280 episodes

om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)

JanOosthuizen Jan Oosthuizen

    • Religion & Spirituality

om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)

    Sy HEERLIKHEID in gebroke kruike

    Sy HEERLIKHEID in gebroke kruike

    Die heerlikheid van die mens vergaan soos politieke partye kom en gaan… maar die heerlikheid van Christus IN en ONDER ons wat Hy deur Sy Gees in ons harte uitgestort het… kan nie vergaan nie!! Dit is die KRAG en WONDER van die NT Evangelie “goeie nuus” boodskap! Jesus die Hoop op heerlikheid. (Col 1:27) Hierdie koninkryk se heerlikheid kan nie geskud word nie (Heb 12:24) inteendeel die kom juis tot Sy volheid in swaarky en lyding. (2 Cor 4:17-18) Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee (Joh 17:22) KOM HIERDIE SONDAG EN DEEL JOU GETUIENIS en WORD VERSTERK DEUR ANDER SE STORIES VAN GOD SE HEERLIKHEID IN en ONDER ONS!! Notas: https://hrco.co.za/preke/sy-heerlikheid-in-aardse-kruike/#Fadingglory #EternalGlory #ChristWithin #JesusChrist

    • 54 min
    Hemel in Jou Hart / Die INNERLIKE Lewe

    Hemel in Jou Hart / Die INNERLIKE Lewe

    Hemel in Jou Hart / Die INNERLIKE Lewe.
    Ons innerlike lewe is 'n weerspieëling van ons verhouding met God en beïnvloed hoe ons die eksterne wêreld hanteer. Deur te fokus op aspekte soos selfgesprek, gesonde Christus gesentreerde selfbeeld, teenwoordigheid van gees, God-Binne-My-bewussyn, die gawes van die Gees, die vrug van die Gees kan ons 'n gesonde innerlike lewe kweek wat God verheerlik en ander seën.

    #InnerLife #ChirstWithin

    Notas:
    https://hrco.co.za/preke/die-innerlik...

    • 34 min
    God se droom oor die HEMEL

    God se droom oor die HEMEL

    Ons begeerte na die hemel, is meestal met 'n lens van, wat is in dit vir my? Gaan dit lekker wees? Pyn vrye sondelose bestaan klink mos immers hemels! Tog is dit duidelik dat die Hemel die kulminasie is van God se storie met die mens.

    En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie. En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ’n God wees, en júlle sal vir My ’n volk wees. (Lev 26:11-12)

    En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees en hulle vir my ’n volk wees. En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees. (Ezek 37:27–28).

    Skakel gerus in, om die laaste van hierdie reeks oor die HEMEL te luister.

    Preek Notas: https://hrco.co.za/preke/god-se-droom...#Hemel #Heaven #eternity #Hiernamaals #LifeAfterDeath #afterlife

    • 48 min
    DIE RESTORASIE VAN ALLE DINGE

    DIE RESTORASIE VAN ALLE DINGE

    Ons lewe in ’n wêreld van toenemende wanhoop!! Ons jongmense het nie iets konkreet positief waarna hulle kan uitsien nie: Aardverwarming, Populasie aanwas, Ekonomiese uitdagings, politieke onsekerheid, wêreldkonflik laat mense sonder HOOP! Ons sien hierdie tragiese realiteit in die toenemende hoeveelheid mense wat selfmoord pleeg, en die gebruik van antidepresante!

    JESUS KONDIG ’n VOLKOME NUWE RESOURASIE AAN!!

    DIe herskepping en wedergeboorte van alle dinge - ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde!

    Hoe lyk die Hemel, wat sal ons daar doen, wie sal ons daar ontmoet? Hoe weet ons dat hierdie boodskap nie net 'n godsdienstige fabel is nie? Kom vind uit!!

    HY MAAK ALLES NUUT

    https://hrco.co.za/sermons/the-restor...#Heaven #HeavenIsReal #New #Restoration

    • 32 min
    Die HEMEL is 'n werklikheid

    Die HEMEL is 'n werklikheid

    ’n Nuwe wetenskaplike studie van naby-dood ervarings BEWYS onteenseglik "daar is LEWE na die DOOD. (Evidence of the Afterlife | Largest NDE study reveals proof of life after death | The science of Near-Death Experiences | Jeffrey Long & Paul Perry).

    Van die 1300 mense wat aan die studie deelgeneem het is die volgende stories konsekwent waargeneem:

    1. Buite-liggaamlike ervaring (BLE): Skeiding van bewussyn van die fisiese liggaam
    2. Verhoogde sintuie
    3. Intense en oor die algemeen positiewe emosies of gevoelens
    4. Beweeg deur 'n tonnel
    5. Ontmoet 'n mistieke of briljante lig
    6. Ontmoet oorlede familielede of vriende (selfs diegene wat jy nie geweet het al dood is nie)
    7. 'n Gevoel van verandering van tyd of ruimte
    8. Lewensoorsig
    9. Ontmoet onwêreldse (“hemelse”) wesens
    10. Ontdek of leer spesiale kennis
    11. Kom by 'n grenslyn of hindernis
    12. 'n Terugkeer na die liggaam, óf vrywillig of onvrywillig

    Van hierdie persone was blind, ek kon tydens die ervaring hulle eie liggame en omgewing sien. Mense wat naby-dood-ervarings het, kom van regoor die wêreld, oor die spektrum van Oosterse of Westerse godsdienstige, en ook geen religieuse agtergrond, ryk en arm, geletterde en ongeletterd, en selfs kinders onder 10jr oud! Almal het baie werklike ervarings van 'n ANDER wêreld waar tyd nie bestaan nie.

    Leer meer hiervan in hierdie REEKS Preke - Jan Oosthuizen

    #NDE #NearDeathExperiences #AfterLife #Eternity #EternalLife #Spirituality

    • 45 min
    Gebede wat Beantwoord Word

    Gebede wat Beantwoord Word

    Die laaste tyd voel ek in my gees, ’n groter dringenheid om te bid. Ons beleef natuurlik ook meer nood en drama, en gevolglik roep ons die Here aan in hierdie tye van nood.

    Maar hoe beweeg ons van versoeke bid tot die Here tot praklamasies en dade waar ons een is met die Here om Sy wil te doen? Gebede dus wat beantwoord word!

    Luister na hierdie boodskap as jy jou gebedslewe wil vernuwe!

    • 44 min

Top Podcasts In Religion & Spirituality

The Bible in a Year (with Fr. Mike Schmitz)
Ascension
The Bible Recap
Tara-Leigh Cobble
WHOA That's Good Podcast
Sadie Robertson Huff
In Totality with Megan Ashley
Megan Ashley
Into The Gray
Rev. Benjamin R. Cremer
Girls Gone Bible
Girls Gone Bible