laaste 17 jaar afgebreek het. Die skrywer, digter en regisseur Ricardo Arendse droom oor ’n nuwe toekoms vir die filmbedryf, en ons bekyk die dood van ’n Minneapolis-man aan die hand van die VSA-polisie.

    • 37 min
    Oor skoledrama, oopbars-hakskene, 'n nuttelose minister en ’n swart swaan

    Oor skoledrama, oopbars-hakskene, 'n nuttelose minister en ’n swart swaan

    In episode 5 van “But kaantie: die Ivor Price show”… Vanessa le Roux van “Parents against the opening of schools” oorweeg regsaksie teen Angie Motshekga oor die heropening van skole. Prof. Jean Greyling praat oor ’n virtuele skoletoernooi, en dr. Piet Croucamp bespreek die bitter stryd tussen Nancy Pelosi en Donald Trump. ’n Noord-Kapenaar beskryf Nkosazana Dlamini-Zuma as die minister van nuttelose inligting. Karin Kortjé deel haar nuwe enkelsnit, en die skrywer Wilken Calitz praat oor sy debuutroman, “Swart swaan”.

    • 30 min
    Oor goedkoop petrol, duur entjies, rooi lippies, en Jerome se tril

    Oor goedkoop petrol, duur entjies, rooi lippies, en Jerome se tril

    In episode 4 van "But kaantie: die Ivor Price show": 'n Liter petrol is nou goedkoper as 'n los entjie en dit maak Uncle Becker warm onder die kraag. "But kaantie"-luisteraars sê ook hoeveel hulle bereid is om vir smokkelsigarette te betaal. Dinah Cloete praat oor Internasionale Verpleegstersdag, en prof. Anthoni van Nieuwkerk van Wits sê sy sê oor minister Ebrahim Patel se inkopielys. En dan is daar die storie oor ene Jerome se tril, en natuurlik ook Jerome Rex se hiphop-woema.
    Facebook | facebook.com/ivorprice
    Twitter | @ivorprice
    Instagram | @ivor.price

    • 31 min
    Oor Seepunt-drawwers, die adder in Ramaphosa se boesem, Metrofail en ’n lewe ná 7de Laan

    Oor Seepunt-drawwers, die adder in Ramaphosa se boesem, Metrofail en ’n lewe ná 7de Laan

    In episode 3 van “But kaantie: die Ivor Price show” sê radio- en TV-persoonlilkheid Mr Meyer sy sê oor die drawwers wat op die Seepunt-promenade toegesak het. Pieter du Toit, Ferial Haffajee en Mari Harris praat oor dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, die adder in pres. Cyril Ramaphosa se boesem. Miljoene Suid-Afrikaners keer terug werk toe, maar Earl September sê Metrofail se treine staan nog alliepad. Twee Suid-Afrikaners, André van Niekerk en Morné Meyer, praat oor Suid-Korea en die VSA se hantering van die covid-19-krisis. En die bekende akteur Theorodore Jantjies praat oor die lewe ná 7de Laan.
    Facebook | facebook.com/ivorprice
    Twitter | @ivorprice
    Instagram | @ivor.price

    • 27 min

Mest populära poddar inom Nyheter

Pelle och Gustav
Pelle och Gustav
SvD Ledarredaktionen
Svenska Dagbladet
Det politiska spelet
Sveriges Radio
Europapodden
Sveriges Radio
The Whistleblowers: Inside the Trump Administration
iHeartPodcasts, Best Case Studios, Ark Media
Aftonbladet Krim
Aftonbladet