286 episodes

om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)

JanOosthuizen Jan Oosthuizen

    • Religion & Spirituality

om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid aan God te bring. (Rom 1:6)

    #4 Hebsug - Vergenoegdheid

    #4 Hebsug - Vergenoegdheid

    Van die dodelike Sondes, word afguns die meeste weggesteek en geheim gehou, omdat dit so gruwelik lelik en moorddadig is. Sekerlik beleef elke mens van tyd tot tyd jaloesie, al is dit vir 'n vlietende oomblik.
    Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. (Exo 20:17)
    Die realiteit van die lewe toon, dat almal nie eerste kan wees nie... die vraag is kan jy vrede maak om tweede aangewys te word – en te aanvaar dit is die wil van God?
    Wanneer iemand naby jou bevorder word, word die ware aard van die vriendskap blootgelê. Wat is jou onmiddellike reaksie? Is dit een van oorstelpte vreugde of diep ongelukkigheid of weerwraak?
    https://www.harvestercederberg.co.za/...

    • 45 min
    7 Dodelike Sondes - #3 Luiheid - Pligsgetrouheid

    7 Dodelike Sondes - #3 Luiheid - Pligsgetrouheid

    Luiheid is soos 'n parasitiese kanker wat moderne mense verlam, met 'n voorliefde vir toenemende gerief en luuksheid. Moderne geriewe en tegnologie, bedoel om take te vereenvoudig en fisiese arbeid te verminder, lei dikwels tot inaktiwiteit. Soos samelewings gewoond raak aan gerief en luuksheid, ontwikkel mense 'n afkeer teen pyn en handearbeid. Dit verminder veerkragtigheid en werkvermoë, wat ons toenemend afhanklik maak van tegnologie. Ironies genoeg raak ons tegnologie slimmer terwyl ons menslike vermoëns verswak.

    #Luiheid #Pligsgetrou #Pligsbesef
    Besoek gerus ons nuwe Webtuiste!!!
    https://www.harvestercederberg.co.za/...

    • 42 min
    7 Dodelike Sondes Reeks - GIERIGHEID - VRYGEWIGHEID

    7 Dodelike Sondes Reeks - GIERIGHEID - VRYGEWIGHEID

    Ons nooi jou hartlik uit na 'n besondere geleentheid waar Chantal Oosthuizen ons uit die Woord van die Here gaan bedien. Ons gaan ons harte ondersoek en fokus op die dodelike sonde van gierigheid. Gierigheid, hebsug, suinigheid, begerigheid, onvergenoegdheid en ontevredenheid is almal deel van dieselfde familie, gebore uit vrees en vleeslike ambisie.
    Die Bybelse teenmiddel hierteen is vrygewigheid! Kom saam met ons op 'n innerlike reis met die hulp van die Heilige Gees en die Woord van God. Laat ons ons harte was en reinig van alle geheime sondes wat ons lewens verwronge en donker maak.

    • 51 min
    7 Dodelike Sondes en hulle Bybelse Teenmiddel

    7 Dodelike Sondes en hulle Bybelse Teenmiddel

    Tye verander maar SONDE is nog steeds net so vernietigend soos altyd! Sonde verwoes verhoudings, dit is direkte ABUSE van die mees kwesbare mense naaste aan jou. Niemand is sonder sonde nie. (Rom 3:23) In die volgende 7 weke gaan ons elkeen van hierdie sondes onder die soeklig van God se Woord plaas, maar ook die Bybelse TEENMIDDEL vind om dit te oorwin!

    Hoogmoed (Pride) NEDERIGHEID
    Gierigheid (Greed) VRYGEWIGHEID
    Afguns (Envy) VERGENOEGDHEID
    Luiheid (Sloth) TOEWYDING
    Woede (Wrath) SELFBEHEERSING
    Wellus (Lust) DANKBAARHEID
    Gulsigheid (Gluttony) SOBERHEID

    Hierdie week begin ons met HOOGMOED:
    https://hrco.co.za/preke/7-dodelike-s...

    • 46 min
    'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir Almal

    'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir Almal

    'n Bybelse Alternatief vir Ekonomiese Voorspoed vir AlmalOns is getuies van 'n merkwaardige verandering in Suid-Afrika – 'n nuwe era van samewerkende regering. (Regering Nasionale Eenheid)Ons het landwyd verenig in gebed en intersessie. Natuurlik moet ons aanhou bid dat die laaste stuiptrekkings van populistiese verdeeldheid nie die delikate eenheid en samewerkings-ooreenkoms laat verbrokkel nie. Wat is die pad vorentoe? Terwyl moderne ekonomiese stelsels (kapitalisme en sosialisme) geneig is om na uiterstes oor te slaan – kapitalisme wat individuele rykdom en markvryheid beklemtoon, en sosialisme wat kollektiewe eienaarskap en rykdomherverdeling voorstaan – bied die Bybel 'n middelpad. Hierdie benadering kombineer persoonlike verantwoordelikheid met gemeenskaplike mededeelsaamheid, en lê klem op die ontwikkeling van innerlike waarde en karakter. Ek sien in die geloof dat die Here besig is om ’n koninkryk-gedrewe Christus-waarde-gesentreerde - Praktiese PLAN in verskillende dorpe in Suid Afrika te vestig wat nie net praat oor oplossings nie, maar dit demonstreer!

    • 58 min
    8 Bestandele vir 'n Gesonde Lewe

    8 Bestandele vir 'n Gesonde Lewe

    ’n Gesonde lewe behels gesonde gewoontes! Ons sien in Jesus se lewe die perfekte balans om na liggaam, siel en gees gesond te wees, en God daardeur te verheerlik. Soos die bestandele in ’n sop is hierdie 8 fokus areas van wesenlike belang om gesond te wees en te bly. 1 Skakeling - Verhouding met God, self en naaste2 Oefening - Wat ons nie gebruik nie verloor ons 3 Rus - Slaap, afskakel, middagslapie 4 Voeding - Jy is wat jy eet5 Werk - Ledigheid is satan se oorkussing6 Leer - Bly voortdurend nuwe dinge bemeester7 Gee - Help en gee van jouself vir ander8 Speel - Geniet die lewe en ontspanhttps://hrco.co.za/preke/8-bestandele-vir-n-gesonde-lewe/

    • 43 min

Top Podcasts In Religion & Spirituality

The Bible in a Year (with Fr. Mike Schmitz)
Ascension
The Bible Recap
Tara-Leigh Cobble
Unashamed with the Robertson Family
Blaze Podcast Network
WHOA That's Good Podcast
Sadie Robertson Huff
BibleProject
BibleProject Podcast
Joel Osteen Podcast
Joel Osteen, SiriusXM