248 episodes

Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste.

Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding
Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke Gereformeerde kerk Bergbron

    • Religion & Spirituality

Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste.

Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding
Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

    Sondag 24 April 2024 Stephan Briel

    Sondag 24 April 2024 Stephan Briel

    Lees: Jes 60:1-3 en 1 Joh 1:1 – 2:2. 

    Fokus: 1 Joh 1:6-7. 

    Die magtige teenwoordigheid van die Here het lig gebring(deel 2).


    God is in die lig en al sy optrede teenoor ons spreek van liefde. 
    God se liefde verander jou sodat jy nie meer sonde wil doen nie – want sonde is dade sonder liefde vir God. 
    Ons verhouding of gemeenskap met God kan getoets word aan ons gemeenskap met mekaar.

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:


    Hoe is die profesie van Jes 60 op 3 vlakke vervul? 
    Hoe is gemeenskap met God moontlik? 
    Hoe weet ek dat ek werklik gemeenskap (verhouding) met God het? 

    • 39 min
    Sondag 31 Maart 2024 Stephan Briel

    Sondag 31 Maart 2024 Stephan Briel

    Lees: Joh 20:11-18. 

    Fokus: Joh 20:16,17. 

    Jesus bring ons tot opstandingsgeloof. 

     

    • 34 min
    Goeie Vrydag 29 maart 2024 Stephan Briel

    Goeie Vrydag 29 maart 2024 Stephan Briel

    Lees: Joh 19: 17-37. 

    Fokus: Joh 19: 19-22. 

    Die kruis word ons Koning Jesus Christus se troon. 

     

    • 36 min
    Sondag 24 Maart 2024 Stephan Briel

    Sondag 24 Maart 2024 Stephan Briel

    Lees: Joh 12: 12-19. 

    Fokus: Joh 12: 13-15. 

    Kenmerke van ‘n ware geloof in Jesus as die Christus. 


    Ware geloof is Christus-gesentreerd en nie self-gesentreerd nie. 
    Ware geloof kom deur ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus. 
    Ware geloof word nie gekeer deur jou persoonlike beproewinge en krisisse nie. 
    Ware geloof is vertroue dat Jesus Christus die mag het om sy koninkryk selfs deur kruisdra te laat kom. 

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:


    Hoe het die skare se gesindheid teenoor Jesus verander vanaf sy intog in Jerusalem tot met sy verhoor? Wat was die rede hiervoor? 
    Hoe het die dissipels se gesindheid verander met Jesus se verhoor en kruisiging? 
    Die feit dat Jesus Jerusalem op ‘n donkievul binnegegaan het, en nie op ‘n oorlogsperd nie, is ‘n aanduiding van die nederigheid en sagmoedigheid (v 5) van Jesus se Messiasskap. Wat beteken dit en wat is ‘n noodwendige gevolg van Jesus se sagmoedigheid?

    • 32 min
    Sondag 17 Maart 2024 Stephan Briel

    Sondag 17 Maart 2024 Stephan Briel

    Lees: Gal 3:1-14 en Heid Kat Vr en Antw 38 en 39.

    Christus het borgtogtelik (in ons plek) gely om ons van die toorn, oordeel en vloek van God te verlos.


    Christus het in ons plek die toorn van God gedra (vr 37).
    Christus het in ons plek die oordeel van God gedra (vr 38).
    Christus het in ons plek die vloek van God gedra (vr 39).

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:


    Wat doen die wete van Christus se lyde aan jou?
    Verduidelik die evangelie van Jesus Christus dmv die Drie Sirkels metode.

    • 26 min
    Sondag 3 Maart 2024 Stephan Briel

    Sondag 3 Maart 2024 Stephan Briel

    Lees: Ef 4:1-16 (AFR83).

    Fokus: Ef 4:11,12.

    Christus gee “gawes” om ons toe te rus vir ons dienswerk.

    God laat sy kerk groei as dit gesond is, soos met ons kinders. As ons kinders gesond is, groei hulle van nature soos God dit laat gebeur – dieselfde ook met die kerk as lewende liggaam van Christus. Maar as die kerk as die liggaam van Christus siek is, dan sal God dit nie laat groei nie en stadig aan sterf. Die taak van die leiers in die gemeente, die ouderlinge, is om die groei beperkende siektes in die gemeente te identifiseer en te verwyder sodat die natuurlike en normale groei van God kan plaasvind.

    Die vraag is: Wat dryf die gemeente?

    Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:


    Wat is gelowiges se “groot dienswerk” vir die opbou van die liggaam van Christus?
    Hoe wyk leiers (predikante en ouderlinge) af van hulle primêre roeping in die gemeente?
    Wat dryf die gemeente?

    • 32 min

Top Podcasts In Religion & Spirituality

In These Times with Rabbi Ammi Hirsch
Stephen Wise Free Synagogue
The Bible in a Year (with Fr. Mike Schmitz)
Ascension
The Bible Recap
Tara-Leigh Cobble
Girls Gone Bible
Girls Gone Bible
BibleProject
BibleProject Podcast
WHOA That's Good Podcast
Sadie Robertson Huff