47 min

Queillerie-boekgesprek: Jonathan Amid gesels met Rudie van Rensburg oor sy boek Monster NB Publishers

    • Arts

Luister na die jongste episode van NB-Uitgewers se podsending om te voel asof jy ook by Rudie van Rensburg se onlangse boekbekendstelling was! Jonathan Amid gesels met Rudie oor sy jongste spanningsroman, Monster.

Waaroor gaan Monster?
Die laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester (lesers onthou hom uit 2019 se Vloek) se lewe torring los toe sy verhouding met Sarah Theron eindig. Dit bring hom by 'n kruispad, en hy sluit aan by die Kaapstad-tak van Mercurius, 'n gesiglose steunpilaar van die CIA.
Intussen word ’n wêreldbekende Saoediese joernalis in ’n konsulaat in Istanbul vermoor, met ’n Suid-Afrikaanse joernalis as onwillige ooggetuie.
Gevolge van dié joernalis se besluite kring uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer. Sy pad kruis weer met dié van Sarah, 'n bekende word grusaam keelaf gesny, en soortgelyke politieke moorde word uit die verlede opgediep. Saoediese agente en 'n siellose mesmoordenaar is maar twee van die monster se vele tentakels wat Carl een-een moet afkap.
En wie is die geheimsinnige tussenganger, Bahir, wat Saoediese sake in Suid-Afrika onder 'n dekmantel orkestreer . . .
Bestel Monster deur Rudie van Rensburg by goeie boek- en aanlynwinkels. Ook as e-boek beskikbaar. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795802485

Die episode is opgeneem by die boekbekendstelling op 7 Junie 2022 by Wordsworth Books, Willowbridge.
Musiek: “Base” deur Nul Tiel Records (https://freemusicarchive.org/music/nul-tiel-records/post-rock/base/)

Top Podcasts In Arts

NPR
The Moth
Roman Mars
Anne Bogel | Wondery
Rusty Quill
Jason Weiser, Carissa Weiser